Ek sal nooit weer nie…

One Star Hangover (*)
No pain. No real feeling of illness. You’re able to function relatively well. However, you are still parched. You can drink 5 sodas and still feel this way. For some reason, you are craving a steak & fries.

Two Star Hangover (**)
No pain, but something is definitely amiss. You may look okay, but you have the mental capacity of a staple gun. The coffee you are chugging is only increasing your rumbling gut, which is still tossing around the fruity pancake from the 3:00 AM Waffle House excursion. There is some definite havoc being wreaked upon your bowels.

Three Star Hangover (***)

Slight headache. Stomach feels crappy. You are definitely not productive. Anytime a girl walks by you gag because her perfume reminds you of the flavoured schnapps shots your alcoholic friends dared you to drink. Life would be better right now if you were home in your bed watching Lucy reruns. You’ve had 4 cups of coffee, a gallon of water, 3 iced teas and a diet Coke — yet you haven’t peed once.

Four Star Hangover (****)

Life sucks. Your head is throbbing. You can’t speak too quickly or else you might puke. Your boss has already lambasted you for being late and has given you a lecture for reeking of booze. You wore nice clothes, but that can’t hide the fact that you only shaved one side of your face. (For the ladies, it looks like you put your makeup on while riding the bumper cars.) Your eyes look like one big red vein, and even your hair hurts. Your sphincter is in perpetual spasm, and the first of about five shits you take during the day brings water to the eyes of everyone who enters the bathroom.

Five Star Hangover, (*****)
You have a second heartbeat in your head, which is actually annoying the employee who sits in the next cube. Vodka vapour is seeping out of every pore and making you dizzy. You still have toothpaste crust in the corners of your mouth from brushing your teeth in an attempt to get the remnants of the poop fairy out. Your body has lost the ability to generate saliva so your tongue is suffocating you. You don’t have the foggiest idea who the hell the stranger was passed out in your bed this morning. Any attempt to defecate results in a fire hose like discharge of alcohol-scented fluid with a rare ‘floater’ thrown in. The sole purpose of this ‘floater’ seems to be to splash the toilet water all over your ass. Death sounds pretty good right about now….

Dis een van die aakligste ervarings, en ek dink die meeste mense het al ‘n hangoor gehad wat voel asof jy die dag nie gaan maak nie. En elke keer sweer jy by jouself dat dit die heel laaste keer is wat jy jou so versuip. Soms dink jy jy’t alkohol-vergiftiging. Soms kan jy gedeeltes van die vorige aand nie mooi onthou nie – dis die scary-ste van als! Soos die keer toe ek dit oordoen het met Tequila – ek het tot my uiterste skaamte net in my undies voor my swaer (ex swaer) geswem want die girls het mos almal hulle klere laat waai. En toe drentel ek in die tuin rond en my ex man kry my waar ek in ‘n blombedding sit en huil oor my een oorbel weg is. Die ergste van als is dat ek die vlg dag bitter min daarvan kon onthou, en eers geglo het dis waar toe ek die kreepy krauly sien verstik aan my rok! En my hart het so geklop dat ek regtig gedink het ek het alkohol-vergiftiging. Dan kom die gemoedsbekakking! En die bang babbelaas! Ek moet sê, ek vat dit rustiger deesdae. ‘n Mens word ook nie jonger nie en ek kan nie meer so erg partiekie nie. En… ek het moerse ma-se respek vir Tequila gekry! Een ou het een aand vir ons vertel dat Tequila ‘n upper is (soos ‘n drug) en dat hy jou op ‘n high sit en dan drop soos ‘n bol stront. Ek kan dit nogal glo. Dus, vir U Edelagbare Takiela is ek baie, baie versigtig. Ingilsman probeer my altyd inpraat om die goed te drink, want hy sê dan raak ek ‘n Rebecca Daisy in die bed (sy verwysing na ‘n lekker los flos).

Wat het julle al alsj aangevang… hik…

39 Responses

  1. Vandat ek kon, het ek elke jaar my verjaarsdag gevier met mexican food en obviously, tequila………
    Totdat ek een jaar die kinders se opslaan swembad met een haal platgeval het en amper al my gaste weggespoel het.

  2. o my aarde ekke like van Tequila gelukkig word ek nie dronk daarvan nie lol maar gee vir my sjampanje en ek dans dat die biesies lewe!!

    Shooters ??? wel ek het al 30 gedrink en nog regop geloop (dis al wat ek bereid is om te se)

    Liefdetjies
    xxxx

  3. Welkom Thasia!!

    Regop geloop? Wat het jy gedrink? Afgewaterde apple sourz? LOL! Ek drink tien en ek wens vir hulp van bo! (Moet byse…ten minste twee van daai tien is 4 x 4’s…met stroh rum in!)

  4. 😆 @ Koeksister.

    Nee kyk, ek bly maar ver weg van Tequila. Ek kan so een of twee drink en dis dit. PO10C en Sourz… daarvan kan ek so bietjie meer drink.

    Blixem Thasia, 30 shooters?? Dit wil gedoen wees.🙂

  5. Eish Straw Rum, met my eerste en enigste kennismaking met strawrum lank gelede, het ek op my bed gaan lê met een hand op die vloer sodat die kamer moet ophou spin. Nooit weer nie. Ek leer vinnig.😉

  6. Waar pas geheueverlies in….ek vra net vir interessandheidshalwe…maar net sommer so ietsie waaraan ek gedink het.

  7. All Heil Senor Cuervo!! heeeeehaaaaa

  8. Ek kon vroeer jare redelik sterk kuier, en ja het `n paar maal lekker getrek geraak.Eenmaal op `n plaas in Greylingstad het ek handeviervoet geloop om nie om te val nie.Maar ek het nooit `n hangover gehad nie, die ergste is ek kon nie onthou wat ek aangevang het nie.Ek het nie hoofpyn of kopseer gehad nie.

    Ek het in 1998 opgehou drink , maar weer begin kuier in 2005 met lekker muskadel of `n merlot ens.Maar die keer met verantwoordelikheid.Ek weet wanneer om op te hou en dis lekker.

  9. Self inflicted injury at its best.😆

    Jare gelede dieselfde geval as Brein gehad, kon kuier maar geen babbelaas van enige aard die volgende dag nie. Menige het my gehaat oor dit. Juis as die Kardinaal gekroon was die vorige aand😉

    Maar nou reeds jare terug besluit daai goed is in elke geval nie lekker nie, dis ‘n bulls storie wat elke een homself wys maak dat drank lekker is. Nou drink ek maar saam die kinder koeldrank en sappies en lag vir die ander se mannewales.

    Geniet dit as dit vir jou “lekker” is ek sal die musiek kom maak die volgende oggend.😈👿

  10. Wyse woorde, en jy stir…….

    Howzit Witridder.

  11. Ek is nou oortuig. Mans kry nie babbelaas nie. Ingilsman kuier die hele nag deur en staan op soos ‘n lenteblommetjie. En hier beaam Brein en WK dit nou ook. En omtrent al die mans wat ek ken. Ek het so ‘n vrees vir ‘n babbie ontwikkel dat ek baie verantwoordelik drink. En shooters? Aikona! Ek weier volstrek want dit laat tot my hare en tanne pyn die vlg dag.

    Welkom Thasia. Ja jy sien. Tequila is ‘n duiwel as jy hom drink nadat jy die hele aand op wyn of iets anders gekuier het. Dis k@k soek. En dis wat met my gebeur het. Ek het altyd gedink mense lieg lekker wat sê hulle kan nie onthou die vlg dag nie om hulle eie gatte te red, tot ek dit self ervaar het. As iemand sê dis stront, het hulle nog nie genoeg gedrink nie. Eish. Dis niks lekker nie

  12. Koeksister, ek sien al hoe slet jy op die swembad neer!😆

  13. Naaitie julle. Ingilsman is weg vandag en ek het slaaaaaaaap nodig😆

  14. thasia, Jy het maar net gedink jy loop regop na 30 shooters!!! hahahaha! meantime het hulle jou regop gesleep huistoe.
    Ek drink nie juis nie, ‘n glasie wyn af en toe saam met ete of as ons iewers kuier, maar het nie juis ‘n trek vir drank nie dit is net nie vir my lekker nie. Kon my nog altyd gate uit geniet op enige plek sonder drank.

  15. Moet nooit overboard gaan op Sambuca nie,,,, as ek dit net ruik raak ek sommer van vooraf siek. Hasie het mos nie brieke gehad nie.

