Werfetter en HOF stembus gesluit! En die wenners is…

……………Drumroll please!!………………

September 2008 Hall of Fame Wenner

Percy Montgomery

September 2008 Werfetter van die Maand Wenner

Essop Pahad

Gaan kyk op die onderkeie bladsye wat ons te sê het omtrent die twee individue!

DIt was lekker…binnekort weer sulke tyd vir Oktober 2008 se nominasies…hou ‘n ogie of twee oop! 😉

As die skoen jou pas………..trek hom aan !!

Sommige dinge wat ek hier op die blog kwytraak is geinspireer deur die lewe self, soos ondervinding, mediaberigte, bloggers wat comments lewer en iets aanraak wat ek dink is goeie materiaal vir `n toekomstige posting, alledaagse gebeurtenisse, famillie , vriende , vyande en sommer fokken alles.

As mense my kontak en aanvat omdat ek kwansuis hulle doelbewus aanvat of beskuldig of sugestie toe pas, en jy vat dit persoonlik op en of jy voel skuldig oor enige , dan is dit ook maar daarna toe.Lees jy dalk jou naam in my postings?

Enige ooreenkoms of skuldgevoel wat dalk erens gewek word is bloot denkbeeldig en geeneen moet dit as persoonlik sien nie ek praat net in die algemeen.Net dit het my oe al aanskou en my ore al gehoor.

Skoene word in verskillende groottes vervaardig, en as jy voel `n sekere nommer pas jou …………trek hom aan.Ek verkoop nie skoene nie.

Leon go with the flow op Bosparra, Gods water oor Gods akker?

Ek haal `n gedeelte uit ene Leon se comment op Bosparra en gaan maar net sy comment klaar maak wat hy nie behoorlik afgesluit het nie. Dit is nie `n aanval op ons goeie bure (Bosparra) nie. Maar net my mening.

Leon se:”kom ons wees realisties. 2010 gaan plaasvind ongeag wat. Go with the flow en hoop vir die beste. Alle negatiewe beelde en ondervindinge sal binne ‘n jaar vergete wees…voel jy vandag regtig nog so geskok oor 9/11 of is dit maar net nou al ‘n historiese gebeurtenis..onthou julle die 3 maande se Prinses Di dood…nee, dis ou nuus.”

Die Brein se:

Leon, O Leon jy is baie wys en jy praat ware woorde, maar weet jy hoekom is dit dinge van vergange dae en weet jy hoekom “go with the flow”.Vir iemand wat nie `n geliefde afgestaan het aan 9/11 nie sal jy vere voel na `n ruk , maar indien jy `n geliefde afgestaan het in daardie situasie/gebeurtenis sal jy dit onthou totdat jy eendag jou kop neer le.

Vir baie is prinses Diana se dood ou nuus maar vir haar twee seuns is dit rou wonde wat nooit behoorlik sal genees nie.  So ook ja sal 2010 heel moontlik plaasvind.  Maar omdat mense soos jy gou vergeet en dinge soos water van `n eend se rug af laat rol is dit sekerlik omdat jy nie weet hoe dit voel as jy in jou huis oorval word, jou vrou en dogter langs jou verkrag word en jy half dood gewetter word nie…jou seun voor jou oe doodgeskiet word nie.  Net om in die hospitaal wakker te word en te hoor jou vrou is ook later in die hospitaal oorlede aan haar wonde.  Nee! Fok more, oormore het jy dit vergeet en jy “go with the flow”.  Weet jy waardeur vroue gaan wat verkrag word?  Weet jy hoe voel `n ouer met die lewelose liggaam van sy dogtertjie in sy arms wat pas deur rowers doodgeskiet is in `n “vredeliewende” park waar hulle piekniek gehou het?

Jy se jy hoop vir die beste , hoekom hoop?  Wat se dade doen jy positief as om net te hoop, want hoop alleen sonder aksie gaan jou niks in die sak bring nie.

Leon se:”Selfs al word daar 300 doodgeskiet en 3000 vrouens verkrag sal hulle na ses maande vergeet daarvan en begin dink aan London se olimpiese spele.”

Dis waar, mense sal voortgaan, maar dink hoe lekker sou dit wees om dit saam met jou oorlede geliefde te kon kyk of wat as hy of sy dalk goed was in sport en daar kon deelneem?  As een van jou geliefdes deel raak van daardie geweldsmisdaadstatistiek of jyself teen daardie tyd dalk deurgeloop het, wat ek hoop nooit gebeur nie, hoop ek maar jy beplan maar sonder kommer en verwyt aan jou volgende “die lewe gaan maar voort projek.“

Aldus, Die Brein.

Zapiro se cartoon!

Ek het nou net my oë gesit op die sketsie van Zapiro.

Ek is ‘n stoere anti-Zuma blanke, en ek moet erken dat die cartoontjie selfs vir my so bietjie laat terugsit het in verbasing! Dis vrek skerp, maar neem dit, soos wat die ANC tans beweer, die Zuma sage heeltemal uit konteks vas?  Is dit geplaas as deel van ‘n agenda?  Indien wel, kan iemand dalk my die “agenda” wys sodat ek my stem daarby kan voeg?

Persoonlik glo ek die spyker is nie net op die kop gewetter nie, hy is sommer dwarsdeur die plank gemoer.

Vir die wat hom nog nie gesien het nie, hier’s hy:

Met dank aan Zapiro!

Maak oop jou ore!

Vandag wil ek iets ophaal waaraan ek ‘n broertjie dood het. Dis wanneer jy iets vir iemand sê of vra en 1 dag later het hulle dit bloot vergeet. Is dit omdat sommige mense verstrooid is, of dit net vergeet omdat dit nie in hulle oë belangrik is nie?

Kyk, ek sê nie ek vergeet nie soms goete nie – dis tog net menslik, maar ek probeer uit my pad uit gaan om dinge te onthou wat vir ander saak maak. Maak selfs lysies, terwyl sommige mense net hulle skouers optrek as hulle vergeet het en dink jy maak ‘n bohaai oor niks. Voorbeeld: Ons kinders dra elk by vir my pa se grafsteen en daarom vra my sussie ons om almal na die proef te kyk en kommentaar te lewer as ons nie daarvan hou nie. Ek sê onmiddelik hulle moet die “vader” na “pappie” verander, want ons het hom pappie genoem. Ja, ja, stem almal saam. Die grafsteen word opgesit en ek vat my ma soontoe. Toe ek uit die kar uitklim stoot die woede in my op soos ek aan niemand kan beskryf nie. Daar staan so waar as wragtig “vader”. Bel haar – ooooooooo gits, sy het skoooooooon daarvan vergeet. My liewe fok. Het ek dit geweet het ek dit self hanteer. Nou kan dit nie verander word nie en dit sal my altyd irriteer as ek graf toe gaan. Sy dink ek maak ‘n berg van ‘n molshoop. Miskien, miskien nie. Miskien is ek hipersensitief oor nietighede. Ek weet nie.

Dis nog ‘n rede hoekom ek sukkel om enigiets te delegeer, want ek voel ek doen dit eerder self en weet dis gedoen, en goed gedoen. Hoe voel julle daaroor?

‘n Facelift vir Die Werf

Ek het vanmore ‘n baie interessante oproep gekry van iemand (prominente blogger) wat ons almal baie goed ken.

Ons deel ‘n baie spesifieke sienswyse omtrent die Afrikaanse blog gemeenskap, en in spesifieke terme, die Afrikaanssprekende Suid Afrikaner, ongeag waar jy jouself in die wereld bevind.

Die tyd het aangebreek vir ‘n paar veranderings aan Die Werf.

Nou! Voor enigiemand nou op die agtervoete spring en “blou moord” skree, die veranderings gaan grootliks kosmeties van aard wees. Ek wil graag die samewerking van Die Werf se authors kry sodat ons die ding kan maak werk. En elkeen van die veranderinge is reeds in die pyplyn gewees sedert Junie vanjaar, maar ek voel net dat ‘n langdradige proses om dit in werking te stel geen doel sal dien nie. Verwag gedetaileerde emails binnekort!

In die geheel sal Die Werf bly in die huidige vorm waarin dit tans bestaan. Posts word steeds geplaas deur myself, Brein Annie en Koek…met een verskilletjie, dit word eenvormig gemaak.

Die nuwe “look” sal heel waarskynlik van dieselfde kleurskakerings gebruik maak as wat dit tans is. Daar sal ‘n updated url gebruik word…nog net besig om die opsies te oorweeg.

Watch this space!

Kry die stemme in!

Sluiting van die stembusse sluit om 20H00 vanaand.  Die wenners van HOF en Werfetter vir September 2008 sal in die week geplaas word.

Maak jou stem dik!

SA vs Kanada

My suster is nou terug na 3 weke in Kanada. Werk gesoek, en gekry ens. Sy vertel ons hoe wonderlik,fantasties alles daar is. Onder andere sê sy die kinders vloek glad nie, in die twee weke wat sy daar was, het sy nie 1 vloekwoord gehoor nie. Maar tog, die kinders daar is blykbaar baie lief vir hulle “piercings en tattoo’s. Wat blykbaar vir haar gangbaar is, solank hulle net nie vloek nie. 🙄

Saterdagaand gaan ek en my jongste Checkers toe, en ons koop ‘n lekker lang franse brood, maar die sakkie maak nie mooi toe nie, ‘n klein stukkie steek uit, sy dra die brood en sê vir die persoon by die till, moenie hieraan vat nie, vat daarso, en wragtig hy gryp die brood aan die oopkant. Sy rem terug aan die brood en hy hou wat hy het. Nou is die lang brood soos ‘n visstok met ‘n boog tussen hulle twee, en sy sê: “Wat de DONDER dink jy doen jy?”!!!.

My punt: ek verkies eerder ons Suid-Afrikaanse tieners bo hulle Kanadese eweknieë om so nou en dan ‘n goeie Afrikaanse vloekwoord te laat glip, voordat hulle wenkbroue lyk so gordynreëlings en dit lyk asof hulle met ‘n nat pap koerant geslaat is. 😆