Emma Malema, sê ma oek vir Zuma

Die laaste paar maande het ‘n lelike verskynsel sy opwagting gemaak.

Aan die spits is ‘n sekere Mnr Julius Malema…en die ou laat my hare rys!

Hy was so paar weke gelede op 5fm om sy kontroversieele verklaring te verduidelik. Ek moet sê, ek het gevoel ek kan vir Gareth Cliff iets aandoen toe ek hoor dat hy die ou nie grill nie, maar eerder vir die luisteraars meer van die man wil vertel. Ek wou luidkeels skree: “Ek wil F*ALL f*kken weet van die etter nie, wys my eerder waar die d*nerse polisie is wat regstaan om hom te arresteer!”

Dis mos hy wat luidkeels verkondig hoe hy en die jeugliga alles in die stryd sal werp om Zuma as president te sien! Tot moor as dit moet! Hoe de doner maak jy sulke stellings in vandag se tyd en verwag om daarmee weg te kom? Hoevel hande is in die koekieblik as die ou nog toegelaat word om elke week soortgelyke stellings te maak?

Dit is baie duidelik dat hy ‘n baie lekker pos aangebied is deur Zuma. Geen mens, dalk Marie (SSSB) wat Steve se voete so gesoen het, kan sonder om obsessief voor te kom oor een enkele persoon, so tekere gaan as daar niks in ruil aangebied was nie.

So kom Zapiro se cartoon uit…en wat hoor ek? Zuma vertel bitter vinnig aan almal wat wil hoor hoe hy “nie stokke in die speke van justisie sal steek nie”. Nou wat doen hy nou al vir langer as ‘n jaar? Hoekom word die Scorpions ontbind, Zuma? Of wil jy my wysmaak dat jy NIKS daarmee uit te waai het nie? Dis seker net toeval dat die ouens op die punt staan om jou gat vir JAAARE in die tjoekie te stop terwyl jy afwagtend vir jou presidentskap is na volgende jaar se verkiesing? Mmmm?

Wat het jy, Zuma, vir Malema beloof? ‘n Beamer met 18 duim low profiles en spinners? Adjunk presidentskap? ‘n Lekker portfolio vir iemand wat al jare, sedert hy 14 was, sy lewe aan die ANC gewei het…iets soos “Hoof van amptelike vloot” …of fokken so iets..ek weet ook nie. Al wat ek weet, is dat daar geen pos is wat jy daai man kan gee wat my gerus sal maak nie. Hy hoort op een plek, en dis verkieslik in ‘n sel met boeie aan die voete. En jy ook Zuma.

Waar is justisie as mens dit nodig het? Wanneer gaan wetters soos daai stilgemaak word?

En gisteraand maak Malema weer so! “We will eliminate anyone standing in the way of Zuma becoming president!” Issit? Ek dink jy misgis jou met diegene wat vir hulself kan dink boetie.

Ek dink nie jy hou rekening met swartes wat self vir Zuma in die tronk wil sien nie. Dalk het niemand jou nog vertel dat justisie niks met rassisme of apartheid uit te waai het nie. Dalk het niemand jou vertel WAARVOOR Zuma kan tjoekie toe gaan nie. Hy’t nie ‘n bom geplant op ‘n bus vir die bevryding van massas nie, hy’t GESTEEL, GELIEG en BEDRIEG jou dom doner!

As jy maar net weet dat daai 2000 mense wat jy elke week opsweep van die min mense is wat met jou saampraat, sal jy dalk besef dat jy vir die res van die regdenkende bevolking na niks meer as ‘n muppet like nie, Malema.  Iets wat soos ‘n uiters groot idioot voorkom maar met genoeg irritasiewaarde om jou bek te wil stilmaak.

Jy is ‘n disgrace vir die land, sy mense en die beginsels wat kwansuis in die grondwet opgesluit is. En so ook jou pappa, Zuma!