  16. Hi Hasie
    het jy my antwoord gesien by “vlot resies”. Hahaha… ek hoor jou, Sambuca is nie ‘n man se maat nie.

    Ida – Ek het ook ‘n vriendin wat nie eintlik drink nie en ek moet jou sê sy “kuier” harder as ons almal saam. ‘n Mens het nie altyd drank nodig om lekker te kuier nie.🙂

  17. Ja, is so, maar ek geniet steeds my wyntjie. Benut elke plesiertjie in die lewe, en wangedra my nie. So, tjorts!

  18. Ek het nou so lekker gelag vir hierdie staaltjies, veral Koeksuster s’n oor die swembad…dit moes ‘n spektakel gewees het! Ek het met my 21st tequila gedrink op my broers aandrang en tot vandag toe maak die reuk daarvan my naar. Mind you, binne-in ‘n yskoue Marguerita’tjie is dit heel slukbaar…

    Ek verkies wyn, en organiese wyn gee mens nie ‘n hangover nie. Tensy jy natuurlik in ‘n balie daarvan val.

  19. Thasia, welkom.

    Ek is lief vir my rooiwyn, maar is ‘n geleentheidsdrinker. Het ook al lekker gekuier maar is die volgende dag okay behalwe vir so ‘n hol kol op my maag.

    Ja die jare van storm en drang is verby en ek kan net so hard kuier met Tab in ‘n wynglas.

  20. Annie – ja, ek is oor my savanatjies soos jy oor jou wyn. Ek benut ook elke plesiertjie – TJORTS!😉
    😆 @ Sonia

  21. Sjoe, nee ek het genoeg probleme met myself nugter. Wil liewer nie eers poog om met myself saam te leef as ek SO dronk is nie. Mind you…dalk…waar’s nou weer die naaste drankwinkel?

  22. Sonia, ek stem oor die organiese wyn, en Margueritas is moedersmelk!😆

  23. KWV brandewyn. Oe. Klop my koppie nou. 😦

  24. Dit hang natuurlik af watter KWV’tjie jy geniet.

    Die 3 jaar is net so goed jy drink Cape Hope
    Die 5 jaar is ‘n raps beter op die gemoed en op die babbie!
    Die tien jaar is so doners duur jy drink hom in elk geval spaarsamig …so jy sal nooit nagevolge van hom kry nie!

  25. Ek het nog nooit ‘n Marguerita gedrink nie, klink lekker.
    Ek kuier maar deesdae meer besadiger. geniet maar my glasie wyn, so nou en dan ‘n bietjie wiskunde maar loop wye draaie om shooters en sulke dingetjies.🙂

  26. Koos Wye Voete😆

  27. Jy moet ‘n Marguerita probeer sister! Die probleem is dis so lekker jy hou nie net by enetjie nie

  28. Dis soos die keer wat ek by ‘n bar gesit en kuier het op Kahlua. Proe net soos milkshake, toe ek wou opstaan toe slaat ek neer soos ‘n sak mielies. Eish.

  29. Jy laaik van neerslet sister :LOL:

  30. Pagoda, sorry, die WAS die 10 oue KWV! Gedrink uit wit koffiebekers. Ons is onthaal deur Taiwanese en hulle treat was kreef. Ek het daai tyd nog nie sulke volksvreemde goed geeet nie, en moes groooot slukke wat om die gedroggie afgesluk te kry…. 😯 Ek het nog nooit voorheen brandewyn gedrink nie, (ook nie daarna nie!) maar dit was op daardie stadium the lesser of two evils!

  31. Eish, wat praat jy.😉

  32. Boendoe, brandewyn kry ek nie in my lyf nie. Foeitog, jy het seker by die dood omgedraai.

  33. Koeksister verjaar vandag – tjorts, daar gaan hy, suster!
    Veels geluk en mag jou glas altyd vol wees!
    (Sake, die Japanese ryswyn, is dodelik – dit proe soos piesanglikeur of iets, en pla die kop glad nie, tot jy probeer opstaan en agterkom jou bene behoort nie meer aan jou lyf nie…)

  34. Lag ek nou vir Koos Wye Voete – ‘n pel van my het sake altyd ‘lobsterlegs’ genoem – so kruip kruip, agteruit…

  35. Eish Linda / Boendoe – ek het in my twintigs net brandewyn gedrink. As ek nou terug dink, kan ek dit nie glo nie. Kan glad nie brandewyn nou in my lyf kry nie.🙂

  36. Verjaar ek vandag ?😯

  37. Ek wetie waar daai ene vandaan kommie Koek?

  38. Jy het ‘n geheime sister😯

Comments are closed.

%d bloggers like this: