Jacques se eerste outing na die see!

Was nie baie impressed met die helder lig wat van die sand opwaarts weerkaats het nie, maar toe hy eers gewoond geraak het, HEITA!

Toe raak dit lekker met die voete in die sand!

20 Responses

  1. Pagoda dit is te “sweet” veral die eerste foto waar die toontjies sommer so in krul, sal dit nou wees van die sand wat hy voel so onder daardie voetjies? Wag dat hy begin loop dan gaan julle lekker fiks bly. So kleinding maak darem mens se lewe so vol, voel dit nie ook vir jou of alles om daardie mannetjie draai nie, ek sê mos as mens wakker word in die oggend en jy kyk in daardie gesiggie vas dan is jou hele dag sommer gemaak.

  2. Ek stem 100% met alles wat jy hierbo gesê het.

    Het gisteraand aan vriende wat self nou ‘n maand oue laitie het dat mens voor ‘n kind se opwagting altyd na jou honde of katte as jou “kinders” verwys, maar as die outjie eers daar is kan daai woeffers en kietters maar gaan pappa…niks kom naby ‘n mens sy eie nie!

  3. Ag dis te blerrie lekkerrrrr!! Mis sommer myne se “kleintyd”.

    Kom nou van ‘n krieket game af wat oudste gespeel het en dit voel of ek ‘n deur ”n trein getrap is. Ek’s moeg hoor en ek het net gesit en kyk en skree(inni son). Sjoe!

    Gaan nou eers ‘n lekker koue dingetjie nuttig. 😉

  4. Ag sweet!!!!, hy is te oulik 🙂 Lekker weer vandag in die Kaap!

  5. Ja die kleingoed se eerste keer by die see is nice my dogter was so drie toe sy die see die eerste keer sien en al wat sy kon se was ahhhh swembad, swembad. Wel hy gaan jou nog mal maak om strand toe te gaan.So raak geoond daaraan.

    Wens ek was ook daar.

  6. lol @ brein…nee ek sien die outjie gaan my sat maak mettertyd!

  7. Brein…jy’t mail in die volgende 5 minute

  8. Ek het ‘n foto van myself, toe ek ongeveer 3 jaar oud was. Die foto is geneem waar ek weghardloop van die see af, en dis net snot en trane.
    Ek wonder hoeveel keer moes ek “oor en oor” hardloop sodat daai foto geneem kon word….. hehe.

  9. Ek gaan dit nou lees.

  10. Ag jinne hys pragtig…nes sy ma. hiehiehiehiehiehie

  11. Opvreetmateriaal! Hy lyk vreeslik baie na jou Pagoda! Gaan ‘n klein Don Juan wees! Hoe verlang ek nou na die see!

  12. Die mannetjie het darem vinnig groot geword.

    Koekie, my twee het ook altwee skreeuende vir die see weggehardloop.

  13. Ja Linda, sjoe!

    Hy is nou amoer 7 maande oud en weeg ‘n raps meer as 10kg. Hy breek jou rug as jy vir so 30 minute met hom op die arm staan. En die wonderlikste is daai oomblikke wat jy deel met hom wanneer hy iets nuuts ontdek! En dit gebeur nou daagliks!

  14. Pagoda, geniet elke oomblik saam met hom want jy gaan DIT nooit weer in jou hele lewe ervaar nie al het jy 10 ander kinders.

  15. Oulik. Het hy nie die sand geeët nie?

  16. Pagoda, kleine Jacuqes is te pragtig. Geniet hom!!

    Ons gaan Oktober bietjie Margate toe, kan nie wag om te sien wat onse klein mannetjie gaan doen nie!

  17. Linda
    Ek hoor jou 😉

    Emil, Nee jong. Daarvoor het ma gesorg! Sodra daai pootjie met ‘n handvol seekrummels mond toe gaan word die rattle voor hom gehou en die sand is vergete!

    Zee
    Dit was vir my en mamma amper ‘n groter belewenis as vir hom. Geniet Margate…was nog nooit daar nie, maar het prentjies van Wildernis in my kop

  18. Kinders is maar ‘n seen. Om alles saam hulle te kan beleef soos dit vir hulle die eerste keer gebeur is maar net “priceless” Niks kan vergelyk met daai belewenis van saam hulle dinge ondek en doen nie.

    Die Prinsesse hol altyd die eerste keer weg vir die brander by die see, maar van die tweede keer af is hulle baie braaf dan moet Pa lewens redder speel.

    Geniet dit Pagoda en vertel maar vir Ma, as daar nog een is voer hulle mekaar sand en goggas en allerhande anner goed 😉

  19. Pagoda!

    Ek het mos gese daar is elke dag nuwe dinge! Sommiges is snaaks, ander raak jou hart (soos `n babatjie wat kwylmond slaap), ander wil jy oor en oor he en as hulle siek word, breek dit jou hart!

    Jimmil! Jacques is baie mooi! Dit lyk lekker pret daso op die strand! Die Ma lyk ook mooi.

    Goeie smaak…mooi kind…jy`s geseend!
    Hou ons op hoogte van Jacques se manewales en groei?

    Ps: Dis nou omtrent `n maand na die “sussie”- oefening. Was dit suksesvol?

Leave a comment