MITES EN FEITE OOR SLANGE.

Soos ek beloof het hier gaan ons alweer oor die pragtige misterieuse reptiele.Onthou ek het verlede week gese dat daar nie so iets soos `n ”slanggat” bestaan nie, geen slang sover ek kon lees of vasstel kan gate grou of uitvreet nie.Slange beset wel muis, rot, mol en meerkat gate.Hulle annekseer enige gat asook vlakvarkgate en miershope.

 

Om jouself teen slange te beserm , hou jou erf skoon , slange hou van bourommel,sinkplate, hout wat opgegaar word blare en tuinvullis wat opgehoop word asook ou motorwrakke en verwaarloosde plekke.Digte struike en bome .Voel en hoenderhokke is goeie lokaas asook tuinversierplekke soos damme of fonteine en druppende krane.

 

As jy `n slang in jou tuin gewaar moet jy dit veilig dophou en verwyder met lang toerusting soos `n lang stok , tuinvurk of hark. As jy nie weet hoe nie hou die reptiel in oog en laat iemand kom wat weet hoe om dit te doen, die laaste uitweg is om dit vrek te maak.In plekke waar slange volop is, is `n gaasdeur raadsaam voor huisdeure.

 

Slegs twee soorte slange in Suid Afrika kan spoeg dit is die Mosambiek spoegkobra  en die rinkhals.Julle het seker ook al gehoor dat slange hul gif van paddas af kry deur dit te lek , maar dis stront, slange is van nature giftig.Dis ook nie nodig om `n slang te brand nadat jy hom vrek gemaak het nie as hy doodgemaak is, is hy vrek. Die beste is as jy `n slang vrekmaak is om sy kop pap te slaan sodat sy bek geen bedreiging inhou nie.

 En die goed lewe nie weer na son-onder nie.

 

Ek ken`n swartman wat eendag sy honde teen `n boom sien opspring en blaf het in Marble Hall, hy het nader gestaan en `n swartmamba in die boom gesien.Hy het `n lang plaat gevat en die slang daarmee gegooi.Dit het veroorsaak dat hy die slang sowat dertig sentimeter agter die kop van sy lyf afgesny het, die reptiel was sowat drie meter lank en het op die grond geval en op die stukkie lyf agter sy kop rondgehop toe die honde hom aanval, vier van die vyf honde was raak gepik en  nie tien minute later nie toe le die vier brake sterwend met skuim om hul bekke op die grond en sowat vyftien minute nadat hulle gepik was , is almal vrek.Dis hoekom ek se, ek noem `n Swartmamba “OOM BAAS” want hy is jou baas en klaar.Die slang se gif is uiters potent en hy spuit groot dosisse op `n slag in jou in.Die slang is blink-grys van kleur en sy naam kry hy van die binnekant van sy bek wat swart is as hy dit oop maak wanneer hy bedreig voel.

 

Slange loop nie in pare rond nie, hulle is alleenlopers/jagters hulle kom net bymekaar om te paar.So as jy een vrek maak sal sy tjommie jou nie kom opsoek nie.Slange is nie nat of glibberig nie.Hulle skubbe blink wel en hulle kan koud voel.Vroeer vanjaar het ek op `n Rinkhals afgekom wat `n skurwe padda ingesluk het.Ek wou hom uit die pad verwyder toe ek nader stap het hy die padda uitgespoeg en weg geseil, die padda self het toe ook weg gespring. More of later vandag my laaste aflewering oor slange en dit is my noue ontkomings met die goed.

 

11 Responses

  1. Nee man, seker daarvan jy kan ‘n weeklikse post per slang doen! Begin by Suid-Afrika se giftigstes bv. Goeie stuk elk geval.

  2. Dankie demoerin.Ja ons kan probeer maar dit kan dalk `n afgesaagde topic raak.

  3. Ek liaak nie slange nie, finish en klaar!!

  4. Gelukkig kan ek die skip want net om daaraan te dink maak my vel kriewel

  5. Lekker artikel. Lyk my ek kan gereeld hier kom kuier.

  6. Heyta Dirkltjie
    Lekker om jou hier te sien! Kom loer weer in toe man!

  7. Dankie GROOT DIRK ons sal jou ook ondersteun.

  8. Hi Brein, baie interessante leesstof.
    Ek bang hom nog steeds baie!!

  9. Die brein, baie goeie stuk! Slange is bad, point, Hulle is lank dikkerig en glibberig, eks nie bang vir hulle nie maar ek gril my dood virie goed.

  10. Help ons het ‘n bruin huisslang in ons stoor! Hou dit ‘n gevaar in vir ons honde en kat?

  11. Ek het nou net n slang gevang en in n glas bottel toe gemaak ek maak nie diere sommer dood vir geen rede en sal net graag wil weet wat se soort slang dit is ek woon in die bosveld in KZN in Mpushini kan iemand my help dalk

Leave a reply to Koeksister Cancel reply