Die kat, die petrol en die vark in die SAPS

Ek skryf vandag oor iets wat vir my baie na aan die hart lê, naamlik wreedheid teenoor diere.  Ek weet nie almal is diereliefhebbers nie, maar ek dink hierdie storie sal almal se harte raak.  Ek hoor vanoggend op 94.7 Highveld dat ‘n sersant in die Polisie (swart ou) ‘n verdwaalde kat wat in sy huis kom skuiling soek het, voor sy vrou en twee kinders met petrol aan die brand gesteek het.  Die arme dier was nie dood nie, en toe gaan die vark buitentoe, kry nog petrol en steek die kat weer aan die brand.  Hy is toe blykbaar deur iemand aangegee by die SPCA en is R2000 gevonnis, maar hy is steeds in diens van die Polisie!  Die vuilgoed moes geskors gewees het uit die Polisie!

 

Ek kan nie aan julle beskryf hoe haat ek sulke barbare nie.  Dit vreet soos kanker aan my.  Ek sal so ‘n vark so bitter graag in die hande wou kry – ek is selfs bereid om in die tronk te gaan sit vir wat ek aan hom sal doen!