Kos

Phibbie het met die ene vorendag gekom…ek dink dis ‘n puik idee.

Kom ons kyk wat se resepte ons hier optel en besluit dan of ons die bladsy hou!

Thanks ouens vir julle ondersteuning en toewyding!

72 Responses

  1. Likeurtjie: maak so lekker!!!

    1 blikkie kondensmelk (250g -die grote)
    1 250ml vars room
    400ml brandewyn of rum (eintlik enige drankie)
    2 hoogvol lepels kakao

    Meng al die bestanddele in ‘n menger goed en plaas in yskas. Hou tot oppe maand en maak amper ‘n liter.

    Dankie pagoda.

  2. Mikrogolf Pap

    Gebruik so 1 koppie meel. Meng met gekookte water tot dit so slapperig is. Sit in mikro vir 10 min op hoog sonder deksel. Haal uit mikro en roer goed. Sit dan in die pap een van die volgende: blikkie suikermielies of heel of gesnyde mushrooms of biltong of room of mayonnaise. Roer goed in. As jy mushrooms insit sorg dat die bedek is met die meelmengsel. Sit botter by en roer goed. Sit weer in mikro vir 10 minute op hoog. Voeg dan sout by en bedien.

  3. Phibbie ek doen dinge vinnig so ek kan help met mikrogolf resepte 😉

    Mikro Maklike Mieliebrood:

    Klits:
    * 4 eiers
    * halwe koppie melk (125 ml)
    * halwe koppie suiker (125 ml)
    Roer by:
    * 1 koppie mieliemeel (250 ml)
    * 25 ml koekmeel
    * 7 ml bakpoeier
    * 5 ml sout
    Voeg by:
    * 1 blik pitmielies
    * 1 blik roommielies (sweet corn)
    * 30 ml kookolie
    Plaas alles in ‘n mikrogolfbare broodpan (glas)
    Mikrogolf op Medium vir 15 minute
    Strooi die broodjie rooi vol paprika
    Mikrogolf verder op Hoog vir nog 3 minute
    Laat staan vir 10 minute

  4. Melktert (mikrogolf baie maklik, baie lekker)

    Vir die kors pak jy tennis beskuitjies in die bak

    Bestanddele Vulsel
    800 ml melk
    2 eiers
    100g (125 ml) suiker
    25g (50 ml) koekmeelblom
    25g (50 ml) mielieblom
    knypie sout
    15 ml botter of magarien
    2 ml vanieljegeursel
    gemaalde kaneel

    Metode
    Bring melk tot kookpunt in die mikrogolfoond.
    Klits eiers goed, voeg suiker by en meng.
    Voeg koekmeelblom, mielieblom en sout by eiermengsel en meng goed.
    Voeg eiermengsel by melk en roer goed en sit die vanieljegeursel by.
    Sit terug in mikrogolfoond en kook tot dik, maar onthou om so elke minuut dit te roer anders maak dit klonte.
    As klaar gaar is en dik genoeg, gooi in bak met tennisbeskuitjies as kors.
    Strooi kaneel oor en sit in yskas vir so 3 ure en geniet.

    (Hierdie resep se geheim is regtig die roer, baie belangrik)
    Voila lekker eet!

  5. Dankie julle. Gooi die resepte asb

  6. Al klaar die melktert probeer…my vrou is nou nog liefies vir my…hehehe!

  7. hmmmmmmmm jou klein bliksem. Ek sal jou moet dophou want jy gaan nou uithaler kok word met al ons resepte. bwhahahahahahahahahahahahahaha

  8. Ek is al klaar…my vrou maak bokskos (daai mince mate en tuna mate en ander klone …)

    Ekke slat iets aanmekaar met als wat ek innie hanne kry! Met een common denominator!! Daars kerrie in als!! LMGA!

  9. bwhahahahahahahahahahhahahahahaha. Jy klink soos my man, kerrie en rooi chilli poeier en garlic. Hy glo daaraan soos hy in my glo. lmfga

  10. Rooi chillies, knoffel en kerrie!

    Ek dink ek en jou man kan mekaar behoorlik raak kuier!

  11. ja en waarskynlik moer gevaarlik ook saam wees, vermoed ek maar in my eie beskeie opinie veral as ekke nog na daai glas innie hand kyk

  12. Cracker Lasagna RecipeA few important head notes: when you go to place the baking dish in the oven, you might worry that things look are a little on the runny/liquid side. It’s ok – the crackers continue to absorb and swell though out the baking process, and the cottage cheese mixture will set up nicely due to the eggs. When choosing a type of cracker to use, hoosing go for sturdy ones, a cracker that can stand up to ten minutes of soaking without going to mush on you – I included a photo of the crackers I used up above, I suspect Ak-Mak would be a good choice as well (Trader Joe’s, Whole Foods). Also, don’t worry if your crackers are the exact dimension I call for in the recipe, just use enough to construct three layers in whatever pan you are using. Prepping all your ingredients beforehand is helpful here – chop your spinach and onions, etc. Things will go more smoothly. And lastly, I can’t help but think that some shredded gruyere would right at home on top of this.
    1 1/2 cups cottage cheese
    1 cup milk
    2 large eggs
    scant 1/2 teaspoon fine grain sea salt
    splash of olive oil
    1 medium onion, chopped
    1 shallot, chopped (optional)
    1/4 pound brown mushrooms (about 12 medium), brushed clean and chopped
    pinch of fresh thyme (optional)
    2 big handfuls of spinach, washed and chopped
    18 2 x 4 – inch crispy crackers (see head notes)
    9 – inch round baking dish, or an 8×8 baking pan will work as well
    Preheat oven to 400F degrees with rack in the middle. Oil your baking dish and set aside.
    Using a hand blender (or food processor or regular blend) puree the cottage cheese, milk, eggs, and salt until smooth. Line a separate deep dish or baking pan with the crackers and cover with 1 1/2 cups of the cottage cheese mixture, reserving the rest for later use. Let the crackers soak for about 10 minutes – long enough for them to soften a bit, but not long enough for them to loose all their structure
    In the meantime, in a large skillet over high heat, cook the onion and shallot in a splash of olive oil along with a pinch of salt. Cook for a couple minutes, until they begin to soften up a bit. Stir in the mushrooms, and cook until they release their liquid and start to brown, another 5 minutes or so – stirring once or twice along the way. Remove from heat and stir in the spinach. Combine with the remaining cottage cheese mixture.
    Arrange about 1/3 of the soaked crackers in a single layer in the bottom of prepared pan – I break up the crackers a bit to make things fit. I should mention things are much easier if you’re using a square pan. Ladle 1/3 of the spinach mushroom mixture over the first layer of crackers. Add another layer of crackers, another 1/3 of the mushroom mixture, a final layer of crackers and the remaining mushrooms – three layers total. Place in oven for about 30 minutes or until top is golden (edges golden). Remove and cool for 15-20 minutes – this helps everything set up nicely. Serve warm or at room temperature.
    Makes about 8 – 10 servings.

  13. Dis ‘n bekvol…letterlik

  14. Mosselsop vir 6
    (Jy moet jou room en mossels eers heel aan die einde
    van hierdie sop byskep)

    Bestandele:
    36 gestoomde mossels (in dop)
    1 ui, opgekap
    1 huise knoffel, gekap
    3 eetl botter
    3 eetl pietersielie, gekap
    ½ koppie droë wit wyn (die res van die bottel kan jy maar drink)
    1 koppie water
    1½ koppies melk
    1 koppie coconut melk
    3½ eetl koekmeelblom
    1 blokkie hoenderaftreksel
    swart peper, vars gemaal
    knippie oreganum
    1 lourierblaar
    botter vir soteer

    Metode:
    Soteer knoffel en pietersielie in botter tot die ui
    deurskynend is.
    Roer meel en verkrummelde blokkie hoenderaftreksel by.
    Verwyder van plaat en roer melk stadig by.
    Roer water en coconut melk en wyn in
    Plaas terug op plaat en roer tot sop glad en dik is.
    Proe en geur.
    Bedek en laat 10 minute prut (om die meel gaar te maak)
    Voeg nou die mossels in hul skulp by. Verwarm deur.
    Skep in en skep ‘n eetlepel room oor elke bord sop.

    Bedien met lekker tuisgebakte brood en plaasbotter.

  15. Dit lyk sommer jummy

  16. ek sal mos my siel verkoop vir sop.

  17. My man maak die lekkerste sop hoor en als uitie kop hmmmm nee hoof uit.

  18. Ek dink hy’s my beste maatjie…..

  19. Baie nice reseppie!!

  20. Dis een van my passies om kos te maak.Al my vriende en familie praat oor my vermoee agter die potte en 90% van die tyd maak ek die kos in die huis.Ek sal beslis `n bydrae maak hier.