10 Responses

  1. Pagoda die lewe het sy eie manier om sulke uitgesproke moordadige moegoes uit te sort.

    Onthou Peter Mokaba het gedans en sing “kill the boer kill the farmer” Toe kill `n mikroskopiese virus genaamd HIV hom voor hy `n boer kon kill.

    Dieselfde lot het die een wetter oorgekom wat geweld gepredik het , ek het nou sy naam vergeet, hy is bokveld toe in `n motorongeluk sowat drie weke gelede met sy X5.

    Verseker het Zuma hom `n stewige pos belowe.

  2. As hulle Zuma laat wegkom, is ons land for sure in sy moer in want dan kan hy enige misdaad pleeg tot moord en niemand kan niks doenie. Pateties pateties

  3. Hello Werflinge😉

    Hierdie spul ANCYL pikaniens is nes my buurman se klein brak. Een hengse irriterende lawaai wat aan hou en pla maar verder niks beteken nie.

    Die meeste van hulle eie mense is moeg vir geweld en baklei en is nie meer lus vir sulke narre met ‘n mikrofoon wat groter is as al sy brein selle saam nie.

    Dis waar wat Brein se oor die wyse waarop die spul verskyn, lawaai en dan weer hulleself “laat” verdwyn voor hulle enige iets werklik bereik.

    Ander deel wat natuurlik ook gevaarlik is, is die deel waar so mamparra ‘n groep opsweep en mens kan nooit die bedreiging van idiote in massas onderskat nie.

    Groete

  4. Mamela is ‘n chiwawa. Zuma, daarenteen, is ‘n rotweiler. Ek stem saam Die Brein😮

  5. Dis waar Brein, “you life by the sword, you’ll die by the sword”. Pagoda, hy laat my hare ook rys net as ek na hom kyk. Daai kiekie van die asshole sou hier ook gewerk het😉

  6. Mamela het ‘n regte bicycle gesig. Ek wil hom net trap as ek hom sien.

  7. Brein ek stem met jou. sulke ouens word uitgesort. party vat tyd maar almal word uitgesort.
    Ek het net een klein probleempie: hoeveel duisende rande sal so ‘n hofsaak teen Zuma kos?
    My submissie is dit is die kool die sous nie werd nie! hoeveel eerlike opregte politicians ken julle wat nog NOOIT ‘N BRIBE gevat het nie? Hoeveel in die ou bedeling het karre plase vliegtuie ag al daai goed gekry. Onthou, onder apartheid was daar ‘n wapenverbod, maar almal weet ons army was gestok! met wat wat van waar gekom het en wie se sak is geline om dit reg te kry?
    Is enige van die ouens aangekla deur ons destydse regering of was ons almal nie net eenvoudig in die donker gehou en bull… gevoer soos mushrooms nie!
    Ek dink ons moet besef dat politieke ouens NIE ONS BELANGE op die hart dra nie, maar net hul beursies vol stop! Kyk bv hoe het AL die heavy NP of NNP manne ANC gedraai net vir sakke vol geld?
    ag nee wat my submissie is laat Zuma maar regeer hy kan nie slegter vaar of skelmer wees as die voor hom nie. Die volgende ou wat sy pocket wil line sal hom anyway uitsort..

  8. al wat hy nou kry uit die lawaai is baie publisiteit en vir ouens soos daai is selfs BAD PUBLICITY GOOD PUBLICITY.
    gee hom lyn hy sal homself hang. soos elke ou voor hom gedoen het…

  9. Ek stem vir Julius Malema vir die vlg Werfetter. Hy is ‘n opgeblaasde padda wat sy vet pofferhandjies lekker vryf vir alles wat hy gaan kry. Daai swart beemer staan al klaar en wag. Malema is ‘n ….s

  10. Hierdie saak van Zuma ontstel mens nogal, as hy nou kwytgeskeld word dan is daar mos nie meer ‘n wet teen lieg, bedrieg , steel ens. nie dan moet almal mos in die vervolg kwytgeskeld word wat sulke dinge aanbetref. gaan hulle dan ons regstelsel herskryf sodat krimminele vir alles kwytgeskeld word. Wel dit gaan omtrent al klaar so.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: