Sê jy vir jou man / ou hy’s sexy?

Jislaaik!

Kom nou net weer in die bank op my weeklikse bankroete en met die intrapslag sê ‘n vrou vir my iets wat my toet en taal omdoner!

Nou voor ek by dit kom wat ek wil sê, laat ek eerder eers die volgende stelling maak.

Ek weet ek’s geen oil painting nie, maar ek weet ook ek’t ‘n ordentlike stel bene aan my en lekker bree skouers en borskas. En as sulks weet mens mos wat jou beste bates is en jy voel goed daaroor.

Ek voel ook dat die tye genoegsaam verander het sodat vrouens nie hoef skaam te wees om sommer vir ‘n wildvreemde ou ‘n kompliment te gee nie. Mans doen dit gereeld…ek weet ek doen dit…deur sommer vir ‘n wildvreemde vrou te sê sy lyk mooi. Ek’t al vir ‘n paar “groter” dames gesê hulle lyk pragtig, grootliks as gevolg van die feit dat jy hulle deur ‘n ring kan trek en hulle so blerrie lekker ruik!  Dit beteken nie mans wil met die vrou slaap nie, dis eerder ‘n geval van “waardering”…as die woord nou reg is vir occasion?

Anyway…wie onthou destyds vir “Mad About You” met Helen Hunt (kwyl kwyl) en daai joodse komediant? Nou…die main ou se vriend, Ira, het in een episode opgelet terwyl hy doenig was met ‘n meisie dat hy geen agterstewe het nie. Ek het kliphard gelag oor ek presies dieselfde makeer. Lyk orraait van voor maar my ass is “non existent”! Ek’t ook opgelet dat SA se krieketspelers redelik gekoekeloer word deur die skoner geslag oor hulle kwansuis sulke lekker agterstewes het!

Smaak my met tyd en jare se klubkrieket het my eie “humps” gegroei! My vrou sê my gereeld sy laaik my ass, maar ek weet mos sy is bevooroordeeld. Sy MOET mos so sê! En toe loop ek in die vrou vas! Ek staan voor haar in die tou en sy klop my op die skouer…sê my: “Moet dit nie verkeerd opneem nie, maar ek wil net sy jy’t ‘n lekker ass hoor!”

Ek dog eers sy is sarkasties, tot ek oplet sy bloos haarself morsdood…so of sy gepraat het voor sy gedink het! Jy kon my omtik met ‘n veer!! En het ek nou nie goed gevoel nie!

Op pad terug na my kar toe, so in die stap verby winkelvensters, koekeloer ek so vir myself en vir die eerste keer LET EK OP! Ek het ‘n ASS!!!!!! En dis sopas bevestig deur ‘n wildvreemde vrou! En my eie vrou! Sjoe!

Dames, moenie dat inhibisies julle stop nie. As julle ‘n ou sien wat nice lyk, sê hom! Julle mag dalk net sy dag maak!

46 Responses

  1. Jy sal nou daai agterstewe hier moet wys, sodat ons ook kan sien 😆

  2. Hehe! Sal dit moet oorweeg! Smaak my jy’s ook ‘n ass persoon?

  3. ‘n Kompliment op sy tyd is darem lekker, veral as jy weet dit word opreg bedoel.

    Hehehe Pagoda, ek sien al hoe loop en kyk jy vir jouself in die winkel vensters 🙂

    Geniet daai kompliment en nou weet jy as jou vrou jou op die gat klap en sê “Hey, jy’t darem ‘n lekker ass”, dan weet jy sy praat nie stront nie. 😉

  4. Stem saam met Sonkind, nou wil ek hulle ook sien. 😉

  5. Whoohoo! As mamma die ass slap vanaand dan maak ons laitie nommer twee!

  6. Ek sê gereeld vir Kuifie hy vul sy jeans tog te pragtig! 🙂

  7. Nee daais mooi Koeksister! Dis nice gestel

  8. Ja, ons wil sien! Komaan Pagoda, moenie skaam wees nie. Ons soek ‘n snap!

    Ek moet sê, daar is vir my min dinge so mooi soos ‘n man met sexy buns en ‘n mooigevormde bene! In ‘n jean! Oe! Oe! Oe! Oe!

  9. Dis hoekom vrouens nie in stripclubs hoort nie…nie as hulle nie self strip nie. Julle violate elke ou nog voor hy by die “monty” kom…shamepies

  10. En my Ingilsman het altwee! Eish, hoe warm kry ek nou 😆

  11. Whahaha Annnie, passop vir uipass!!

    Shite Annie, ja, ek stem – ‘n man met ‘n mooi gat, eish!!

  12. Jy weet, Pagoda, elke ordentlike kantoor in die land het ‘n lekker groot kopieer-masjien . . .

    My enigste vraag is nou: swart-en-wit, of volkleur???

  13. LOL!!!! Haha! Nee nee…te veel oge rondom die kantoor!

    😆

  14. Kalonkie, natuurlik volkleur!!!

  15. Pagoda, jy kan mos na-ure werk 😉

  16. Weet julle waaraan herinner dit my?

    ‘n Gril wat saam my gewerk het jare terug en vertel het van die Vrydagaand games terwyl hulle gebraai het op De Doorns.

    Lekker “seepampoentjie” gespeel. Die girls moes kaalgat uittrek en met hulle bene styf teen mekaar op ‘n glasblad / glas koffietafel sit met die ouens wat toe oge onder die tafel lê. 1…2…3 dan moet ouens oge oopmaak en raai wie’s wie!

    Klink vir my na ‘n lekker vieslike game :mrgreen:

  17. Seepampoentjie!!! hehe 😆

  18. Klink lekker sletterig! Grrrrrrrrr 👿

  19. Imagine dit nou, huh???… nee ek dink hierdie is Suzie, of wag nee, te veel haelskade, moet daai ander girl wees…….

  20. LMGA. Gaan nou Kaap toe ry vir my broer se 50ste verjaarsdagparty. Julle moet julle gedra en ‘n heerlike naweek hê. Die van julle wat so gelukkig is om more by Angus Buchan se byeenkoms te wees, geniet dit en bid vir ons ander ook wat nie daar kan wees nie. Ek het opgeslip en toe ek vir my kom kry was die kaartjies uitverkoop.

  21. LMGA @ Koeksister oor “haelskade” !!!!!

  22. Pagoda – dit gaan ons vroumense mos nou lekker mal maak van nuuskierigheid! Ek wil ook daai buns sien – so haal uit en wys!!

    Ek vertel ook gereeld vir pappie watter dele is sexy, en vir ekstra effek maak ek soms of ek blind is en voel!! Niks fout met bietjie braille so nou en dan nie…….

  23. Moet ek dit met my krieketbroek aan doen?

  24. Njammies, jy kan maar met enige broek wys – sien wil ons sien!

    Naweek tyd vir my mense, geen kinders by die huis, ek is so pas met blindheid geslaan. Heerlike na@iweek (sorry naweek) vir almal, hiehiehie

    Wys Pagoda wys!!!!!

  25. Nee wat help dit mette broek aan. bwhahahahahahahaha. My dood is as my man daai pienk hemp van hom aantrek. Ek vererre my sommer as hy dit aantrek as ons uitgaan want hoe lank moet ek dit dan uithou tot ons by die huis kom. Hehehehehe. NOu die dag het hy weer die ou hempie aan en ek se hom pappie jy soek my. Toe ons trugkom en nou tyd vir bed, klim hy mettie hempie innie bed. Ek vra so ewe en nou. Hy se nee hy maak net seker. Ons het seker uur gegiggel oor daai move. DIE MOVE VANNIE HEMP. eish

  26. Jaaaaaa Phibbie

    So het elke sport sy beserings…

  27. Nee man, los die krieketbroek uit!!.

  28. Aikona….my naam issie Brein nie! 😯

    Ek kan voyeur speel maar my vrou doner sewe soorte kak uit my uit as ek kaalgat boude kiekies op die net sit!

  29. hiehiehiehiehiehiehie

  30. NOu ja lekker naweek almal. Sien Maandag weer.

  31. Hi Pagoda ek het nogal uitgesien om daardie boudjie kaal te sien aag nee man. Ek wil ook net se die brein het net sulke sexy agterstewe. Moet net nie probeer dat hy dit moet wys nie dis net vir my oe bedoel julle het genoeg gesien. Ja ek se gereeld vir hom hy is sexy en ongelukkig wil ek gedurig weet of hy nog lief is vir my maar dan wil hy net weet wat het intussen verander van die laaste keer wat hy gese het hy is lief vir my.

    Van die brein agter die brein (brein se vrou)

  32. Ek sal vir Beau Brummel vra of hy ‘n paar smaakvolle kiekies van my agterstewe kan neem… 😯

  33. O julle is ‘n lawwe spul! 😆

    Dit was juis daai oulike ass in ‘n uniform wat my mal gehad het oor my liefie – nogsteeds! I’m an ass-girl! 😳

  34. Ek kan dit ook doen Pagoda 😈

  35. Kuifie beter nou huis toe kom, ek bied al aan om pornagrafiese kiekies van Pagoda te neem…… eish 🙂

  36. Staaarig Koeksister, kom kyk weer na daai foto van die skaapkop – dit behoort jou af te koel! 😆

  37. Ja nee, wragtag, ek’s genees van alles vleis!, jeg!
    Dankie Dellie 🙂

  38. Alle vleis…wat ‘n downer!

  39. Hel maar julle ouens kan vinnig ‘n onderwerp verander, praat nog een oomlik van boude en toe ek weer lees is julle by die skaapkop en genees van alle vleis, nou hoe kom die twee goed nou by mekaar uit?? Koeksister, sluit dit wors ook in?

    lekker sonskyn dag hier vandag!! julle moet jul naweek geniet hoor!

  40. Wel na 22 jaar is my vrou nog nie genees van wors nie en ek ook nie van “steak wat na onder kyk” nie.

  41. Pagoda, jy`t nou `n ding begin…
    Ek is mal oor krieketbroeke wat mooi gevul is. So, dit sal seker maar moet doen, ja?

    Daarom Love ek die Proteas!!!!
    Sorry, maar ek sal nooit `n vegetarier kan wees nie.

    Moet net se…1 vannie is 1 vannie dae…Het al 4 kg`s af!
    Valiant sal moet landuit vlug!

  42. LOL…sal kyk wat ek kan doen!

  43. Ag nee wat Ida, was net ‘n spur of the moment thing, Kuifie is oppad huis toe, jippeeeee!!

  44. Koeksister ja , daar is vleis en daar is Vleis! ek verstaan nou heeltemal, Hahahahaha! Geniet jou Kuifie se geselskap hoor!!

  45. Thanx Ida 😉

Leave a reply to Die Brein Cancel reply