SSSB nostalgie vs Die Werfetters.

Sien julle by

http://www.die-werf.co.za

Shit vanaand dink ek terug aan die dae van SSSB.Daar was die slakke, ek was die een wat hulle so genoem het omdat hulle altyd gekwyl het oor ou Steve Stofsuier, ek het altyd gese hulle moet asb nie van die stoele afgly en slaksleepsels nalaat as hulle opstaan nie.Dan was daar die verliefdes en die wat mekaar geloof en prys het.Daar was ook die bedelaars.Die Steve-haters.En dan natuurlik ook die draadsitters.Ook die impressioniste was daar.Daar was ook die voyeuristiese tipe die soort wat Peeping Toms was en van al Steve se seksskapades geweet het so al asof hulle die vlieg teen die muur was.Ek dink eerder hulle was die vlieg in die salf.

Daar was ook die “bargain jagters“ diegene wat nie kon wag om eerste sy se te se nie.Klokslag het hulle 12:00:00 gesit en merke gereed, spreek.En ook die wat die Christendom vir Hofmeyrisme veruil het.

Hier is `n paar name kyk of julle kan onthou en watter karakter eienskappe by wie gepas het.

Harvey, Steve se blogmeester wat my gedurig wou verban en se ek is besig met “flamewar”.

Vanzyl, my aarstvyand en later vriend.

Sharona, die beskermheer.

SaMamma, wat later Sammi geword het.

The King, met sy lekker hoender.

LouiseL, smartvraat ,sukkelaar, en slak wat later verbeter het.

ITJuffrou, wat altyd te slim was en met Arabier wou trou.

Arabier, Grootneus van Saudi Arabie.

Jones, een van my grootste kritici.

007Meisie, altyd gereed vir `n gebeurlikheid en getroue geregsdienaar.

Platterfus een van my favourites en sy vat nie kak nie.

Roenel1 , Die vroom kind van die Here , maar mens veroordeler en die grootste “Die Brein“ hater wat ooit bestaan het.

Rudi2000, die filantropiese nie rassis en gaylover.

Kaptein Sardyn, wat ek vermoed is RickyLouw.

Koeksuster met `n “U“ en nie “i“ nie.Sy was ook nie Die Brein goedgesind nie.En het my die drein genoem.

Dan was daar ook Daaglikse Dosis,Boegie,Clazine,Kitte, Riaan, Vanes,Saar,Rommel,Genoeg,Calista,Dellie,Sharks,Noenoe, Angie,Rooikop101,Nouwatnou,PietCoke een van my favourites,Pluim, Griet van die Kaap en dan my grootste favourite ………..Baron von Poepenput.

Daar is letterlik duisende maar die klomp het diepspore getrap.En laaste maar nie die minste nie was daar `n ou met die naam van “Die Brein“ mense van heinde en verre van alle uithoeke van moederaarde het saans, soggens en sommer blattant helder oordag ingeloer om te kyk wat die moegoe weer kwytraak.Vroue het gejil en coil oor hom, manne het hom versigtig, dog met jaloesie probeer aanvat.Hy was geliefd en gehaat amper soos J.R.Ewing van Dallas maar net in `n ander liga.Sommige het gehoop hy verdwyn gou van die aardbol, maar onkruid vergaan mos nie, nes jy dink jy het hom onder beheer , dan pop hy weer erens uit.

Maar ek ruil dit nie vir Die Werf nie.Ek geniet dit hier en totdat Pagoda dit met my kan hou, totdan sit julle met my opgeskeep, sorry.

Dan was daar ook ouens soos Pagoda32, Anniegetyourgun7, Koekie en Koeksister.

Hastilla Vista.

24 Responses

  1. Ek onthou, toe ek daar begin het, het Dellie my nog welkom geheet en ‘n dop gegooi. Ek het lekker daar gekuier en ek het ook die Kaptein Sardynne en die Rickys gelaaik.😉

    Rooikop sal ek nooit vergeet nie. Sy het sommer ingeval en uitgekak en almal op hul plek gesit. Ag, daar is eintlik so baie ‘n mens sal hulle nie almal kan opnoem nie…. White Knight, Sigeuner, Phibbs, Prok, Sharonna, Linda, Patches…eish, daar was baie.

