Sal in touch wees – via Nokia! LMGA!!

Ek sal die naweek my my blog fix kry deur middle van my foon.  Nou net getoets en ek moet sê dat Opera nogals ‘n nice jobbie doen met die laai en render van WordPress.

Check julle so sporadies.  Aan ons authors, laat waai met die stories.  Sal gereeld inloer en die posts OK!

Voorspoed…see you when I see you! LOL!

KKeet. Word gou gesond en ons gebede is met jou!

Los seblief ‘n nice boodskappie vir KKeet.  Dit het sopas onder ons aandag gekom dat daar probleme is met die gesondheid en dat al ons gebede dalk kan help!

Geskiedenis

 

 

DIE VERHAAL VAN CAPTAIN MORGAN

 

 

Lank, lank gelede het die bekende skiprower CAPTAIN MORGAN in CAPE VELVET aangeland. Hy hêt weggekruip in die omgewing van die plaas SIMONSIG van Koos Wye Voete (KWV) saam met sy OLD BROWN SHERRY, TEQUILA. Hy, sy trawante en getroue handlanger DOM PEDRO, was berugte mense.

 

Hy was ge-BLACK LABEL en die wêreld hêt vir hom begin warm word. Toe die BELLS lui moes hy vinnig ‘n plan maak. Hy wou eers WINDHOEK toe vlug met sy WHITE HORSE, maar hy hêt te veel gesukkel met DRAMBUIE. Hy besluit toe maar om met sy THREE SHIPS, CAPE-TO-RIO te vaar.

 

Na ‘n lang reis het hy daar gestrand op ‘n ROCK SHANDY kus, waar hy die netjiese kêrel JOHNNY WALKER met sy peleton ontmoet hêt, wat toe besluit hêt om hom na die koning te vat. Hy hêt hom toe deur die SWARTLAND begelei. Net anderkant die KLIPDRIFT bespring Jackals & Bolf (J&B) hulle toe, wat DOM PEDRO sommer vinnig vankant gemaak hêt voor die res iets agter gekom hêt. Twee dae later was hulle by die buitekwartiere van die CASTLE waar die koning CHEVAS REGAL en sy vrou, SOUTHERN COMFORT (en haar diensmeisie KHALUA) gewoon hêt.

 

CAPTAIN MORGAN hêt natuurlik dadelik begin rondsnuffel, want hy hêt gehoor dat daar SPICED GOLD, HUNTERS GOLD en ‘n COLD DUCK (wat goue eiers gelê hêt) iewerste weggesteek was. Toe die koning dit uitvind was hy hoogs die AMARULA in. Hy kry toe sy OUDEMEESTER in wat aanbeveel dat hy die SQUADRON moet ontplooi.

 

Maar intussen hêt CAPTAIN MORGAN en sy manne al om die CASTLE begin loop, op soek na ‘n inkomplêk. Met hulle sewende rondte blaas hulle op hulle 100 PIPERS en daar val die hele JEREPICO inmekaar. Maar die SQUADRON was reg vir hulle en het met BLOU SAMBUCAS onder hulle ingeklim en hulle ge-MAMPOER en geMARTELL dat die WITBLITZe so staan.

 

Die koning hêt genoeg gehad van CAPTAIN MORGAN. Hy hêt hom toe op sy vinnige skip MAINSTAY (wat baie PUSHKIN nodig gehad hêt om hom uit die hawe te kry) gesit en terug gestuur na waar hy oorspronklik vandaan gekom hêt:

5 th AVENUE; JOHANNESBERGER.

 

MAKE-OVER, MAKE-UP OVER, NUWE BEGIN

Ek het gese ek sal julle vertel van my foto.  Hier is die lang en kort van dit.  Twee jaar terug was ek absoluut op ‘n laagte punt van my lewe.  Als het gevoel dit duiwel ineen en ek het besef ek moet iets doen om ten eerste myself te red en tweedens iets te doen om my selfbeeld te verbeter.  Op daai stadium is ek net deur egskeiding, bly inne dorp waar ek bykans niemand ken, behalwe my “sussie” (vir wie ek oneindig baie dankbaar is en haar met my lewe sal beskerm, want sy is die beste mens ooit) en haar familie.  Ek het ook net deurgekom deur amper 4 jaar se invitro behandeling (f@k 50kgs opgetel met allie pille en inspuitings) en ‘n nood-histerektomie (topic beslis vir ‘n ander dag).  Ek het toe nou mooi al die gewig plus verloor.

Elke dag het ek verby die bord gery van die foto plek wat vreeslik mooi gelyk het.  Toe besluit ek dis wat ek moet doen en dis wat ek nodig het.  Afspraak gemaak en gegaan.

Daar aangekom vroeg al 8 uur die oggend.  Jeez watte treat.  Make-up opgesit, hare gedoen, naels gedoen, klere aangetrek.  Die fotograaf was ‘n vrou, baie gaaf en eks seker sy kon sien ek was helse nervous.  Ek het toe duidelik gese ek maak nie goeie pics nie.

Dammit groot was die verbasing na die eerste foto en sy my wys.  Ek kon nie glo was ek nie.  Daai sessie het aangehou vir seker 6 ure.  Paar gewaagde fotos ook gewaag.  Nee nee nie nakend nie, net sexy.  Die vrou het oor die 80 fotos van my geneem. Ek het so spesiaal gevoel en hull het als in hulle vermoeens gedoen om my so te laat voel.

Vandag weet ek dit was die beste ding wat ek ooit vir MYSELF kon doen en is geen oomblik ooit spyt nie.  My selfbeeld het ‘n ongelooflike hupstoot gekry.  Ek voel goed omtrent myself en die lewe.  En toe begin “life at 40”.

Ek kan dit aanbeveel vir enige vrou, hetsy jy oppe laagtepunt is of nie.

 

Ek en my ouers die naweek…

Ek sien my ouers maar min.  En dis sad, ek weet.  Ongelukkig is my hele familie van die sort wat mekaar maar min sien.

 

Albei my ouers was gebore in groot families.  Die soort waar jy eendag wakker word en jou siblings moet tel.  My ma was een van 13 en my pa een van 12.  So met 23 direkte ooms en tannies kan mens in elk geval vergeef word as jy nie almal se name ken op begrafnisse nie, want face dit nou maar, al wanneer mens rerig kontak maak met so baie familielede is wanneer iemand dood.

 

So, met beide my ma en pa wat kom uit astronomiese families is daar van kleins af deur my opgetel hoe die dinamika in familie werk.  Jy word groot, verlaat die huis en doen jou eie ding.  Ongelukkig is die dinamika wat jy aangeleer het meer tuis in die huise van groot families en mag mens eendag op 30 jarige ouderdom agterkom dat jy erens iets gemis het.  Dis asof iets skort in jou psige.  Maar die blaam vir dit wat jy gemis het vind jy soms maar moeilik in jouself.

 

Ek is maar een van twee kinders (jonger suster) en selfs vir haar sien ek min omdat ek so “geleer” was.

 

Die ander groot verduideliking wat ek aan kan dink is die feit dat my suster van kleins af die lewe op ‘n skinkbord aan haar voete gehad het.  En ek was ‘n pak slae gegee as my rapport nie ten minste 4 A simbole gehad het nie.  Ouers besef dit soms nie, maar kinders is sponse.  En ek bedoel nie net dat jy jou woorde moet tel as jy nie wil he jou kind moet lelik praat nie.  Ek dink dieper as dit.  Ek dink aan daardie dag wat ‘n jong 11 jarige besef dat dit eintlik maar net hy teen die wereld is.

 

Anyway

 

Die uiteinde van die saak is dat ek nou al vir baie jare my eie ding doen en niks en niemand enigiets vra nie.  Nie eers my ouers nie.  Maar tog, elke keer as ek daar kom is dit asof die wereld van my skouers val en jy jou “guard” kan laat sak, al is dit net vir ‘n dag of twee.

 

Sedert 25 Augustus laas jaar het ek my ouers 2 keer gesien.  My troudag (25/08/07) en drie weke na my laitie se geboorte (middle Maart) vir ‘n dag elke keer.  My vrou kan nie aldag verstaan hoe dit moontlik is om vir so lank sonder jou ouers te gaan nie, want sy is ten minste 3 keer per week by hare vir ‘n kuiertjie.  Dit help natuurlik as jou ouers nie ‘n petroltenk ver bly nie.  En dis dan dat ek die lyne trek tussen my verhouding met die familie en die van my ouers met hulle s’n.  En ek sê dan maar net “My familie is onder my dak…”

 

Dan loop ek weg en gaan lek weer die oopgekrapte wonde.

 

Die naweek gaan my ouers kwaliteit tyd met my laitie spandeer, of hulle nou wil of nie.  Ek vertrek 15:00 en kom Sondag laat terug.  En ek weet ek sal in alle waarskeinlikheid dit weer geniet om daar te wees vir ‘n dag of wat.  Maar Sondagaand sale ek oudergewoonte weer in my eie bed kruip en dankbaar wees ek kyk na myself en my oë toemaak met die pynlike wete dat 1000 “jammers” nooit genoeg sal wees vir ‘n kind nie…en dan rustig slaap met die visie van my seun se blou peepers in my drome.

Duiwelstrepies

More Almal.

 

Dis nou een ergerlike swakheid van my.  Dis soos om ‘n groot sjokolade voor my te sit en te se jy mag nie vir ‘n jaar daaraan vat nie.  Ek sal dood. 

 

Ek kan net eenvoudig nie die versoeking weerstaan om gek te skeer met iemand nie.  Ek sien net so klein liggie vanne “gap” en ek vat hom.  Mense was al vir dae lank kwaad vir my oor die bleddie duiwelstrepies, maar hoe keer mens dit as dit deel van jou menswees is.

 

Dis soos om nie te lag as daar iets snaaks gebeur nie.  Ek se nogals altyd my sin vir humor is vreeslik verwronge.  Dinge wat mense nie altyd snaaks vind nie, is vir my so snaaks dat ek elke keer daaroor sal lag as ek dit sien.  Dis soos die een advertensie van Uno.  Ek het op daardie stadium ‘n Uno Mia gery so viooltjie kleur.  My eerste NUWE kar.  En was ek erg oor die karretjie.  Anyways ek dwaal nou weer af.  Daar was mos die advertensie op die tv, waar die uno stop by die stop straat, dan kom die fietsryer en hy sit sy hand op die kar.  Twee keer gebeur dit en die bestuurder is sommer lekker de moer in.  Derde keer en toe die ou dink hy sit sy hand neer, toe “reverse” die uno en die fietsryer land op sy gat.  Elke keer as ek dit gesien het, dan skree ek soos ek lag.  Baie menses al dink dis wreed, maar ek dink weer nie so nie.  Die fietsryer hette bleddie cheek sou ek se.  En dan die vodacom advertensies.  Dammit hulle is goed.  Ek wonner wie dink dit uit.

 

Dis soos om vir iemand te lag wat val.  Hoe de hel moet ek dit help?  Dis mos snaaks as iemand val, veral van iets af.  Ek weet mense kan seer kry, maar dammit daars niks snaakser as iemand oppie grond rondkruip as hy of sy probeer keer om te val nie.  Weird eish.

 

Dan my anner groot ding is iemand wat hakkel.  O donner ek draai eerder om en loop want ek kan net eenvoudig nie help nie.  Ek weet is nie reg nie, maar eish eish eish.

 

Nout ek myself helemal vergat en dalk nog mense de wetter in gemaak.  Alweer. Hehehehehehehhe.