    Onthou eending wanneer jy mense trakteer met lekker kos en disse is die volgende my geheim.
    EK MAAK LIEFDE MET DIE KOS.Soos seks is seks, maar om LIEFDE TE MAAK met die vrou vir wie jy lief is, is `n ander saak.So maak liefde met daardie disse.

    My enigste probleem is ek is swaar op sout, so ek moet altyd aan die gaste dink.

  21. Brein: Ek los maar die sout uit as ek vir mense kosmaak. hulle moet self die sout bysit, behalwe waar ek weet verseker dis hoeveel sout. Maar ja, eks mal oor sout. Eet dit sommer netso. Ek moet werk, maar eish is net mooi niks lussie

  22. My hand is maar swaar met die spices, my man maak ook meeste van die kos, hy sê vrouens het nie verbeelding agter die kospotte nie.

  23. Pagoda, hier in die Kaap, is die sop net die beste ding om die winter koue weg te jaag. Steek jou kaggel aan en skink ‘n rooie.

    Hehe

  24. Koeksister: Jou man se gaai ne. Ek kookie uite resep uit nie. Ek lees die resep deur en daarna gebruik ek my verbeelding. My man is ook swaar mettie spices en brandgoete

  25. Lol @ Phibbie 🙂

  26. Heyta Koeksister

    So bek kort jêm. Dis moer koud, die wind waai my om hier teen die berg en die reen het my nou al so bedonerd soos ‘n kat wat met ‘n beker water natgegooi was.

  27. Hahaha, forkitt, hoe lekker lag ek nou!!!
    Die mense kyk my al dag skeef aan hier by die werk.

  28. Gert se Famous Lamsribbetjie

    Neem een flank (ek praat tog nou nie van die gemors wat Pick & Pay op sy rakke sit nie. Gaan na ‘n slagter en vra vir ‘n heel flank).

    Dis omtrent 1,5 tot 2kg ribbetjie.
    Vryf growwe sout in die flank in en laat staan in die yskas vir so 5 ure.
    Neem dan die flank en genoeg draad (staal draad verkieslik) sodat jy die flank in ‘n silinder vorm kan rol en bind dit behoorlik in plek met die staaldraad. As jy dit reg gedoen het behoort die flank op sy sy te kan staan.

    Maak jou vuur en terwyl jy besig is met braai sit jy die “rol” op sy vleiskant neer net sodat dit kan verbruin. Sodra effe bruin laat jy hom regop staan en sprinkel varsgemaalde peper oor die flank.
    Neem ‘n blikkie lemon twist en ‘n kwas en smeer die vleis gereeld met die lemon twist. Dis soet en suur en dit maak die vleis aansienlik lekkerder proe as wat mens moet wik en weeg met daardie suurlemoenkonsentraat. Alternatief vir dit is VARS suurlemoensap / lemmetjiesap.

    So…sodra die ribbetjie nou behoorlik gaar is draai jy hom vir oulaas op sy vleiskant op die vuur en looi hom met vuurwarm kole om die vetterigheidjie crispy te maak.

    Voila!

  29. Ek het die regte ding om die rib te komplimenteer.

    Porra (Portuguese) Olywe.

    Vars garlic, geskil en gekap en klein stukkies
    Orginanum (Regte spelling????)
    Olywe gedreineer

    Meng alles saam in een bak. Maak bottel vol met die mengsel tot by die deksel. Gooi dan olyfolie in die bottel tot bo. Moet nie olyfolie gebruik met asyn of iets dergliks in nie. Laat staan dag of drie.

    Baie gewild by snacks en slaai. As olywe minder raak, voeg net weer by. Die mengsel kan hou tot op 6 maande

  30. Daardie rib klink nou hemels, wag, payday is om die draai, maar die lemon twist? Sal dit bietjie probeer Pagoda.

    Koffiekan, ek is so mal oor olywe, daai botteltjie gaan nie kans kry om 3 dae im my yskas te staan nie. 🙂

  31. het hom gister gemaak…njammies

  32. Wenk: moenie hier lees as jy honger is nie… Selfs die rokerige lemon twist soppies op die rib kan nou verby kom!

    As julle uit kos en resepte raak, op my Welcome Dover staan en prut die boontjiesop, stowe die patat, en droog die beskuit in die lou oond.

    Loer in by http://www.skoorkos.wordpress.com

    Bring jou blikbeker saam, die kannetjie koffie trek al heeldag eenkant op die agterste plaat.

  33. Lekker resepte skoor.

  34. En hier dog ek, ek maak ‘n mean pot boontjiesop, gaan definitief joune probeer Skoor.

  35. hmmmm maar hier is paar lekker resepte nê. Sal kyk of ek ok bydrae kan lewer een of ander tyd

  36. Ek is mal oor die resepte Lizet, gee mens altyd nuwe idees, stuur joune in. 🙂

  37. kan mens die respte print ook? ek hoe?
    nou mis ek Phibbie sy kon altyd help met die tegniese goed!

  38. As jy die woorde ‘highlight, copy’ en op ‘n Word dokument paste, kan jy dit verwerk soos jy sou wou, en dit daarvandaan print.

    Koeksister, jy sal nie spyt wees nie, maar probeer die Pasta & Bone sop (vir hartseer dae of koue aande) eerste. Dit is eenvoudig ‘n wenner, ‘n vuller vir die dun ribbes, en ‘n lekker middernag snack!

    Dankie dat ek hier kon kom propaganda maak. Sodra Skoorkos se blogroll uitgesort is, verskyn die blad se link daarop.

    Ek wou dit eers nie doen nie, maar soveel wonderlike mense kom na vore, lewer bydraes, nooi mens na hulle blogs/webwerwe, dat mens nie ander kan as om kos met kos aan te vul nie.

  39. Hierdie is nou nie resepte nie, maar is hierdie spyskaart nie fantasties nie?????

    STARTER BUFFET
    —————————————————————————

    Biltong Soup with a touch of Port and Blue Cheese
    Pot Bread with home made jams, chicken liver pate and cheese
    Curry Mince Samoosas and Spicy Chicken Spring Rolls
    Pickled Fish with Onions
    —————————————————————————

    MAIN COURSE BUFFET
    —————————————————————————

    Cape Malay Chicken Curryserved with sambals, poppadums & basmati rice
    Ostrich Sosaties
    with green peppercorns & mushrooms sauce
    “Smoorsnoek”
    Pumpkin Fritters in a sweet sugar sauce with cinnamon
    Roasted Butternut & Baby Marrow
    Broccoli & Cauliflower Bake
    “Paptert”
    Banana Bread & Butter
    ————————————————————————–

    DESSERT
    ————————————————————————–

    Cape Malva Pudding with custard
    Koeksisters
    Milktart

  40. Dink bevange befok

  41. Ek hoop Skoor kom loer in, miskien kan sy help met ‘n reseppie of 2

  42. het jy al sy/hy se website besoek. Shit daars lekker reseppies reg in my kraal. Eks mosse freak oore resepte

  43. O jis, ek’s mal oor malva poeding!

  44. Ek ook, maar dan moet mens weet hoe ommit te maak. Jy kan maar weet daars mense wat nie eers moet try ommit te doen nie

  45. Ja Phibbie. Ek is een van daai wat dit nie kan maak nie maar my skoonsussie… sy ken van malva poeding. Ons kla altyd by haar, sy maak te min…..hehehe, dis seker hoekom ek nooit sal gewig verloor nie – lief al die lekker vetmaak kossies.

  46. ag ffs koekie moenie eers praatie hoor. Ek sukkel netso mettie gewigtery. Ek bly van enige skaal af weg, hetsy ponde of kgs

  47. malvapoeding met vla, oijoijoi

  48. o nee,nee, wag .. die pampoenfritters met kaneel, ag vaderlandsliefde…..!

  49. Ek eetie kaneel nie. Ok nie uie nie.

  50. Daai spyskaart is so reg in my kraal!!!

    Ek is nie ‘n poeding mens nie, gee my ‘n slab. Ek bak ook nie met oortuiging en oorgawe nie. Kook is meer my lyn van tydverdryf.

    Jy kry malvapoedings wat jy in ‘n doos koop, aanmaak en bak. Moenie daai goed miskyk as jy so bad bak soos ek nie. Ek het al goeie resultate om die heupe gehad met dit.

    Maar Woolies se malvapoeding is ‘n sonde. Daai botter dryf bo-op dat ek eintlik gal kry van daarna kyk. Maar gal se gat na die tweede lepel!!!

  51. ‘n Slab Cadbury’s. Niks ander tjoklits kom daarby nie, nie eers die Belgiese soort nie.

    Sit ‘n beker melk in die mikro, laat hom kook, haal die melkvelletjie met ‘n teelepel af, en breek ‘n blokkie, en nog een, en nog een, in die melk.

    Roer tot die tjoklit opgelos is.

    Dis regte hot chocolate.

    En more eet jy die res van die slab.

  52. Hou daai hot chocklit resep weg van my vrou af. Ons budget gaan kis gemaak word a.g.v die slabs wat gekoop gaan word!

  53. Ek is nie vreeslike chocklit eter nie, maar hou van ‘n New Look, en chocholate log, en dan ook ‘n Top Deck, maar ‘n slab hou my lank.

  54. SUIKERMIELIEPOFFERTJIES:

    250ml koekmeelblom
    10ml bakpoeier
    5ml sout
    1ml rooipeper of matige kerriepoeier
    30ml margarien(gesmelt)
    2 eiers (geskei)
    5ml ui (gerasper)
    300ml Cheddarkaas(gerasper)
    420g geroomde suikermielies
    olie vir vlakvetbraai

    Sif die droë bestanddele saam. Voeg die margarien by. Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeelblom mengsel. Vermeng dit goed. Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik. Vou die styf geklitste eierwitte in. Skep teelepelsvol van die beslag in warm olie en bak dit tot goudbruin. Dreineer dit goed

  55. Dit klink nou sommer moer lekker!

  56. Thanx vir die resep. My gesin is mal oor mielies. Gaan dit probeer.

    Skoor – jou chocolate drink klink baie lekker. Gaan dit sommer vanaand vir ons maak.

  57. 1 kg maalvleis (vars gemaal – moet NIE in ‘n bol gerol wees nie, moet nog lyk soos klein “wurmpies”)
    Jimmy Sous (of enige ander BBQ sous)
    1 groot ui
    Vars chillies (gebruik na smaak)
    Tamatiesous
    Knoffel
    Worcestor sous
    Mushroom Soya sous (kry by enige groot winkel – Chinese maak dit)
    6 rolletjies
    Gerasperde kaas
    6 eiers
    Mayonaise

    Neem die vars maalvleis en deel in 6 eweredige dele op.
    Maak dit plat in jou hand en gee dit die vorm van ‘n pattie. Moenie die maalvleis in ‘n bondel druk of eier daarin werk nie. Dit bederf hom. Net so – die skoon maalvleis.
    Maak jou vuur buite en op allemintige warm kole sit jy jou 6 patties en los hom tot hy bruin raak onder. Neem eierspaan en draai dit om. Gee hom sout en peper en smeer met ‘n kwas die BBQ sous oor dit. Herhaal so drie keer beide kante.

    Die sous:
    Chop die uie en gooi in ‘n klein potjie. Ckop die chillies en gooi die by. Gooi ‘n stewige helping knoffel by en laat die lot goed braai. Gooi dan ‘n koppie tamatiesous by, ‘n paar stewige squirts Worcestor sous, nog ‘n paar squirts soya sous saam met sout en peper. Laat dit prut tot die uie en chillie sag is, maar nie pap nie. Daar moet ‘n crunch wees.

    Neem die rolletjies, botter hulle, sit kaas onder, pattie bo-op dit, neem ‘n lepel en smeer die chilliesous oor die pattie en bak dan ‘n eier en neuk hom bo-oor alles! Smeer ‘n dollop mayo aan die top helfte van die rolletjie en maak die burger toe. Enjoy!

    Maak 6 burgers…en selfs die groot eters sal twee met moeite sat maak.

  58. Dit klink nou lekker!!

  59. Gert ek sal dit probeer ek moet darem ook my kookkuns met julle begin deel.En ja op die kole is patties flippen lekker.

  60. Daar is nie beter nie Brein. Die ding van panbraai is sommer tjol!

  61. Moderne Seekospot

    8 Uie – opgekap
    6 Middelslag aartappels – gerasper
    500 gram Ontskulpte mossels
    1 kg calamari buise
    500 gram crab sticks
    1 kg mini cocktail prawns
    2 pakkies Knorr Curry Vegetable sop
    2 houertjies room
    500 gram sampioene (in helfte gesny)
    Pattipans
    1 Blomkool
    1 liter droe wit wyn (sommer ‘n cheapie)
    Knoffel, sout en peper

    Braai die uie in die pot tot ligbruin
    Voeg die aartappel by en braai tot die aartappel lyk of dit ‘n pasta begin vorm met die uie. Voeg jou knoffel na smaak by.
    Gooi die liter wyn in die pot en bring tot kook.
    Gooi die calamari buise (opgesny in blokke, nie ringe nie), die prawns en die mossels in die mengsel en bring tot kook.
    Sodra dit kook, breek die wit blomme van die blomkool en gooi in die pot saam met die crabsticks, pattipans en sampioene.
    Sodra meeste van die wyn weggekook het strooi jy die sop en die room oor alles en roer goed. Gebruik die hele tyd water om die vleistowwe te reguleer. Moenie dat die seekospot dryf in water nie, maar gee dit genoeg om te kook sonder om sop te maak.
    Die soppoeier sal op die einde ‘n dik tekstuur aan die pot verleen en die seekos sal nog herkenbaar wees. Gebruik gemaalde swart peper en gebruik genoeg!

    Bedien op geel rys.
    Bedien 6 tot 8 mense met gemak

  62. Koop pakkies Thai Red, en Thai green curry, en maak die wonderlikste kerries daarmee.

    Onthou die coconut milk vir die essensiele Thaise smaak, en lekker jasmyn rys.

    O, en pasop, daai ene het tande en byt by ete…en more…

    ‘n Hele nuwe smaak ervaring as jy gewoond is Raja kerriepoeier en mrs. Balls!

  63. Gert daai burgers klink lekker, sal dit moet probeer.

  64. Ek oorweeg om die bydraes in’n boekie saam te vat. As enigiemand nog resepte het…GOOI!

  65. Lekker Wortel & Piesang Mikrogolf Koek
    ——————————————————–
    Sif saam:
    350 ml koekmeel
    5 ml bakpoeier
    5 ml koeksoda
    5 ml kaneel
    3 ml sout
    Voeg by:
    250 ml bruin suiker
    250 ml gekapte okkerneute of pekanneute
    125 ml piesang – fyn gedruk
    250 ml gerasperde wortel
    150 ml olie
    25 ml water
    2 groot eiers
    5 ml vanieljegeursel
    Meng als saam
    Gooi in uitgevoerde plastiekbak/mikrogolfbak
    Sit in mikrogolfoond vir 11 – 14 minute op medium
    Laat afkoel

    Versier met roomkaas & versiersuiker:
    —————————————————-
    37,5 ml margarien
    250 ml versiersuiker
    50 ml roomkaas
    5 ml vanieljegeursel
    Meng saam en versier koek
    Lekker eet 🙂

  66. Chocolate cupcake in a mug. (5 minutes )

    4 Tablespoons cake flour
    4 Tablespoons sugar
    2 Tablespoons cocoa
    1 Egg
    3 Tablespoons milk
    3 Tablespoons oil
    1 Mug

    Gooi meel in.
    Dan suiker en kakao
    Meng
    Gooi eier in en meng
    Gooi dan melk en olie by
    Meng deeglik
    Sit in mikrogolf vir 3 min op maximum krag (1000watt)
    Wag tot dit ophou rys en sak in beker
    Gooi uit en geniet saam met beker koffie

    Gooi alle bestanddele in die beker waarin jy dit gaan maak. Het nog nie self probeer nie, maar dit lyk lekker en maklik. Geniet dit.

  67. Lizet, jy’s nie baie nice nie, my heupe gaan dit nie maak nie…. met al hierdie lekker reseppies 🙂

  68. lol @ koeksister

  69. Pagoda, ek het gou ingeloer om die hamburger resep te kry, ek en die girls is alleen en hulle is lus vir hamburgers.
    Kyk net die tyd… ek sal moet spin.!
    Gnight 🙂

  70. Ek Is nie meer ‘n amptenaar ‘public servant’ maar lid van die publiek. Nou. Julle. Die publiek! IS KORRUP! Ek praat van versekeringsbedrog, misbruik van welsynsorganisasies. ‘con artists’. Nou weet ek Waar ek sit & hoekom. Ek gaan julle uithaal. Besef dit maar. Ek gaan Wetstoepasing voortsit. Publieke arrestasies tot ek weer aangestel is. Nie of nie maar waneer. arrestasies begin NOU.Julle weet wie. Die swaard is uit my hand gesteel. Nou hou ek die publieke een omhoog. En hy gaan kap. Met die WET. Reg & geregtigheid. Met beslistheid. As jy nie die boodskap verstaan het jy ni n probleem. Nie jy nie.

  71. Waterblometjiebredie. Asb. Nou gooi ek misdaad tussen die kos in! Ek kan kook! Maar ander se kos is hoeka Lekkerder as die wat ek self brou … Iemand hier in Kempies daai bredi maak laat weet my… Ons los jou probleme so eet eet op.. Of eet net. jesususliefde. Thys

Leave a comment