Another one (Bulls) bites the dust.

 

Eks mal oor rugby veral as die Bloubulle verloor, dit gee my sommer genoegdoening tot diep binne in my siel.Ek het dit geniet toe die WP Saterdag die klompie van Pretoria afgerantsel het.Ek onthou in 2006 na die finaal van die Super 14 nadat Habana die wendrie in beserings tyd gedruk het was hulle bekke vol, rugby is `n 80 minute game en nie 79 minute nie.Saterdag was hulle seker vir 75 minute voor , toe die magtige streeptuie hulle horings amputeer.Tits for tats. Naas (On the Otherhand) Botha het juis na afloop van die wedstryd gese  “But”. Hoekom se hulle altyd “Ja maar“. 

 

Verlede week het die media berig dat die Bulle toon diepte, na hul oorwinning teen my span die Leeus.My artikel se opskrif sou lui….”Leeus gee wedstyd op skinkbord vir Bulle” of  “Gebrek aan afronding/ondervinding kniehalter begeesterde Leeus”.Ek se mos eks 51% Leeu en 49% Cheetah. Wel eks enige iets as dit teen die Bulle is. Ek skreeu eerder vir Zimbabwe se derde rioolspan wat deur Robert Mugabe afgerig word, voordat ek die Bulle ondersteun.Hulle sal seker se ja MAAR  ons het al die Super 14 gewen, dis waar maar dis in die verlede tyd, dit is soos ek se `n blinde hoender pik ook `n mielie raak.Hulle het net liberties gevat toe die Crusaders nie al hul beste ingestoot het nie.

 

Of jy haat die Bulle of jy verafgod hulle, maar ek weet van niemand wat hulle as nommer twee keuse het nie.Hulle is swak verloorders, groot bekke, arrogant, vol van hulle self, fanaties en hulle is tipies die ouens met die kortbroeke , hoog-opgetrekte kouse met alluminium kam in Grashopperskoene, two-tone hemde en Nippertjie in die gatsak.

 

Ag wel…………….. eintlik like ek julle veral so ver as moontlik onder op die log.Bwa ha ha ha.

 

Dis my ode aan die Bulle.

 

Sonder Bakkies en Victor lyk die lynstane vir die Bulle maar eina. Ek was gister by ‘n braai (genooi oor een van die gaste nie nou die enigste WP ondersteuner daar kon wees nie…gmmmf).  Die res van die aand het ons twee seker gemaak die ouens hoor dit elke 5 minute.  Jammer oor jou Leeus gister Brein.  Maar verspeelde kanse maak dat mens verloor…Pagoda32

Hoe se mens regtig totsiens??

 

Hoe se mens regtig totsiens.Ek weet nie ek moes al twee maal my dogter groet op oorsese werks geleenthede maar albei was net tydelik en vir `n paar maande , maar nou moontlik permanent of dalk net vir vyf jaar.Fokkit die keer is dit anders, dis moeilik ek voel half leeg binne in my en voel selfs asof ek enige oomblik gaan uitbars in trane. 

Ek gaan haar mis, haar opgewektheid, haar beneuktheid, haar ongelooflike eerlikheid , en ja sy vat nie kak nie, haar stem , die woord Pa direk uit haar mond.Die woord pa , pappa of pappie soos net `n mens se  kind dit kan uitspreek is regtig die mooiste woord op die hele aarde vir my, dit sny diep in mens se hart.Dit laat my vol voel en dit gee betekenis aan my lewe. 

Ek gaan die geluid van jou kar mis as jy in die middae na werk huis toe kom, dan kon ek ontspan want my kind is ook veilig tuis ek gaan jou kuiertjies by my werk mis, die sushi, biltong en sommer enige lekker dinge wat jy gebring het mis, maar jou teenwoordigheid gaan ek bo alles mis.En jou beheptheid met klere koop dit voel al asof jy meer klere besit as wat Lady Di ooit gehad het, maar dis lekker en ek gun jou dit. 

Maandag die 30ste Junie vlieg jul Ierland toe jy en jou vriend.Soos die Prediker se daar is `n tyd vir alles en ook `n tyd vir groet, maar ek kan reeds nie wag vir die hallo groet nie die verwelkomings groet eendag nie.Soms voel dit asof ons mekaar nooit weer gaan sien nie.Maar ek weet ons sal. 

Ek wens ek kon die horlosie terug draai en al ons lekker tye oor he.Ek wens jy was nog klein, maar vandag is jy reeds `n vrou (21 jaar oud) en ek weet jys reg vir die wereld daar buite, jou prioritite is reg, jou gesindheid is reg en jy het `n sterk persoonlikheid. Gaan en maak `n sukses van dit.Eks baie , baie trots op jou.   

Chantal ek gaan jou mis. 

Liefde Pappa.