Vlotresies

Met al hierdie reën is die Bergrivier pragtig vol, en vanoggend toe dink ek terug aan die vlotresies wat ons altyd gehad het maar gekanselleer is. Dis was een maal ‘n jaar gehou. Hoofsaaklik was dit net die besighede wat ingeskryf het, maar daar was wel ‘n paar private groepe.

Daar was pryse toegeken aan die eerste vlot oor die wenstreep, die oorspronklikste vlot, ens. ens. Van die besighede het die coolste vlotte gebou en het genuine baie moeite gedoen. Besighede het hulself ook so geadverteer. Dis was groot sports.

Ons het altyd net ‘n klomp groot tjoops bymekaar gesit, ‘n plank en ‘n net oorgetrek en die rivier daarmee afgefloat. Die laaste keer by die wegspring sien ek hierdie een vlot, ‘n groot stuk polystireen wat soos ‘n ysberg in die rivier hang. Heel voor op die punt het een GROOT vrou gesit soos ‘n buddha met ‘n sixpack coolerbox tussen haar bene, terwyl die res van haar geselskap in ‘n bedremmelde bondeltjie agter op die vlot sit en staan om die balans te hou.

Met die wegspringfluitjie maak sy daardie coolerbox oop en haal eiers uit en gooi…. Sy gooi my square tussen my twee oë laat ek net sterre sien. Toe is daardie eiers so hard gekook soos klippe. My geselskap wou net oorswem en almal gaan slaat, maar toe besluit ons om maar liewers te roei laat ons bars om weg te kom van die ysberg af.

Maar nou moet julle weet, om vir ure rustig in die rivier af te float is daar niks om te doen behalwe om te drink nie. En die sonnetjie bak. So hier en daar is daar bietjie afleiding. ‘n Groep manne wat in ‘n ry staan en hulle broeke aftrek. Girls wat flash. Mense wat van die vlotte afval, hulle koppe teen die klippe stamp en so gaan dit aan. Mense wat baklei en dan oorswem na ‘n ander vlot toe om dikbek daar te gaan sit, man, so kan ek aangaan.

Ons vlot het opgebreek maar ons het darem die eindstreep gemaak, net in een laaaaaang ry tjoops, met ‘n leë coolerbox, sonsteek, twee mense minder waarmee ons begin (1 meisie het oorgeswem na ander ouens toe en 1 ou is halfpad opgetel deur die ambulans) en lekker gekettie……..

Ek dink dis hoekom die vlotresies afgestel is.🙂

24 Responses

  1. Hehehe Koeksister. Dit klink flippen lekker.

    Dit laat my dink aan die Regata(spelling??) by Umfuleni in Vanderbijl. Dit was vet pret!

    Almal ook lekker gespat…. girls wat flash en ouens sonder hempde wat hulle lywe afshow.
    Daai was lekker kuier. Ek dink nie die Regata gebeur meer nie. Dis jammer.

    Lag lekker vir die ou wat halfpad deur die ambulans opgetel is…🙂

  2. Ja, dis jammer hulle stel sulke goed af, eintlik ons eie skuld, kan ons mos nie gedra nie😉

  3. Ai lekker ou dae!!

  4. Dit klink vir my soos “any given day” by Milnerton Krieketklub! LOL!

  5. En ek dog julle speel krieket? 😉

  6. En ek dog julle hou “vlotresies” LMGA!!

  7. Touchè,😆

  8. Ag hoe lus is ek nou vir sulke vet pret op die water, veral met dié dat Petoorsdorp vandag hier by 37 grade trek! Dis ‘n sonde om in ‘n flippen betonblok te sit. Wens ek was nou op daai rivier van jou Koeksister

  9. Jis, ek kan nie glo dis so warm by julle nie, dis 13 grade hier!
    As jy nou op hierdie rivier moet klim Annie, spoel jy binne ‘n paar minute by Velddrif uit.😉

  10. Cooooool bananas. Dan hoef ek nie te roei nie:mrgreen:

  11. haha😆

  12. Ek is more bietjie af – ek en Ingilsman gaan piekniek. As ek julle nie check nie moet julle soet wees😆

  13. Neem ‘n portable stofsuier saam Annie.
    Broodkrummels, sand, suiker, sand, stokkies en blare, sand….dit alles irriteer mens so erg na ‘n piekniek dat mens eintlik wens jy’t nooit onderklere aangehad nie.
    😳

  14. Annie, ek sal jou vang net voordat die rivier die see tref. Geniet jou tyd saam met manlief.

  15. Nou is ek so jaloers, Kuifie sit in Jhb. Geniet dit!

  16. Koeksister, Ek het nog nooit aan so ‘n vlot resies deelgeneem nie maar dit klink na vet pret, terwyl ek lees sien ek sommer ook hoe alles gebeur, maak sommer so my eie prentjies in my kop en dink dit kan net lekker gewees het. Sulke dinge is mos eers lekker as jy agterna daaroor sit en dink en dan verlang jy sommer terug na al daardie pret.

  17. Koekie wanneer was jy by Umfeleni se regatta? Ek was ook deel daarvan,,, onthou ons koshuis was soos babas aangetrek,,,, sommer gedink dis fun om bier uit ‘n bababottel te drink,,,,, eina koppie seer,,,, ha ha ha,,, so leer ‘n mens !!!

  18. Koeksister eks mal oor sulke dinge ons het dit ookal gedoen.Hoekom organiseer jy met ander se hulp nie `n resies nie?Dit gaan oor die gees.

    Ja ons was ook lekker stout op ons vlot, maar dit hoort so.Die bergrivier is `n lieflike rivier.

  19. Haasdas –
    Ek was in die omgewing van 1989 – 1990/91 by die Regatta. Ek en my vriende het altyd gegaan. Ons was in 1991 polisie studente. Jis, Haasdas daai was lekker tye jong. Ek verlang baie terug daarna. Miskien het ek en jy nog ‘n dop saam gedrink………hehehehe.😉

  20. Jy’s reg Ida, mens verlang so terug daarna.

    Dis ‘ n lieflike rivier vol babers ja, Brein😉
    Maar jy laat my nou dink, miskien moet ek bietjie uitvind daaroor of mens weer so iets kan of MAG doen.

  21. Ek sit links voor (met die coolerbox) – Dankie!!😉

  22. Solank jy net nie hardgekookte eiers in jou coolerbox het nie……😈

  23. Nope Koeksister – net nat versnapperinge. Jy weet mos… dooswyn, tequila, savana ens..😉

  24. Hehe🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: