Oscar Pistorius – deur Phibbie

Oscar Pistorius

Nog vrekjonk en soveel talent. Soveel stryde al gehad sodat mense hom en sy talente moet aanvaar en beskou as iemand “normaal” en om ‘n regmatige plek in die atletiekwêreld te bou.

Ek kyk die mannetjie mos noual virre week lank. Ek is mos nou gegom voor die TV en die spele. Ek wil niks wegvat van enige iemand in die spele nie en soos voorheen gesê dink ek almal is helde. Ek wonder maar nou net oor ‘n paar goed.

Sy wegspring is nie te vinnig nie, maar sy versnelling is ongelooflik. Hy is vir my gemakliker op 200 en 400 meters. Hy is sowat 4 sekondes van die gewone olympiese spele rekord af (daai donner mettie goue skoene) in die 200 meter. Hoe vinnig sal hy oor 4 jaar wees? Dalk deelneem aan die gewone spele? Hoe vinnig sou hy wees as hy sy eie bene gehad het?

My persoonlike, beskeie opinie is dat hy oor 4 jaar dalk ons ‘n ding of ses kan wys en dat hy aan beide spele sal kan deelneem. Hy is ongelooflik talentvol en hy het soveel deursettingsvermoë dat ek skoon stom is ter aanskoue van dit als.

10 Responses

  1. Ja Phibbs, ek stem 100% saam met jou. Ek’s mal oor Oscar en kry hoendervleis as hy hardloop.

    Ek nominate hom sommer vir HOF.

    Kan ook nie wag om te sien hoe hy in vier jaar verbeter het nie. Ons gaan nog groot dinge van hom sien in 2012.

  2. Dis ongelooflik ,maar ek dink hy is gefokus, hy het eendoel voor oe en dis nie om te wen nie, maar om sy aller beste te gee. En dit maak van hom `n wenner.

    Soos die leuse van die ou Gevangenisdiens se sport departement “Non Palma, Sed Ludo” ………”Nie vir die oorwinning nie, maar vir die deelname”

  3. Fokkit maak die kind my weer tjank. In reen en lekker vrot vannie griep breek hy wereldrekord by myle. Maak my sommer bewoë

  4. Klein doner! Nou net self ook gesien!

  5. Ek ook Phibbs….. *snuif*, *blaas*, ok. Ek sit al die heeldag en wag vir 400m. Dit was nou blerrie nice. 😉

  6. Wag jy heel dag Koekie? En toe’s dit oor in 47 sekondes? Wat ‘n bummer!

  7. Ja Pagoda! Daai 47 sekondes was vir my die moeite werd. Oppas vir jou, ek watch jou….🙂

  8. Daardie mannetjie se aanhou en aanhou is vir my ‘n groot inspirasie en dan is hy nog blitsig ook.

  9. Ek sou al lank al vir myself gelyk geskuur het op die baan as ek op daai lemme moes hardloop. Dit help natuurlik as jy van kleins af op sulke “voete” moet rondbeweeg…maar kan jy jouself indink hoe vinnig hy kon wees sonder daai “voete” en met sulkes soos wat ons het?

  10. Baie geluk aan Oscar. Hy is ‘n ware inspirasie en iemand wat nie verskonings maak vir sy gebreke nie, hy beskou dit as ‘n nuwe uitdaging.

    Daai wedloop was soos toe Gerrie vir Spinks uit geslaan het. Voor die Bier oop was en die Biltong in die bakkie is toe lek ou Spinks al die kryt vloer skoon.😆 Al daai gewag en toe sommer 1,2,3..klaar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: