Sigeuner sê – Aflewering 1 (van 3)

Ek sal oor die volgende drie dae Sigeuner se insetsels hier plaas! Dit val so lekker oppie oge!

 

Was hierdie afgelope 5 weke hectic!  Skoonma-hulle wat Kaap toe gat.  My kinders wat altwee bosluisbyt-koors kry.  Gelukkig nie tesaam nie…of ongelukkig?  Jis!  Dit was koors wat erger as kookpunt was, nie eet nie,  `n gekots wat skrik vir niks en heelnag wakker bly saam met `n kind.  Te bang daar gebeur iets as jy `n oog toemaak.  Eers was dit Kleintjie, met die swart bytplek reg agter haar linker-oor.  Dokter toe na die koors begin toeslaan het.  3 Dae daarna byt NOG `n bliksim haar net bokant die ou bytplek.  Gelukkig was sy nog op anti-biotika. (al haat ek die goed!)

Ek het gevrees toe First-born begin kla van kopseer en verkoue.  Wragtag!  Daar sit een monster van `n bontpoot-bosluis reg agter haar linker-oor!  Kan jy jou voorstel?  Die een doen wat die ander doen?  Al is dit nou net om dieselfde bytplek te kry?  Tweeling-goed?

 Hierdie First-born kind van my is mos allergies vir anti-biotika!  Dokter toe en na ellelange vrae en ondersoeke en navrae, kry hulle toe hierdie antwoord:  Daar is NET 2 biotika`s vir bosluis-koors in S.A.  Die een is toevallig ook vir mense wat anti-biotika-intollerant is.  Whalla!  Toe kry ons darem my kind gesond, anders moes sy onder `n pediater se sorg in `n hospitaal gaan lê het, met drips en alles aan.  Net vir INCASE… gee dr. Watsenaam liewers maar donnerse duur Histamine saam, AS die kind dalk `n reaksie op die medisyne sou hê. 

 Ons bly in 2 huise oppi plaas en terwyl skoonma-hulle weg is, pas ons hulle huis op.  Toe kom Skoonma-hulle mos terug.  My kinders is uiteindelik gesond!  Ek was omtrent vir 2 weke net in die huis vasgekuister a.g.v. die kinnirs dokter en gesond bid.  Ek maak die lekkerste potjie-kos al van vroegdag af, net uit dankbaarheid om weer son te sien, julle weet…om buite te wees!  Ek voel soos `n kind en wil net rondomtalie en dans bo-oor die gras!  Alles lyk so groen en mooi!!

 Ek gaan kyk eers of my vetplante dit gemaak het sonder water vir 2 weke lank.  Die versameling staan in `n gangetjie van 1.5m x 10m.  Ek skuif bakke reg en tel van die klein bakkies onder op die stene op en sit dit bo-op die houtrak.  Skuif van die groter potte ondertoe.  Ek trek so groot pot vol kompos nader en vul van die bakke op, waar van die plant- wortels  uitsteek. 

 Ek fluit en sing en is so happy soos krismis 30 jaar terug!  En DAAR sien ek hierdie mooiste-ooiste blom in jarre!  Ek vat daai pot net daar en hol soos `n olimpiese atleet huis toe om vir almal die wonderwerk te gaan wys.  Ek los die blom-pot daar, sodat almal dit die hele dag lank kan bewonder.  Terug by die gangetjie en my plante wat dringend aandag verg… My Engel skud net haar kop in ongeloof/geloof?  Sy HET my daar probeer weglok met die plant wat ek moes gaan offshow en wragtag!  Ek gaan maar net weer terug! 

 Ek werk al te lekker so tussen my pragtige kaktusse en die hele wêreld voel vir my soos die paradys!  Maar ons is natuurlik al 2008 N.C. 

‘n Blêrrie rooimier byt my aan my toon net toe ek altwee hande vol het met bakke en ek smeer sommer my voet so skuins oor die bakstene om van dit onslae te raak, maar die ding SIT!  Ek dog toe NEE jimmil, dis dalk `n spinnekop wat so seer byt dat dit soos `n kooltjie vuur brand!  Ek kyk toe af!!!!!! En daar staan hierdie euwel van `n Rinkhals-satan vir my en kyk!  So 15cm van my kuit af!  Sy kop gelig  30cm van die grond af en net reg om te pik!  Toe ek wegspring, gil en amper in my broek kak, pik daai ding net mis!  My water breek… 

Ek is `n tree van hom af en net vir veiligheidsonthalwe hardloop ek tot op die punt van die gangetjie.  Die paradys-euwel gaan lê toe plat op die grond en seil terug waar hy vandaan kom (Nie Eden toe nie!)  Dit terwyl ek nog steeds een strook aanmekaar gil en gil en gil en gil, dat die ondergrondse water spuitfonteine maak! 

Niemand hoor my nie, niemand help my nie!  Ek probeer harder gil, maar dit klink asof ek probeer jodel, terwyl iemand my verwurg!  SLANG!!  SLANG!! Slaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaang!  Ok?? Enige iemand??  Slang??  Slangetjie???  Ok!  Julle almal se moer ok! Die slang se moer ok, die paradys s`n, sondeval s`n en my stem wat klink of dit breek s`n ok!  Alles se moer…ekke is kwaad en wil net iets moerland toe skiet!

Ek hardloop huis toe om die haelgeweer te gaan haal.  Ek is so kwaad dat daai oerknal-duiwel my so skrik gemaak het, dat ek hom amper met my eie kaal handjies wil vermoor, die bybil sê ytdriklik, ek moet hom die kop vermorsel …maar ek waag liewers nie kanse nie…netnou het hy ok bybil gelees… 

Ek gil en skreeu nog aanmekaar, toe ek die huis inhardloop.  Skoonma is op die foon, buite werking wat hulp betref…(sy, nie die foon nie!) ek harloop daai trappe 3/3 op!  My asem juig, ek jodel, my hande bewe, maar ek kry daai shotgun uit die kluis.  Skoonpa word wakker van die kluis se deur wat so raas, Boetie-Pieter, wat op sy bed gelê het en gedink het ek speel net met die kinders, kom toe agter dis geen speletjie nie en spring op! 

Ek hyg in kort stacatto sinne waddie storie is…almal hardloop voor my uit na die slang-kaskenades toe.  Ek wil net almal uit die pad uit hê en as ek net `n blêrrie koël gehaat het, was almal voor my in groot gevaar!  Ek hardloop toe maar agterna, net om daar te kom en die addergebroedsel is WEG!  Ons soek `n halfuur aanmekaar, maar Rinkhals bly net weg! 

Intussen het `n dosyn varke uit die hokke gekom.  Liefie en die honde probeer die goed terug kry.  Ons ander stap terug huis toe.  Ek met die haelgeweer, sonder patrone.  Ek sit die haelgeweer op die kombuiskas neer en wil uitgaan om met die varke te gaan help.  Toe ek by die deur kom, dink ek, wat de hel!  Ek gaan mos te bang wees om weer in daai gangetjie te werk! 

Ek vat die haelgeweer, gaan haal eers patrone by ons huis, gryp so in die loop `n lekker lang 38 x 38 plank.  By die gangetjie sit ek eers die haelgeweer en patrone neer en vat die hout.  Ek begin by die kruie-tuin en rand al wat `n plant is aan… ek moer so hard as wat ek kan tussen die plante in!  Blare, takke en grond spat in alle rigtings!    Jy ruik net Katjiepierring,Tiemie en Roosmaryn…NIKS!  Ek begin op die punt van die gangetjie.  Eers slat ek teen die ysterpote van die stands dat die hele plek dreun en bewe (my broek ook!)!  NIKS!  Daar steek so lang stuk plastiekpyp deur die kombuis se muur tot in die wasbak-kas in.  Ek ruk die kombuisdeur oop, ruk die kombuiskas oop! NIKS!  Pieter en die kinders staan by die lekkerruik-feetjie boom en hou my dop.  Wil liewer nie weet wat hulle van my mal aanval op onsigbare slang dink nie?  Lag seker in feetjie-taal. 

Ek begin toe pot vir pot met die hout omslat!  Ek gee nie om wat alles in die slag bly.  Die 7 de pot en DAAR!  styf teen die muur lê Eva se verleier!  Doodstil! Sonnir appel…ek wil eers vra:”Hey, scaly, jy sceme dissie Eden hierrie?”, maar ek gil weer dat die kranse in die Kaap, waar my ouma kaalvoet oorgeloop het antwoord gee:  Ek het hom!  Ek het hom!  Eureka, die slang! 

Pieter hardloop nader!  Ek wys hom die  satan se maaksel!  Pieter hou hom dop, terwyl ek vir Liefie by die varkhok gaan haal (met `n moerse roggelende ge-jodel!)  Liefie laai die haelgeweer, staan saggies nader en KABOEM!!  Vier van my potplant-bakkies moerland toe!  Die slang dink nog hy sis, toe is hy ook middeldeur!  Maar o jimmil!  Die bek maak nog so oop en toe asof die simpel ding dink hy gaan `n appel aan my ook afsmeer!  Liefie laai `n bokhael-koeël en skiet daai gapende kop van die slang reg van sy halwe lyfie af!  Die slang sal nooit weer iemand aan die jodel kry nie!  Gelowige bliksim!  Wil my aan my hakskeen byt? 

Die ding was net so oor 1.2m lank en 2 besemstokke dik! 

As jy mooi luister sal jy nou-nog die bloekombome onder op die plaas hoor dreun.  Ek het regtig so hard gegil en geskreeu soos nog nooit tevore in my lewe nie.  Dit het vir dae aaneen gevoel of ek kwaadaardige laryngitis en permanente uitgehaalde-mangelskade onder lede het.  Die arme slang HET seker groter as ek geskrik toe ek so gil, miskien moes ek hom maar gehou het om die rotte te eet wat so aan my vetplante kou in die Winter?

58 Responses

  1. Hi Sigeuner. Jis, ek het nou lekker gelag. Jy het sommer my dag gemaak met hierdie lekker post. Shit Sig maar dit kon ‘n lelike nadraai gehad het. Jy’s lucky. Bly om te hoor die kiddies is darem gesond. Geniet jou dag en die sonskyn!!

  2. fanf@okkentasties!!!!

    kan nie wag vir die volgende 2 aflewerings nie. 🙂

  3. Ek het al gesien jy is flippen skerp soos `n minora blade, met jou kwinkslaeEk weet nie eers hoe jy lyk nie, maar ek het jou en sommer alles in my geestes oe gesien.En hoe jy jou beentjie stompies hardloop. Arme hakskeenbyter moes met sy lewe boet.

    Just call DIe BREIN he wil get rid of those unwanted serpents.

    Nee eerlik dis baie boeiend oorvertel en sterkte met die kinders en die bontpote.

  4. Skree dat jy jodel? LMGA!

    Ek moes dit hoor, vadertjie heiland tog…

  5. HALLO JULLE!!!! AI ek lewe nog, Sigeuner ai bly om jou weer raak te loop, Ek wou nog bedank vir my kristal lepel, ek het dit in die pos ontvang ons sal dit seker maar hier moet gebruik of hoe?
    Phibbie hoe gaan dit, Ek werk nou meer in Pta en het nog nie internet daar nie, hoop hulle stel dit gou reg.

  6. Hi Parkes. Gaan goed dankie so tussen deur allie stres etc.

    Ons gee sommer bottels hier hehehehehe

  7. Phibbie na al die k@k wat ek gehad het al sover het ek n bottel nodig

  8. Phibbs – ek dink ek het ook ‘n bottel nodig vandag asb. Is die aerie al oor?

    Hi Parkes – watse k@k?

  9. Ek het nie ‘n bottel nodig nie, maar sal nooit ‘n geleentheid laat verbygaan nie, so ek staan ook bakhand.

    Parkes, wat is fout jong??

  10. Sig: Briljant briljant briljant.

    Man ek deel sommer kaste drank uit op brein se rekening vandag so gestress is ek al. Parkes: ek gee jou sommer 2 kaste. hehehehehhe

  11. Phibbie jy weet mos die hi-jack, die boom wat gebrand het, ons swembad het toe ook sommer gekraak van die weerlig slag. Ai en daai langnaweek wat ons moes kortknip (dood in familie) en die belangrikste die Workmans Comp wat so treurig is met my man se uitbetaling, Man ek wil Carte Blanche toe gaan met dit,

  12. Op brein se rekening? Nou moet ons groot gaan girls..hehehe. Tjorts julle.

  13. Parkes – ek dink aan jou. Sterkte. Ek stem vat die blixems Carte Blanche toe, dan sal jy sien hoe vinnig reageer hulle.

  14. Koekie so paar weke gelede het 3 swartes my mos probeer hi-jack het n gun op my gehou, ek was gelukkig nog in die kar en het so geskreeu en die hooter geblaas toe almal in die gebou uithardloop toe vat hulle die pad. Ek is nou so bang.
    My skoonsus is deur die vissermanne bo van die rotse gestamp, sy wou fotos van die sardeins neem toe val sy binne die rotse en breek haar bene, hulle het gister teruggekom van die see.

  15. hehehhehehehehe ja koekie die brein se account. Hyt persoonlik vir my gese ons kan AL sy kredietkaarte leegmaak, want hulle is nou net gevul met ergerlike krediete.

    Parkes: gaan carte blanche toe man moenie wag nie

  16. Die Workmans comp was nou al op 2 tv programme waar hulle die probleem bespreek het maar nog niks het verander. My man se eis is alreeds toe bereken maar verlede week toe ek bel het hulle blykbaar n fout gemaak en moes dit oor bereken, gister toe ek bel was dit nou goedgekeur op die 17 de maar sal moontlik hierdie maand uitbetaal of volgende maand.
    Dan het ons heelwat ander onkostes wat ons self aangegaan het wat hulle moet terug betaal aan ons, en hoor niks daarvan. Ai mens raak gatvol hoor!!!!!!!
    Ek dink ek moet weer een oggend daar gaan en uitkak.

  17. En SAL is doodstil, ons hoor niks van hulle. Die prokureur het n ongeluks verslag aangevra vanaf SAL en het 3 maande gewag daarvoor, toe vra hy ook een aan van ACSA en julle sal nie glo nie hulle weet nie van die ongeluk wat daar plaas geving het nie. Soos ek verstaan was dit een van die grootste ongelukke wat daar plaas gevind het.

  18. AWA, Parkes, africa wins again. 😦

  19. Parkes sterkte man soms voel dit asof alles op eenslag op mens neerkom.Sterkte en ek hoop jou teenspoed verander in vooerspoed.

    Phibbie en Koekie geen probleem ek sal dit sponsor gaan kyk by comment oor bankrotskap is `n R50.00 noot.Print dit uit en walla gebruik soos julle lus is.Bwa ha ha ha.

  20. hiehiehiehieheihie mos gese hyse cheapie Koekie

  21. Phibbs – ek het ‘n afset-gebied vir daai tipe vyftig rande….whahaha. Print sussie sodat ons kan gaan shop.

    Jis Parkes dis vreeslik. Is jou sussie darem ok?

  22. Ai Parkes! Dit sal weer beter gaan. Soos die spreekwoord sê: “This too shall pass…”

    Koekie en Phibbs, kan ek saamdrink? Ek soek ‘n lekker yskoue glas witwyn (en nie bokswyn nie!)

  23. Vir seker Annie!! Ons het Brein se geld so ons kan “bos” gaan.

    Ek kry sommer vir jou 6 bottels, goeie, wit wyn. Tjorts Annie!

  24. hiehiehiehiehiehiehiehie

  25. Koekie skoonsus het n plaat in die been asook n klomp skroewe, maar die plaat moet oor so 6 weke weer uit, daai been in jou been groei mos maar stadig aan. Hulle het gister terug gekom vanaf Amanzimtoti, ons en hulle het n woonstel daar op die hoofstrand, en ons wou so graag die sardiens sien.
    Daar het blykbaar n ander vrou ook seer gekry, die vissermanne is wild

  26. Brein jy lyk so bekend, waar bly jy???

  27. Ai Parkes, mens kan nie eers meer in vrede fotos neem nie. Ek hoop vir die beste vir julle.
    Drink maar saam met my en die ander girls ‘n ietsie..

  28. Parkes se eers van waar is jy.

  29. Brein ek bly in Pretoria, Akasia en werk in Edenvale en Pretoria

  30. Wel siende dat Brein betaal… Koekie stuur daar vir my ‘n bottel Chivas 🙂

  31. Ek kom gereeld in Pretoria, bly op die Oos Rand.

  32. Brein waar werk jy, Is jy in Procurement???

  33. Anniegetyourgun op watter boot was jy, dit lyk heerlik!

  34. Ja, fokkit, dan ken jy my seker.Maar hou dit vir jouself.

  35. Eish, my bestellings vir die drink-goed raak nou lank. Ek stuur vir jou Koeksister….hehe.

  36. Parkes ek wil nie te persoonlike dinge hier se nie, kontak my by beretta@webmail.co.za

  37. Tjorts! Parkes, geen boot nie. Dis ‘n penthouse in Ballito – lekkerrrrrr verby

  38. Ai die werk het uiteindelik my brandstof betaal van so 3 maande terug HALALUJA! Ek wil nie meer vir hulle ry nie, ek moes daai dag Amerikaners by die lughawe optel en deur neem Pretoria toe.

  39. Anniegetyourgun sjoe dit lyk of jy op n boot is, Ek wens ek was by die see. September het ons mos weer n vakansiedag dan wil ek 2 ekstra dae verlof neem en af gaan see toe.

  40. Ek wens 24/7 dat ek by die see is Parkes. Hoekom moet mens hier (in Gauteng) bly as jy by die see kan bly, is my vraag. Mens het net een lewe!

  41. Anniegetyourgun my man wil net he ons moet als hier verkoop en see toe trek, ai maar mens is maar skrikkerig of dit wel die regte besluit is. n Mens is so bang jy raak dalk verveeld. Of Hoe?

  42. Ek het nou vandag deur gekom Edenvale toe om paar dinge uit te sort maar dit voel of ek nog niks gedoen het nie, en ek wil 3 uur huistoe.

  43. Annie – Ek ook. As ek by die see kan bly sal ek gelukkig wees. Ek’s mal oor die see.

  44. Ek bly by die see, maar doen niks vir my nie. Wat help dit as jy nie eers naby die see kan kom nie. Dit is so vuil en die plakkers neem oor en elke dag hoor jy hoe word mense op ons strande hier aangehou, gebliksem en besteel en selfs doodgemaak.

  45. Ek neem aan dis Kwazulu-Natal Phibbie?

  46. Soos ek voorheen genoem het, ons het ‘n erf op Boggomsbaai – dis op die tuinroete. Het die erf gekoop voordat ons nog ooit daar was. Toe gaan kyk ons Febr en raak verlief op die plekkie. Daar is geen winkels, geen straatlampe, geen niks. Net die rustigheid van die natuur. Oral is bordjies “Oppas vir die hasies/skilpaaie” ens. Daar mag ook nie besighede wees nie – so het die dorpie se raad besluit – want dit lok net ongure karakters. Daar is nie diefwering voor die vensters nie en geen armed response nie. Jy sluit nie jou huis as jy iewers heen ry nie. Dis vir my paradys. Ek het so ontspan daar. Ons beplan om die einde van die jaar daar te begin bou. Ek kan nie wag om daar te gaan bly nie!

  47. Julle moet lekker bly sal sien of ek more dalk kan chat, more is ek alweer in Pretoria.As ek nie chat nie lekker naweek vir almal. Ek gaan bietjie hairs sny, en rus.

  48. ja Annie in Zoeloeland

  49. Jis Annie dit klink wonderlik. Hoe jaloers word ek nou.

  50. Mmmmmmmm. Ons is al 3 keer in Natal beroof met vakansie. Nou hou ons maar by die goeie ou Kaap.

  51. Hello Sigeuner
    Met kleur en geur en voltooide vetkryt strepe vertel jy die storie asof jy die doek skilder en in ‘n video verander. So blikskottelse Eva verleier, gelukkig het jy vir hom vrek gemaak, af met sy kop. Jammer dit was nie ‘n vark nie ander kan jy die appel en die wortel agterna bygesit het as jy hom op tafel sit vir die ete.
    Bly om jou weer raak te lees en hoop dis die eerste van vele mens. Dit is werklik ‘n verligting dat die kinders weer gesond is en julle almal op die plaas veilig is, ja ingesluit die skoonma, 😉 Mag die voorspoed en vrede met julle wees en die geluk julle in haal en verby hol soos ‘n trok sonner brieke. 😆

  52. Lekker White Knight
    Stuur gerus vir ons van daai gedigte van jou. Toe man?

  53. Dooier donner daar gat my make-up!
    😀
    Ek KAN die hele gedoente picture suster!
    Arme slang…hiehie…is daar darm nog plaffon in die dak oor? het al die vensters nie dalk van buite af binnetoe gebars met die gejodel nie? Bly jy was darm rats genoeg om nie ‘n slagoffer te wees van die bybel se voorspelling van ‘aan die hakskeen byt’ nie!

    Kan nie wag vir jou volgende spoegie nie mater!

    Bravo 2 oor en uit!

  54. 007Meisie, gewonner waar jy jouself bevind!?

    Welkom welkom mensie…gewonner of ek ooit weer daai “Bravo 2 oor en uit” gaan lees! LMGA!

  55. Kyk – dis nou al die 2de keer dat ek vandag myself van my stoel af lag – Sigeuner, ons wat jou nou al ontmoet het en daar by jou gekuier het op die “deurmekaar” plaas – tot in jou vetplant tuintjie rondgestap het en die plantjies bewonder het – sal die petalje mooi kan visualiseer –

    Al die ander bekendes hier – lekker om julle weer raak te lees.

  56. Sigeuner wonderlik absoluut uit die boeke uit kon dit sommer sien afspeel so ver ek lees.

    Kan nie wag om weer van jou te lees nie.

  57. Parkes, groot plesier vir jou kristal. Dis ou dinge vanni ou blog, ma moet hom nie begrawe nie! Hier lykkit my, drink ons nou op Brein se kridiet-fassalityte en in moerse hoeveelhede!

    Ma Sharona, julle moet wee so mak. Net bly 007 wil my nie kom boei omlat ek die ding lat vermoor hettie!

    Ekke skyt bang virrie skubberige ongepote goed!

    Groentee Sigeuner

  58. 😀 kiepie is terug om te bly!
    Vandag by blog doek aangesit en dit vol geskeit in die 1ste uur ou matta! Eks so IT gestremd dis nie waar nie! Maar sal nog regkom! Sal hierso by julle leer…
    😉
    http://007meisie.wordpress.com

    Binnekort gaan ons koffie met knertsies daarso drink en varktjoppies ori kole braai…in die bloggosfeer nou natuurlik hoor…njam hoe lekker klink dit nou! Eks sommer lus vir tjoklate!

    Bravo 2 oor en uit!

    007 blog jul saterdag weer raak!

Leave a reply to Koekie Cancel reply