“My nooi is in ‘n nartjie, my ouma in kaneel……”

Geure en reuke…. Ek onthou my eerste tas in sub.A, so ‘n boks tas wat fantasties geruik het!. Vla in die koshuis. Fynbos vroeg in die oggend, of net nadat dit gereën het. Pannekoek en kaneel. ‘n Geelperske, nou sit ‘n met ‘n bek vol kwyl🙂

‘n Baba se koppie, gebraaide uie, kerrie, ‘n babahondjie se melkasempie, grond wat omgedolwe is, my kinders as hulle met skoongeskropte seeplywe uit die badkamer kom.

‘n Nuwe kar, moerkoffie aaahhhhh lekker, Kuifie se pyptabak…….

Wat ruik vir jou lekker?

20 Responses

  1. Die reuk van biltong

    My laitie as hy klaar gebad, gepoeier is.

    ‘n Poep in die bad…sjoe! Lekker!

  2. ‘n Poep in die bad stink die ergste! Hehehe😆

  3. Dis wat hom so lekker laat ruik. Dis een van daai privaat lekkertes waarvan niemand praat nie!

  4. Of as jy skelm poep in die kar, en iemand klim net daarna in.😯

    Wag so ‘n bietjie, ek praat van lekker ruike.😉 hehehe

  5. Gras en grond assit klaar gereen het. Bwhahahahahaha ekke dink nou net. NOu die dag le ekke so bietjie innie mirrag (die arm gee my baie kak en ek slaap amper niksie) en mamma se hondjie le saam onner die berse. Maar ek laat los een ne, die arme hond le en die volgende oomblik is sy daar uit en skud daai kop. Ek het so gelag ek maar die slapie gelos en syt my ge-ig vir die res vannie dag. Eish

  6. So Phibbs, jy jaag sommer honde weg?😆

  7. Koeksister ek het so leerrugsak gehad in graad1 , vyfjaar later toe ek in standerd drie was het my een broer dit ook gebruik en twaalf jaar later het my jongste broer dit ook gebruik.Toe was ek in matriek en hy in graad1 en daardie tas se reuk het presies geruik soos twaalf jaar gelede n mensgsel van leer en die rooi jannieverjaar koeldrank wat jou ma vir jou in gepak het.Dan dink ek terug aan daardie dae.Ek vandag nog daardie leerrugsak en hy ruik steeds so.

    Bees/skaapmis in `n kraal,op `n plaas.Dubbin.Hout wat gesaag word.Die reuk van reendruppels op `n dorre groente bedding.Die reuk van gesmelte staal, soos wanneer jy grine of sweis.

    Bo alles die reuk van die see by Stinkbaai in Kaap Agullhas en op Chapmanspeak.En natuurlik die Red Door of Royal Secret in mevrou Brein se nek as ek haar in die nek soen en sy skielik verkrummel en ons dan ………………………………….details to follow .

  8. Beesmis! wonderlik, ek het dit vergeet. Is die details to follow in ‘n ander posting?😉

  9. “Listen!!!! do you smell something?” 😉

  10. Ja Koeksister, al daai wat jy opnoem is wonderlik.
    En ook die reuk van braaivleis, gebraaide knoffel & uie en my man as hy aftershave aansit.

    Nee o jel, daai poep inni bad stink die ergste….
    😆 @ Brein.

  11. reën op ‘n warm teer pad, die see, ‘n rooikransvuurtjie by die see…Agulhas se see…

  12. Jisterdy!!

    Amper vergeet van die reen op ‘n warm teerpad. Op ‘n warm namiddag met sulke vet druppels wat val. Ditsem!

  13. Vir my is varsgesnyde gras en reën die wonderlikste reuke. Die gras laat my dink aan my skooldae – atletiek. En dan natuurlik lemoenbloeisels – ek het mos in Rustenburg grootgeword en dis lemoenwêreld daai. Daar is so baie wonderlike reuke/geure. Dit laat mens terugverlang na jonger dae. ‘n Dame by ons werk gebruik parfuum wat my aan my ma laat dink – ek sê altyd vir haar dat ek net my kop op haar skoot wil lê.

  14. Oe! En varsgebakte brood. My ma het hierdie boerbrode gebak met ‘n suurdeegplantjie. Vrydagoggende was broodbak en vetkoek-tyd. Dan ruik jy die vetkoek en koffie as jy wakker word. Ai tog, heerlike, sorgelose dae!

  15. Reën, vars gesnyde gras, my kleinkinders as hulle klaar gebad het, vars gemaalde koffie, vars warm brood, die see op ‘n koue mistige oggend en sommer baie ander dinge.

    Dankie Vader, vir die wonderlike voorreg om te kan ruik.

  16. Reën op ‘n warm teerpad………dit ruik fantasties. Het julle al op die N1 vroeg oggend deur die Karoo gery en jy stop by daardie stop&go’s? Klim uit die kar uit en vat ‘n diep teug vars karoolug. Wonderlik.

  17. Ek ken daai karoo luggie. Het oorkant ‘n oop “veld” gebly in Oudtshoorn vir 3 jaar. Ek se “oop veld”, maar dit was meer soos ‘n 50 kilometer strek oor die vlakte na Calitzdorp toe. En daai karoo bossies se reuk op ‘n lenteoggend…ai jai jai

  18. Maak jou sommer lus en trek soontoe🙂

  19. Ek dink dis nie ‘n slegte idee nie Koeksister – dis nou om soontoe te verkas. Daar is seker nog nie crime nie. Dan begin ons ons eie Orania, en noem hom “Die Werf”

  20. Annie dit is ‘n uitstekende idee. Eks in!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: