As die skoen jou pas………..trek hom aan !!

Sommige dinge wat ek hier op die blog kwytraak is geinspireer deur die lewe self, soos ondervinding, mediaberigte, bloggers wat comments lewer en iets aanraak wat ek dink is goeie materiaal vir `n toekomstige posting, alledaagse gebeurtenisse, famillie , vriende , vyande en sommer fokken alles.

As mense my kontak en aanvat omdat ek kwansuis hulle doelbewus aanvat of beskuldig of sugestie toe pas, en jy vat dit persoonlik op en of jy voel skuldig oor enige , dan is dit ook maar daarna toe.Lees jy dalk jou naam in my postings?

Enige ooreenkoms of skuldgevoel wat dalk erens gewek word is bloot denkbeeldig en geeneen moet dit as persoonlik sien nie ek praat net in die algemeen.Net dit het my oe al aanskou en my ore al gehoor.

Skoene word in verskillende groottes vervaardig, en as jy voel `n sekere nommer pas jou …………trek hom aan.Ek verkoop nie skoene nie.

63 Responses

  1. 😆 ja-nee, dis soms erger as Jerry Springer. Het jy swart stewels, nommer 12 grote 😉

  2. Ek het my naam al in jou postings gelees….
    Ek sal die swart sandale bo regs neem, 😉

    😈

  3. Brein, ek like jou postings – partykeer tong in die kies, maar ek like dit. Ek sal die rooi hoë hakke vat dankie.

  4. Hehehe Brein, goed gesê.
    Ek is ook al iewers genoem maar ek dink nie ek was al ooit in jou posts genoem nie. Hoekom nie, he?? 🙂

    Ek is darem die eerste slakKakker so ek sal maar vir my ‘n paar croks vat – dankie!!

  5. Koekie jys dan so onskuldig hoe kan ek jou naam noem as jy op die lyn is?Nee man almal van julle is kwaai en dankie Linda.Maar ja miskien moet ek koekie bietjie garra met `n posting.

    Shit ek voel regtig vandag erg lus en los die blog, na aanleiding van mense wat gevolgtrekkings maak.Maar NEE GOOI DAAI FLIPPEN KLIPPE EKS GEPANTSER.

    Hastilla Vista.

  6. Aag toe brein jys mos so slim sê wies ek ,as jy nie reg kom nie vra vir Sherlock Homes wat nie eers n ou vrou kan uit sort nie,en as julle nie reg kom nie vra net en ek gee vir julle my naam ,addres en sommer sel nommer ook.

  7. Lallie, Miskien moet ek dit vir hulle gee.

    Ek het niks om weg te steek nie.En ek het niks om oor skaam te wees nie.Ek hou van spyker ek like vrouens ek was `n lekker moegoe jare terug, ek was `n Kind van die Here jare terug.Ek was in die gutters jare terug en nou dat ek bo is gun niemand dit vir my nie.

    Wat Lallie julle ookal van my verlede vertel glo alles dis waar ek gaan nie stry nie, maar die laaste ses (6) jaar het ek teen alle verwagtinge af van die vloer af opgestaan, aalmoese van die lewe , sukkel, verkeerde vriende en “regte” familie het ek agter my gelaat. Nou voel ek vry en ja 1000000000000 ja “Fuck the people i am the people.”

    Ek het ten minste geleef en ken alle dele van die lewe, die donkerkant die blinkkant, die sukkelkant en die oorwinningskant.Ek is nie bang nie gooi die modder en kak as jy wil. Ek weet waar kom ek vandaan ek weet waar ek tans is en ek weet waar ek heen gaan.

    Eks `n vark!!

  8. Brein…You got mail!

  9. Ek sal nie omgee vir daai onderste, regterkanste blou Nike’s nie. Het jy allie sizes?
    😆 Nee man, ten minste kom ons agter daar is nog siele met gewetes…ek dink ons moet eerder bekommer oor die wat jou NIE kontak nie…hehehe

  10. Lallie

    Ek verstaan nie wat jy probeer doen nie, maar jy karring nogals baie op dieselfde trant as RickyLouw. Hy spog mos ook latyd dat hy nie bang is om sy besonderhede te gee nie maar net soos die “ysters” wat hy na verwys wat nooit met iets na vore kom nie, het hy ook nog nooit enige inligting bekend gemaak nie.

    So die mense wat hy so gedurig aanvat is absoluut geensins anders as hy self nie, want by hom is daar ook net altyd ‘n gepraat en geen bewyse nie.

    So moenie net praat nie, haal uit en bewys jou stellings.

    Net so terloops, Brein is my vriend, ons ken mekaar persoonlik en Hy is nie ‘n ou voetsek nie, Hy is my maat.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😉

  11. NEE Brein, jy kannie blog los nie! Wie gaan ons dan op die slim pad hou? Daar’s mos net EEN brein.
    Viva BREIN en hmmm SHARKS!

  12. Hi WitRidder dankie, man ek voel sommer nou bad.
    Sal jou later bel.

    Demoerin dankie ook vir jou.

  13. Kom ons begin n maand terug toe brein my bel en sê ek moet op die derf ingaan.Groot was my verbasing om te sien dat baie negatiewe sê goed was direk of indirek gemik op my.Toe ek brein gisteraand konfronteer het by gestotter en bubbels gehap.Hy het nog nooit die die guts gehad om dit in my gesig vir my te sê nie.Die gutters waarvan hy praat ,ek is die een wat hom n paar maal daaruit gehaal het.Ek is die
    een wat vir hom en sy gesin bly plek kos, meubels en toe sommer n kar ook verniet gegee het.

    Maar toe ek die fontein se krane begin toedraai ,is ek en my gesin alles wat sleg is.Stank vir dank nê.
    Hoekom dink mense wanneer jy n suses van jou lewe maak is jy skelm en skuld jy hulle n lewe.
    GET YOUR OWN LIFE.
    My naam is Ernest Roberts
    My sel nr 0827878167
    My e-mail ernest@jcpsteel.co.za
    Pagoda ek hoop jy het die bols om dit nie te delete nie.

  14. Ek het geen rede om dit te delete nie. Jy’t niemand sleggese nie, jy’t jou punt gemaak.

    Ek weet nie wat jy probeer doen deur dinge bekend te maak op ‘n publieke domain wat eintlik niks met ander uit te waai het nie. As julle persoonlike konrak met mekaar het, hoekom dit nie weg van hier uitsorteer nie? Mmmm?

    Jy het eintlik net my gevoel oor Brein versterk. As jy op so ‘n publieke manier probeer Jannie Jammergat speel oor jy voel dat Brein jou in die verlede te na gekom het, dit terwyl jy dit “off air” kon uitsort, wonder ek eintlik of die hulp wat jy destyds aangebied het teen terme gekom het wat later nie meer aanvaarbaar was nie. Dalk wou jy om elke hoek en draai aan almal bekend maak dat JY die een is wat kos op hulle tafel sit…en “Kyk. Hy ry met ‘n kar wat ek hom gegee het!”…ek bespiegel Lallie, maar as jou karakter so onkreukbaar was, hoekom die dinge hier uiter?

    Brein, enigiemand wat enigsins anders oor jou gaan dink hierna moet a wakeup vang.

  15. Brein, ek ondersteun jou en stem steeds saam met jou

  16. Jannie jammergat se moer man ,gaan lees al sy postings en jy sal agterkom wie bejammer homself nou eintlik jy is eenoogig man,ek is nie die een wat eerste gal gebraak het oor kinders vriende en familie nie man.
    Maar soos ek die vorige keer gesê het jy is die een oogkoning onder die vier blindes.VLIEG MOER TOE
    EK IS KLAAR MET DIE KAK EN KINDEAGTIGE BLOG VAN JULLE.

  17. tjorts…moenie dat die deur jou gat raak klap op pad uit nie!

    Van:
    Eenoogkoning

  18. O…en net vir ingeval jy wel jou gesig weer hier wees, jy’t my nog nie verkeerd bewys omtrent my gevoel oor jou nie. Inteendeel…

  19. Sowat sewentien jaar terug dit is in 1991 het die domdrol my gehelp het , toe ek destyds sonder werk gesit het.Ons het vir sowat twee maande by hulle gebly totdat ek my eie plek kon bekostig.Destyds in 1993 net nadat hy sy werk gelos het, voordat hy op sy eie is wou hy selfmoord pleeg.Wie het hom daaruit gepraat toe hy `n depro geslaan het?

    Wie het hy gekontak elke keer as sy vrou haarself opgesluit het in `n toilet met `n 38 special om haarself die ewigheid in te blaas? Nie sy familie nie, my vrou moes op ten minste vier geleenthede haar lewe waag om haar om te gaan praat en die vuurwapen te gaan afneem?

    Jy het my wel bygestaan destyds maar geen van jou meubels of aalmoese het ooit in my huis gestaan nie.Finansieel het jy my wel bygestaan.En die destydse ou motor is ou nuus.

    Dit het jou laat dink jy kon met ons en ander kan doen wat jy wou , so al asof jy ons gekoop het en ons besit het.

    Daar is baie ander dinge wat ek ook kan noem. Maar ek sal dit eerder tussen ons uitsorteer.In 2001 het jy meer op jou high society class begin konsentreer en eerder in kringe met baie geld rond beweeg.

    Ek was uitgeskuif, maar ek het `n gap in meubels en hout gesien en maak sedertdien meer as R200 000.00 per jaar net met my sideline.Almal was jaloers dat ek ook iets in die lewe bereik het.En ja ek skuld niemand niks.Gun elke ou sy plesiertjie.Ek gun dit aan jou en aan almal daarbuite. Dis alles net suurdruiwe.

    Ek weet nie waar jy daaraankom dat ek enige postings of comments ooit op jou gemik het nie.Jy weet ek bel jou omtrent nooit ,ek sms jou nie ek mail jou nie, maar jy bel my, jy sms my en op die stadium is daar sowat 36 mail van jou in my inbox net die afgelope maand. Maar jy weet voor jou heilige siel daar is nie een mail van my in jou inbox nie.

    Ek voel oor niks absoluut niks skuldig nie, ek het die afgelope agt jaar bo my omstandighede uitgestyg, veral merkwaardig die laaste ses jaar.Ons was letterlik ses jaar laas in enige geselsskap bymekaar.
    Let bygones be bygones en face dit tog ons is almal beter daaraan toe.

    Maar steeds sal ek daar wees vir jou wanneer jy my nodig het ek sal jou altyd bystaan , altyd en jou nie nog dieper die grond intrap soos, daar met ons gedoen was nie.

    Ek is suksesvol.

  20. Ag dankiefokkie tog!

  21. En elke ou kan se wat hy wil hier…as hy wil gal braak oor vriende, familie, kinders, ens…laat hom dit doen. Dis sy reg. Maar sort julle kak weg van die blog af uit. Net oor jy ge”scorn” voel moet almal dit nou ontgeld.

    Verdwyn…siemsalabiem

  22. Eish, ek gaan gou my tjips, dip en ‘n dop uithaal, hier is ‘n show saam met my lunch. 😉

  23. Too late

    ….errrrr…

    Goeie antwoord Brein

  24. Hoe’s Paarl vandag Koek?

  25. Ek bedoel dat die ou baai gesê het. 😆

  26. Ek’s eintlik sad…ek dink daai comment van Brein sou hom bloedneus slaan…

  27. Ek haat dit as iemand vir jou iets doen en jou vir die res van jou lewe sy slaaf maak. Besef daardie mense dan nie hoe vinnig rolle omgeruil kan word nie?

    Lallie, jy het nog niks goeds gedoen as jy dit aanmekaar voor die ou se kop gooi nie.

    Brein, ek bewonder jou guts!!

  28. ekt alweer baie gemis dink ek moet minder werk en meer lees. Brein jy weet ons like jou blog stukke baie en dis nie nodig dat jy telkens tasse wil pak nie. Bly. die wat nie like nie, kan mos ma ry? dan nie. Baie bly jy is suksesvol. Ek lees gisteraand in Deuteronomium 12 vers 7 daar in die teenwoordigheid van die Here julle God moet julle en julle families saam eet en bly wees oor alles wat julle reggekry het deurdat die Here julle God julle voorspoedig gemaak het.
    Bly vir jou sukses Brein!

  29. Wat spesifiek betrekking het op die bogenoemde post.

    Jy kry twee soorte mense in die lewe wat ander help. Die een is die barmhartige Samaritaan, hulle help mense op enige denkbare manier en ongeag wat gebeur sal jy nooit ‘n woord daarvan by hulle self hoor nie. Hulle sal as jy by ander van dit hoor selfs sover gaan om dit te ontken en dan baie maklik vir jou die stelling aanhaal die regterhand moet nie weet wat die linkerhand doen nie.

    Dan kry jy die groot EK persoon. Ek het dit gedoen en EK het dat gedoen en EK was so nice met die een en EK het myself te na gekom in die proses om ander te help. Almal moet net weet wat EK gedoen het.

    Wel my beskeie opinie, as jy iemand help of nie, dis jou keuse, moenie dit in hul gesig bly gooi na die tyd nie. Elke een van ons gaan met genade deur die lewe, sommige se “geluk” laat hulle soms in situasies beland waar hulle moontlik nie self eers kon verhelp het of direk die oorsaak van is nie.

    Baie verloor hulle werk deur personeel vemindering, maar as jy na alles peobeer en nie op ‘n hoop gaan sit nie, dan haal ek my hoed vir jou af en wens jou alle voorspoed toe vir die toekoms want jy sal suksesvol wees.

    Brein sterkte, hou jou kop hoog en moenie dat ander jou aftrek waar jy nie hoort nie.

  30. Koud 🙂

  31. Brein, dis ook niks om oor skaam te wees nie. Ek en my ex het maande lank nie kos gehad om te eet nie en familie en vriende het vir ons kos gebring. Ander het ons gehelp met huispaaiemente. Dit alles maak van jou net ‘n beter mens.

    Koeksister, dis 35 grade in Petoorsdorp vandag! 😆

  32. sjoe 35 dan sal die Bulle darem seker Saterdag wen!
    Stem saam Knight. as jy help weet jou ander hand nie eers daarvan nie. die seën kry jy van Bo nie van die mense nie..

  33. Linda wanneer is die bloggino ini weskus?? of is dit gecancel…

  34. Jammer om julle fun te spoil, maar die onenigheid was op spit gedryf. Ek en swara het dit sommer oor die telefoon uitgesorteer.

    Peace wil be the password on this blog.

    Ok ek sal darem nog marrakas maak en dan kan julle my garra.

    No more Jerry Springer !!!!!!!!!!!

  35. Fok dankie tog.

    Was bang dat iemand more beskuldig gaan word van slaap met sy suster…of so iets. Of selfs dat iemand anders a cross dresser is…

    Maaaind you…het al my vrou se bra aangetrek…vir ‘n grap! Sy’t haarself amper natgepie!

  36. Die koue druk ons weer in ‘n blik hierso, maar ons geniet dit, een van die dae is dit weer 40 hier in die vallei, dan smile ons nie meer nie. 🙂

  37. Prok, dit sou mos saamgeval het met Steve se optrede hier in Oktober maar nadat SSSB toegemaak het, het die ding deur die mat geval, maar as julle wil kan ons ‘n plan maak.

  38. Ons het ook so 5 jr gelede ons groot huis verkoop `n baie kleiner huis gekoop om te oorleef, en daar was ook 1 persoon wat ons gehelp het om ons kar vir een maand te help betaal, ons het die geld terug gegee, maar moes altyd hoor hoe hy ons gehelp het, ai die mensdom.

  39. Bytjie maar wat saak maak is dat julle almal in die oe kan kyk en weet jy het jou deel gedoen om terug te betaal.Sterkte vir julle en mag die son helder oor julle skyn.

  40. Brein, as jy nie se jy vergewe my vir `n ander com. nie, gaan ek my polsies afvreet! Onthou, ek was onder die invloed van rugby.

    Shit! Famielie!

  41. yes Linda dink ons moet maar ‘n slag almal gesig wys ini weskus?? met of sonder Steve! Waar?

  42. Brein – so het ons almal maar al gesukkel. Net soos Bytjie en Annie het mense/familie ons ook al gehelp. Ons is darem weer op ‘n wenpad maar darem nooit is dit voor ons koppe gegooi nie. Ek het respek vir jou.

    Gelukkig is daar ‘n paar mense wat al in dieselfde situasie was as ek so niemand gaan snaaks dink as ek sê ons het al verskeie kere chuck gebraai nie….hehehe. 🙂

  43. Bytjie, het kleinkind al teruggekom?

  44. Sigeuner nee ek ken jou ook al by die tyd en as ek jou aanvat gaan ek nooit pap en kaiings by julle kry nie.Shit beloftes maak skuld.

    Koekie nee shit ek braai myself soms `n lekker stukkie chuck dis nie so droog soos steak nie.En natuurlik het dit redelik vet waarvan ek hou.

    Ouens ek gaan low profile wees tot so eenuur , sorry ek het nie `n posting geplaas nie ek is besig met `n info session wat ek vir suppliers by die werk gereel het.

    Hastilla Vista.

  45. Prok, die weskusdorpies is mos maar almal naby mekaar. Julle kan kies tussen Vredenburg, Jacobsbaai, Saldanha, Langebaan, Paternoster, Velddrift, Laaiplek of St Helenabaai.

  46. Annie, my kleinseun is weer terug by daardie skool, na my seun hul gevra het hoekom het hul hom nie laat weet E is weg nie, sal hulle mos sê: julle het hom die dag toe jul hom in die plek gesit het afgeskryf so wat worry jul nou maar elke vakansie gaan my seun hom haal dan is hy mos nie afgeskryf nie. wat nog van daardie kind gaan word weet nugter, ek bid maar elke dag.
    Koekie jy praat van chuck, ons het een ou jaaraand baber gebraai dis al wat ons gehad het.

  47. Moed hou Bytjie. Hy verras dalk nog julle almal. Baber! Eeeeeeeeeeeeeeeeeeeeek …..

  48. Proe seker pure modder , jeg!

    Sterkte Bytjie.

  49. Sjoe Bytjie..
    (‘n Mens dink altyd dit gaan sleg tot jy iemand anders se verhaal hoor.)

    Ek sê ook soos Annie, dalk verras hy julle nog. 😉

  50. Ek stem volkome saam brein vat sy hele familie in al sy postings persoonlik aan en dink hy moet ophou op voor te gee wat hy nie is nie en vir julle almal sy ware klere wys. Ja Ernest Roberts het die brein en sy gesin baie bygestaan in verskeie krisisse en voel dit is kleinlik van brein dat hy ons almal so aanvat. Ek persoonlik gee ook nie om dat dit nou geplaas word nie want ek wonder of my sussie bewus is van die brein se aksies. Ek is een van sy skoonsussies en ek het baie foute en die brein kan altyd vinger vir ander wys maar moet onthou daar wys baie terug. Ek staan by Lallie. Brein kry ‘n lewe en hou op om op die hopie te sit en salk omdat jy so vrek jaloers is!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  51. skies ek stem saam lallie nie saam brein nie.

  52. Goggie – Dit lyk nie vir my of Brein op ‘n hopie sit en sulk nie, inteendeel. Dit klink vir my, hy maak geld soos daskak.
    Ek wonder of dit nie gaan oor die feit dat die Brein en sy vrou eenkeer geweier het om na iemand se kinders om te sien nie. Nou word daar vir almal hier in swak smaak vertel hoe Brein swaar gekry het en karre vir hom gekoop is.
    Goggie – good for you as jy saam met Lallie staan.

  53. Sorry, vergeet om te sê – Ek staan saam met Brein.

  54. Sjoe, dat ek nou moet erken daar is ‘n brein iewerste!

    Linda, lekker om jou hier raak te lees!

    Maar Breintjie, ek het nogsteeds die looks 😆

  55. Goggie en Lallie

    Wat jy en Lallie albei vergeet is dat nie almal altyd saam stem met jou siening oor ‘n saak nie. As Brein dan van julle verskil het oor iets, gaan sorteer dit met hom uit in privaat, nie hier nie. Die is ‘n openbare forum en julle raak dalk net dinge kwyt wat meer skade as goed gaan doen.

    Ek lei af dat Lallie jou seker vertel het van die blog aangesien jy nou hier kommentaar lewer. Andersins sou jy dalk nie eers geweet het van wat hier gese is nie.

    In nie een van Brein se postings het hy ooit enige persoon se naam genoem nie. Lallie het self besluit om sy naam hier uit te blaker en jy het uit jou eie kom vertel dat jy sy vrou se suster en derhalwe dus sy skoonsuster is.

    Maak nie saak hoeveel keer jy iemand help in die lewe nie, dit bly jou besluit en dan hou jy dit nie teen hulle en na die tyd verkondig jy dit aan almal op die markplein nie.

    Ek se weer, ek ken Brein en sy vrou persoonlik en het al van hulle albei se familie persoonlik ontmoet, insluitende dan jou ouers ook. Jammer as julle nie oor die weg kom nie maar daar is baie ander wat wel met hulle vriende is en goed oor die weg kom.

    Op jou vraag, sy vrou weet wat hier gese word, sy kan lees en skryf. 😉 🙄

    Brein is nie sommer ‘n ou voetsek nie, HY IS MY MAAT.

    Groete

  56. Eish WhiteKnight, jy’t darem ‘n manier om alles so mooi op te som. 😉

    Brein – jy’t nice vriende(WK) – 🙂

  57. Haai julle Baber proe baie lekker, glad nie na modder nie. koeksister dit is moddervis wat na modder smaak of onderbek die ander naam, ons is baie lief om baber te eet net nie op oujaar nie, hie hie.

  58. Ag fokkietoggie Goggie ( W), nerens het ek name genoem nie.

    Ek en Lallie het die onenigheid uitgesort,Jou vinger waarmee jy tik baieeee los.

    Lekker aand.

  59. Sorry oor die (W) in die vorige posting Whiteknight
    ek doen `n posting oor jou.

  60. Damm ,ek weet ek het gesê ek is klaar met julle maar moet net sê daar was baie misverstande veral van my kant af rakende brein,ek moet erken ek het oorgereageer al was van daai postings van toepassing op my ,miskien het die skoen darem soooo bietjie gepas Eish!.Ek wil net op die blog vir brein persoonlik omverskoning vra.
    WhiteKnight vir jou wil ek net sê ek dink jy is n great pel vir brein hou dit so !Ek wil nie hê julle moet my like nie so julle kan nog steeds hel toe vlieg.

  61. Dis wat ons wil hoor Lallie. Solank as dinge uitgewerk is tussen jou en Brein is die saak “klopdissels” en shanana!

    Jy’t nie nodig om ‘n vreemdeling te wees nie, jy sal sien ons is meer as net ‘n Jannie Jammergat site hoor? 😆

  62. Goggie

    Niks persoonlik nie, maar ek het jou comments delete.
    Jy praat van die feit dat jy nie daarvan gehou het dat Brein familiestories op die blog bekend maak nie.

    My punt is dit:
    1 Hierdie is MY blog, en so ook die van die skrywers hier.
    2 Die skrywers, Brein inkluis, is hier omdat hulle goeie bydraes maak en kos vir nadenke gee.
    3 As jy so gegrief voel oor sy gedrag, kontak hom persoonlik en sorteer dit uit.
    4 As niemand hier kom karring het nie, het niemand geweet van wie daar gepraat was nie. Dit was en sal altyd sy reg wees om dit wat hom grief op skrif te stel. Dis waaroor “blogging” gaan. Dont like it? Don’t come back here…dis maklik.
    5 Dieselfde gedrag wat jy veroordeel maak jy jouself aan skuldig om die man tussen sy vriende te verkleineer…ek staan nie daarvoor nie. Sorteer dit met die man self uit….in persoon. Nie hier nie.

    Gert / Pagoda32

  63. Dankie Lallie ek erken ook my foute eks die laaste een om klippe te gooi.Mag jou span die jaar die curriebeker wen,!!!

Leave a reply to Anniegetyourgun Cancel reply