    Ons het so lekker daar gekuier, dis jammer dat almal so uitmekaar gespat het.

    En dan was daar die Brein, ek het nooit gedink hy sal my ooit raaklees nie, maar hy het. Nogal oor ‘n mielie!! Kan jy onthou Brein?😉

    Ek is seker die ouer bloggers soos Dellie en Zee gaan vir ons lekker kan kom vertel van die goeie tye.

  2. Niks anders om ook te skryf as ou koeie nie😉

  3. SSSB was regtig ‘n lekker kuierplek. Daar was mense van all over.

    Dellie, Zee, Arabier, Sharona, 007Meisie, King, Van Zyl en Gideon, Louise, IT Juffrou, Platterfus, Tippies, Dirkltjie, Anniegetyourgun – dit is die mensies wat ek leer ken het op SSSB en die ander soos Brein, WhiteKnight, Sigeuner, Koekie en Koeksister, Pagoda en vele ander het later my pad gekruis in die blogwêreld en my lewe sou baie leër gewees het sonder hierdie ontmoetings, soms botsings.

    Pagoda, dankie vir jou blog waar ons mekaar weer kon ontmoet en ons vriendskap kon voortsit. SSSB het so vinnig uitmekaar gespat dat ‘n mens kontak met ‘n klomp mense verloor het.

    Moet darem sê dat ek baie lief was vir Harvey. Pagoda, jy is egter net so ‘n goeie webmeester.

    Brein, dankie ook aan jou postings. Sien altyd uit daarna. Soms stem ek glad nie saam nie, partykeer stem ek 100% saam maar die beste is die feit dat jy my lekker laat lag.

    Dankie vir julle vriendskap.

  4. Die Brein se eintlik:

    “Al slaan jou ma my 3 maal op my kop…” Dis so dem lekker plek hierdie. Goeie skrywers….Pagoda, Annie, Phibbie, Brein, KoeksIster.

    Dankie julle almal wat so klompie van ons weer bymekaar gemaak het.

    Brein!!!! Jy`t vir Ouma vergeet!!!

  5. Ag toemaar Pagoda die Werf raak al net so lekker hoor! Ons is almal besig om ons sit lekker hier te kry.

  6. dis juis hoekom ekke bloos…die plekkie het my stoutste verwagtinge oortref! Ek hoop net die nuwe tuiste gaan so lekker uitdraai soos die ene!

  7. Hier’s nog ‘n paar: Monna, Petroberry, Xanika, Renchia, Children of the World, en daai gehate Anneen of Annien, en moenie vir Mari Wonderwerk vergeet nie.

    Wel Brein, hierdie is ‘n punt waaroor ek en jy nooit sal saamstem nie want ek is ‘n Steve fan. En nee, ek drool nie oor hom nie, ek hou net van sy musiek, en ek hou van hom as mens, en ek veroordeel hom nie vir sy foute nie, want ek is ook ‘n mens🙂

  8. *snik* Brein, ek kry nie eens eervolle vermelding nie! Onthou jy hoe het ek jou stilletjies aangehits om nog meer te stir? 😆 Maar ja, toe jy daar begin het, was ek op pad uit. SSSB het dit net nie meer vir my gedoen nie.

  9. Marie was die shit! Ek se julle! Maa ek’s 100% oortuig dit was net nog ‘n gedaante van een of ander blogger…dalk nog selfs earl botha?

  10. Jis, julle noem nou name op wat ek al vergeet het. Waar is Ouma in die wêreld Sig?😉

  11. Ja Pagoda, ek wonder ook oor Marie.

    Ek dink ook sy was dalk iemand anders se “karakter”, maar daar was later toe mos ‘n Gogga van Vereeniging ook. Onthou jy? Sy en Marie het te lekker gechat. Nou weet ek nie meer nie.🙂

  12. Hmmm, raak julle nou nostalgies?🙄😳

    Moet net nie die PC short met al die trane oor die verlede nie asseblief. Pagoda32 probeer sy bes om julle met verwagting vorentoe te laat kyk.💡

    Net so terloops, aangesien van julle se geheue kort is, seker Duitse siekte, Marie en Gogga was wel regte mense van die Vaaldriehoek. Kan julle nie onthou van Marie se “braai” saam Steve nie. Dit was die KIT braai in Centurion, ek was nie self daar nie, maar “ou bloggers” wat daar was het toe bevestig dat hulle Marie daar ontmoet het.😉

  13. Net so ter nagedagtenis. Daar was meer as (11 000) elf duisend geregistreerde bloggers by die SSSB voor dit gesluit het. Ek kan maar net wonder hoeveel was “ghost bloggers”, die wat meer as een alias gehad het, en hoeveel “egte” bloggers met net een alias.

    Dit sal nogals nice wees as mens vir die spul kon mail en vertel van “Die Werf”.

    Groete.

  14. LOL…dit sou nogals.

  15. Boendoe net verlede week dink ek aan jou. Ja jy was my instigator.Sorry man maar ek het jou gelike ook toe jy op Wipie se blog was.

    Emil, more se posting is net vir jou ek glo dis jou soort kos.

    Koekie gee my `n clue?Was dit iets oor funmielie?

  16. Anniegetyourgun is jy trigger mad??Ek het Steve nog nooit aangevat oor sy swak met vroue nie ek verstaan daardie probleem.Julle Eva`s is so mooi mens moet in jou spore trap om nie oor die tou te trap nie.By sulke dinge het ek maar voete van klei.

    Maar ja eks mal oor sy musiek, maar gee hom maar carrots as dit moet.

  17. Ek is trigger mad! Hmmmmmmmmm … Hoe sal jy voel as die regering nie vir jou ‘n gun wil gee nie?😆

  18. Koeksister

    Ouma is met een laaaaang heuningmaan Barbados toe, daarna na die Maagde eilande vir `n werksvakansie en later sal sy haar jong, Itallion Stallion aan ons kom voorstel. Die keer hoor ek hy het 12 Villas, 3 groot seiljagte, 7 stabielle in en uitvoer maarskappy wat handel in goeie Kaapse wyne en GEEN erfgename nie!

    En hy`s net 2 jaar ouer as ek…Jammer Ouma dra soms ha hondjies aan goue kettings rond.

  19. Sorry…sorry! mense!

    Ek sikkel al heeldag om in te log en WordPress het my naam geban! Ek het sweet blou boggerol gedoen om dit verdien nie! 👿 sof!!! (lees: shitting on floor!!!)

    SIGEUNER voel effe kwaadaardig!!!
    Is Boernig so slegte naam? Miskien hou ek daarby, sal sien?

  20. Welkom Boernig! Wie was jy gewees?

  21. Me slap Boernig met vrot harties barber en hoop die boernig evil twin verlaat haar spoedig lat die sigeuner antie weer te voorskyn kom!:mrgreen:

  22. Breintjie- Marié was rerrige egte Marié gewees – daaroor het ek ook bevestiging gekry. Bl#xem, maar sy het my m@ermeter baie in die rooi gehad met haar aanhoudende eentonige gekerm -“my wonderwerk” en herhaling van stories wat al vergete was, om dit weer en weer oop te krap – en dieselfde reaksies van die bloggers weer van voor af begin – soos ‘n ou gekrapte sevensingle plaat wat gespeel word met ‘n stomp naald.

    En dan sal ek nou nie praat van die uwe Breintjie nie – jy het vir my en SAmamma (Sammi) al ons dae gegee – ons het een hele naweek ons hande vol met jou gehad – net as ons gedink het ons het jou in ‘n blik gedruk dan peul jy weer uit en “roer” vir ‘n vale – op daai stadium was Van Zyl ook nog daar (ek wonder hoe gaan dit met hom?) – Harvey het ons gereeld oor die vingers getik en wou ons met alle geweld hondekas toe verban – Sugg! – “those were the days my friend”.

    Maar ek stem saam – Die Werf raak al hoe lekkerder – en sien darem baie van die ou bekende SSSB bendelede kuier al hier.

Comments are closed.

%d bloggers like this: