Die sterre … is dit hulle skuld dat jy vanoggend weer vir iemand die vinger gewys het in die verkeer, of nie?

 

Baie mense leef by wat die sterre voorspel.  Ek moet sê, ek is een van die non-believers as dit by sterre voorspel en gypsy tannies met kristal-balle kom.

 

Wat ek wel glo, is hoe jou sterreteken jou persoonlikheid beïnvloed.  Dit is gewoonlik so spot on dat mens nie anders kan as om te lag nie!  Ingilsman was baie skepties hieroor tot ‘n vriendin van my ‘n ruk gelede haar sterreteken-boek by my vergeet het en uit nuuskierigheid slaan ek die ding oop.  Ek kom toe op die deel af wat beskryf hoe ek en Ingilsman (Leo en Virgo) oor die algemeen oor die weg kom ens.  Ai tog, ons het dit vreeslik geniet want dit was regtig so waar as parravet.  Nou kyk, die Leo/Virgo is volgens die boek glad nie die beste kombinasie nie, maar as al die haakplekkies uitgestryk is, kan jy met ‘n perfekte gelukkige Virgo man en ‘n purrrrrfekte gelukkige leeuwyfie sit.  Dit het ons ook agtergekom.  En as die leeuwyfie weer die lyding wil neem, dan trap die trotse Virgo man net so ‘n bietjie op haar stert en sy is weer ‘n baie sagte katjie, mits die Virgo man haar altyd soos ‘n koningin laat voel.

 

Wat dink julle aardlinge?

My kruis

 

 

Die storie kom nou met ‘n moerse draai, maar hou by my…

 

Kyk, ek wonder baie dae of my intelligensie vir my ‘n kruis of a gawe van bo is. 

Vra enige kind en hy sal jou onmiddellik sê hy wil slim wees.  Ek was ook so.  Nie oor ek nie goed in enigiets anders sou wou wees nie, maar eerder oor dit van kleins af in my kop geprent was.  Ek was twee maande te vroeg gebore en moes verbete baklei om aan die lewe te bly.  By geboorte was ek 897 gram.  Korter as die distansie tussen die vou in jou arm bo jou elmboog en jou gewrig (volgens my ma, en sy is van nature nog ‘n kort mens ook).  Die dokters het haar vertel dat ek, na die komplikasies met geboorte, ‘n 2% kans het om normaal te funksioneer.  Dan praat ons nog nie eers van intelligensie nie.

 

My ma het selfs harder as ek baklei.  Ek kon op 3 jarige ouderdom tel tot by honderd.  Lees soos ‘n agtjarige op 4.  Wiskunde doen (optel en aftrek, maal en deel) soos ‘n graad drie kind op 5.  Sy moes doners mooi please and explain by die skool toe hulle die tingerige laitie in die klas kry was nie net strate nie, maar suburbs voor die res van sy maters was.  In standerd 4 word ek genooi om een van 5 kinders in ‘n spesiale klas te wees wat goed geleer gaan word wat ander eers op universiteit sal leer (of verstaan).  Dit was glo ‘n eksperimentele klas…een wat die skool gehoop het dalk die onderwys op sy kop sou keer.  Ongelukkig vir hulle het te veel ander onderwysers geglo dit is nie goed vir ons nie en het toe die plug getrek.

 

Ek sien van nature goed raak wat bitter min mense met ‘n tweede of selfs vierde probeerslag sal raaksien.  Ek sal ‘n fliek sit en kyk en uit die bloute vir my vrou sê dat daai lok hare op daai vrou se voorkop nou net links gelê het, nou lê die doner regs.  En sy raak vies daaroor.  Maar ek kan nie help nie…dis hoe ek is.  So gemaak en so ge-laatstaan.

 

En dan kry ek myself wonder hoeveel ander mense soos ek daar buite is.  Ek wil weet hoeveel ander voel soms of hulle nie eerder hulle oë wil uithaal met ‘n hulle pinkies nie.  Want dan maak jy mos die speelveld vir ‘n slag gelyk.  Of gee my ‘n harde stamp teen die kop dat ek die driekwart van dit wat ek in staat toe is onmiddellik verleer / vergeet.  Bring my en iemand soos Rob Mugabe op par met mekaar…

WANT DIS WAARAGTIGWAAR DIE ENIGSTE DONERSE MANIER HOE EK OOIT DIE GEMORS IN ZIM SAL KAN REGVERDIG!!!

 

Ek sit telkemale en wonder hoe dit moet voel om chirurgie te ondergaan sonder verdowing.  Van daai soort waar jy, as die pasient, kan hoor hoe die boortjie deur jou skedel boor en dan die dowwe gevoel agter jou ore voel soos hulle met soortgelyk as ‘n breinaald aan die grys stoffies peuter.  Want as ek ooit so iets sou moes deurmaak sou ek mooi vra dat iemand asseblief tog net die naald dieper indruk en woel asof daar melkskommel gemaak word want dis al hoe ek daarna OOIT MBEKI SE STRONTPRAAT EN IDIOTIESE OPMERKINGS SAL KAN VERTEER!!!

 

Ek doen navorsing en vind dat daar sekere cheniese stowwe is wat mens kan drink om jouself dommer te maak.  Ek dink die wetenskaplike naam is alkohol, of so iets…het al vergeet.  Maar klaarblyklik werk dit wat Manto Shababalas se lewer het saam met haar verstand opgepak en getrek.

 

En vanaand klim ek weer in my kar, sit die radio aan en hoor hoe iemand wat alleen alleen ‘n verskiesing geloods en gewen het, met 85% van die stemme, homself ingesweer het.  En dan gaan die verdomde verstand weereens nie kan kleinkry hoe een mens nog nie daaraan geding het om iets so eenvoudig soos ‘n bullet deur daardie dop te jaag nie.  Maar dan weer, as die man op die straat nie sy wapens by Gun-mart op die Angolese kus kon koop nie, gaan tot daardie eenvoudige bullet omtrent 4 miljoen zim $ kos.  So raps meer as ‘n brood…

Update – KKeet

Thanks Bytjie

Hi al jul Hane en Henne, Ek wil net gou vir jul se hoe dit met Kkeet gaan ek het haar ma gebel Vrydag aand, sy sê dit gaan nog dieselfde met haar sy lê al 2 weke in icu, het nog net een keer haar oë oop gemaak, haar oë se wit is geel en sy lê met die suurstof aanmekaar sukkel met die asem, sy sê ek moet vir jul almal sê, dankie vir jul gebede.

Selfone! Hoe safe is dit rêrig?

doc1

Ouens.  As selfone dit kan doen dra ek nooit weer my foon in my broeksak nie.  Ek kan net imagine watse ruk-en-rol moves die spermpies gooi as ek ge-sms word.

Wat dink julle van die safety omtrent selfone?  Enige stories gehoor wat die moeite werd is om oor te vertel?

Oulike werfettertjie…

Niks nodig om te sê nie…die prentjie spreek boekdele.

Ekke

Another one (Bulls) bites the dust.

 

Eks mal oor rugby veral as die Bloubulle verloor, dit gee my sommer genoegdoening tot diep binne in my siel.Ek het dit geniet toe die WP Saterdag die klompie van Pretoria afgerantsel het.Ek onthou in 2006 na die finaal van die Super 14 nadat Habana die wendrie in beserings tyd gedruk het was hulle bekke vol, rugby is `n 80 minute game en nie 79 minute nie.Saterdag was hulle seker vir 75 minute voor , toe die magtige streeptuie hulle horings amputeer.Tits for tats. Naas (On the Otherhand) Botha het juis na afloop van die wedstryd gese  “But”. Hoekom se hulle altyd “Ja maar“. 

 

Verlede week het die media berig dat die Bulle toon diepte, na hul oorwinning teen my span die Leeus.My artikel se opskrif sou lui….”Leeus gee wedstyd op skinkbord vir Bulle” of  “Gebrek aan afronding/ondervinding kniehalter begeesterde Leeus”.Ek se mos eks 51% Leeu en 49% Cheetah. Wel eks enige iets as dit teen die Bulle is. Ek skreeu eerder vir Zimbabwe se derde rioolspan wat deur Robert Mugabe afgerig word, voordat ek die Bulle ondersteun.Hulle sal seker se ja MAAR  ons het al die Super 14 gewen, dis waar maar dis in die verlede tyd, dit is soos ek se `n blinde hoender pik ook `n mielie raak.Hulle het net liberties gevat toe die Crusaders nie al hul beste ingestoot het nie.

 

Of jy haat die Bulle of jy verafgod hulle, maar ek weet van niemand wat hulle as nommer twee keuse het nie.Hulle is swak verloorders, groot bekke, arrogant, vol van hulle self, fanaties en hulle is tipies die ouens met die kortbroeke , hoog-opgetrekte kouse met alluminium kam in Grashopperskoene, two-tone hemde en Nippertjie in die gatsak.

 

Ag wel…………….. eintlik like ek julle veral so ver as moontlik onder op die log.Bwa ha ha ha.

 

Dis my ode aan die Bulle.

 

Sonder Bakkies en Victor lyk die lynstane vir die Bulle maar eina. Ek was gister by ‘n braai (genooi oor een van die gaste nie nou die enigste WP ondersteuner daar kon wees nie…gmmmf).  Die res van die aand het ons twee seker gemaak die ouens hoor dit elke 5 minute.  Jammer oor jou Leeus gister Brein.  Maar verspeelde kanse maak dat mens verloor…Pagoda32

Hoe se mens regtig totsiens??

 

Hoe se mens regtig totsiens.Ek weet nie ek moes al twee maal my dogter groet op oorsese werks geleenthede maar albei was net tydelik en vir `n paar maande , maar nou moontlik permanent of dalk net vir vyf jaar.Fokkit die keer is dit anders, dis moeilik ek voel half leeg binne in my en voel selfs asof ek enige oomblik gaan uitbars in trane. 

Ek gaan haar mis, haar opgewektheid, haar beneuktheid, haar ongelooflike eerlikheid , en ja sy vat nie kak nie, haar stem , die woord Pa direk uit haar mond.Die woord pa , pappa of pappie soos net `n mens se  kind dit kan uitspreek is regtig die mooiste woord op die hele aarde vir my, dit sny diep in mens se hart.Dit laat my vol voel en dit gee betekenis aan my lewe. 

Ek gaan die geluid van jou kar mis as jy in die middae na werk huis toe kom, dan kon ek ontspan want my kind is ook veilig tuis ek gaan jou kuiertjies by my werk mis, die sushi, biltong en sommer enige lekker dinge wat jy gebring het mis, maar jou teenwoordigheid gaan ek bo alles mis.En jou beheptheid met klere koop dit voel al asof jy meer klere besit as wat Lady Di ooit gehad het, maar dis lekker en ek gun jou dit. 

Maandag die 30ste Junie vlieg jul Ierland toe jy en jou vriend.Soos die Prediker se daar is `n tyd vir alles en ook `n tyd vir groet, maar ek kan reeds nie wag vir die hallo groet nie die verwelkomings groet eendag nie.Soms voel dit asof ons mekaar nooit weer gaan sien nie.Maar ek weet ons sal. 

Ek wens ek kon die horlosie terug draai en al ons lekker tye oor he.Ek wens jy was nog klein, maar vandag is jy reeds `n vrou (21 jaar oud) en ek weet jys reg vir die wereld daar buite, jou prioritite is reg, jou gesindheid is reg en jy het `n sterk persoonlikheid. Gaan en maak `n sukses van dit.Eks baie , baie trots op jou.   

Chantal ek gaan jou mis. 

Liefde Pappa.

 

 

 

 

Die Werfetter

 

 

At long last weer 3G sein, haak Vrystaat Vodacom 3G is kak.

Dankie Pagoda.

Ek het gesien julle gesels oor werfetters, wel ek glo die goed bestaan, kyk bietjie na die pics en se wat dink julle nou.  Nou glo ek sommer ook Alliens bestaan!  Bwa ha ha ha.  

Die Brein se seine is gekruis

Brein se 3G, HSDPA, WAP, http, advanced wireless protocol, adsl, isdn, dial-up, ens…is moer toe.

Hy sukkel so bietjie om te chat hier maar vra my toe mooi om die goeie mense van Die Werf te laat weet hy check julle!  En sal later die tuig opneem sodra die internet sy streke laat staan.

 

😉

Bedelaars

Dis nogals snaaks hoe dit waaroor ons gesels en debatteer so in golwe kom en gaan.

Ons is nou al deur ‘n paar moontlike topics en elke keer voel dit asof alles so entjies inmekaar pas soos ‘n legkaart, sonder dat enigeen van ons ooit agter die skerms koukus oor wat die nuwe “buzzword” van die week gaan wees nie.

Ek het gisteraand, met my maandelikse inkopies, ‘n surrealistiese ondervinding gehad van “epidermiese proporsies” (sorry Oom Oubaas).

Ek, my vrou en my laitie (in sy prêm) staan met ons trollie by die vleisrak en ek bestudeer die kwaliteit van die wors.  Ek begin uit my maag lag want die ouens het ‘n moerse fout gemaak…2007 Championship Boerewors verkoop hulle vir R29.95 ‘n kilo.  En ek begin laai!

Skielik duik ‘n swart man skuins agter my op.  “Sorry sir, aaaaim verrrry haaaangry.  Some nyama (vleis)….aaai hêv onlee R5 sir…”  En die ou staan met ‘n pakkie swak gehalte wors in sy hande vir R15.00.  Ek dog toe…Kyk, die ou lyk afgerem.  Ek gaan nie vir hom sê hy praat kak nie, dalk is die ou rerig honger.  En ek steek die hand in die sak en ek staan R10 af.  En ek voel goed.  As die ou vir my vir ‘n poepol gevat het moet hy daarmee saamleef, nie ekkie.

My vrou kyk my so snaaks aan en ek begin giggel.  Sy’t amper niks gesien nie, maar kon nie glo ek, van alle mense, het vir ‘n bedelaar geld gegee nie (ek doen dit byna NOOIT).

Stroosbob, ‘n tweede wetter duik binne 20 sekondes na die ander ene weg is “Sorry sêr.  Aaaim hungry…” Die ou het nog nie eens kans gehad om klaar te praat nie toe gluur ek ie fokker aan met ‘n blik wat Lot se vrou van sout na marmer kon verander het.  Die ou draai op sy hakke om is daar weg met ‘n spoed.

Ek dog dis dit!  Aikona…Ek’s nog nie weg by die rakke nie en hier staan ta nommer drie!  “Sorry s…”

Kyk, sou die hemele my nie behoed nie!  Waaragtigwaar ‘n bedelaarsindikaat!  En ek voel hoe kook die bloed op in my nek… Ek’s een van daai, as jy met my praat en ek praat hard terug weet jy ek’s die moer in, maar daar kan nog met my gewerk word.  As ek stil raak en saggies ‘n paar woorde vir jou sê met swaarde wat my oge verlaat moet jy weet…maak dat jy weg kom.

Ta is teen die spoed van lig daar weg en dis die laaste wat ek van enigeen gesien het.  Dit het 4 “isles” gekos om my bloeddruk onder beheer te kry.   En NOOIT weer gee ek ENIGIETS NIE!  Tensy ek WEET dit gaan vir die saak waarvoor dit bedoel was.

Kan jy nou meer…’n sindikaat..berge val op my en heuwels bedek my…