As…verbrande hout! – deur Phibbie

Ek het mos nou baie tyd om aan baie dinge te dink en die Olympiese Spele gee mens mos ander persepsie van hoe en waar en wat. Nou saam met die atlete, kyk ek na sommige van hulle name. Tot die kommentators sukkel met die name. Ek wil my soms simple giggle oor mense en name en dan wonder ek wat die hel moes die ouers gedink het. Ek is happy met my naam en gelukkig is daar net een. My naam sou Johanna gewees het. Geen refleksie op mense se name wat Johanna is nie, maar my donner ek dink is nie ‘n baie vleiende naam nie. Met die rugby hoor ek die een ou se van is iets van hoender. Dankbaar is ek tog vir my naam. Sou jy jou naam wou verander en waarna toe?

Dit bring my by nog ‘n punt as jy dalk iets na jouself sou wou vernoem (nou nie kinders nie) wat sou dit wees? Ek sou graag na ‘n waterval vernoem wou word. Net in die regte spelling tog net asb. Ek kan ‘n kleintjie kry aan mense wat nie moeite doen om mens se naam se regte spelling uit te vind as hulle nie seker is nie.

16 Responses

  1. Ek het ook gelukkig net een naam. Ek is heel happy met my naam.
    My ma se name was “Susara Jackoba Le-Roux” … Le Roux was deel van haar name. Eish!

    My seun se naam is Rynhardt. Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer word sy naam verkeerd gespel nie. Tot by sport geleenthede. Niemand doen moeite om uit te vind hoe die “rynhardt” gespel word nie. Dit maak my nogal moerig.

  2. Mense skryf my naam altyd verkeerd, my nooiensvan het ook altyd deurgeloop, ek wou al my lewe lank my naam en van verander het, na iets makliks, waarnatoe weet ek darem nie… 🙂

  3. My naam word nie net verkeerd gespel nie, maar verkeerd uitgespreek (ek is Marié, nie Maaaaaaarie nie!). My ma was Johanna Susarah Maria Bianchina – haar van was Italiaans. Hoe kan mense ‘n meisiekind met so ‘n nice Italiaanse van sulke boerename gee????!

  4. Hi julle, my name sou Pieter Martienus gewees het as ek fam name moes kry, my ma het terwyl sy nog me my in die hospitaal was my naam as Marlene op geskryf het wel my pa het besluit hy sit sy gewese meisie se naam vooraan en ek verpes die naam, baie mense sê ook Joey of Joy daardie twee name kan ek nie vat nie noem my op my naam…….

  5. Fokit as julle dink dis kwaai ek ken twee neefs wat se van POERSTAMPER is, as dit my van was sou ek my ouers gedagvaar het.

  6. ag ek is tog bevoorreg daar is reeds ‘n Ida’s Vallei in die kaapprovinsie en dan is daar ook ‘n berg met die naam Ida. nha, nha, nha, nha,nha!!

  7. maar eintlik kom my naam van Italia af, my ma is ‘n Italianer haar naam was ook Ida en dit is ook al naam wat ek het, dra my nie dood aan name nie nê?

  8. Brein,
    Ek ken mense wat se van “Tissot Tisot Patadoris van Patot” is, toe verkort hulle dit na “Tisot van Patot” ek praat maar altyd van die Patotjies dit is makliker, en hulle het drie kindertjies kan my indink hoe gaan daardie kinders deur die skool gaan met so ‘n van.

  9. O, en my ma se van was Regheschi, maar nou moet diè naguil seker planmaak om te gaan slaap, net gou lees wat is nuus in die Beeld.

  10. Brein – ek dink jy sou die van “Poerstamper” verseker tot jou voordeel kon gebruik……whahaha. 🙂

  11. My naam is net Linda, maar as my pa sy sin gekry het was ek Susanna Sophia Magrieta gedoop. My skoonpa was Frederik Joseph Jeremia en my seun se naam is Juan. Geen familiename vir my kinders nie.

  12. My suster is gebore presies toe een of ander Apollo mission in die see geval het, My pa wou haar Appolina gedoop het, maar my ma het gekeer dat dit bars. 🙂

  13. Ek dink nie jou suster sou hulle dit ooit vergewe het nie. Dit klink soos een of ander boom – Appolina Nervana

  14. Haha, ‘n boom… 😆

  15. Een naam danksy twee ouer sussies en min grootouers wat saak gemaak het. Ek wil nie he iemad anders moet my name erf of iets nie, maar ek is helemal sterrietjie bedonnerd en sou dit like as iemand praat van die Sigeuner-ster. Solank dit net `n nuut ontdekte ene is en nie klaar uitgebrand nie!

    My kinders het grootouers name gekry – soort van, want dis afgekort tot een naam. Hulle is heel happy daarmee. Dit draai darem nie kort voor Kakkabenia of Longdropkosie nie!

Leave a comment