Hoe se mens regtig totsiens??

 

Hoe se mens regtig totsiens.Ek weet nie ek moes al twee maal my dogter groet op oorsese werks geleenthede maar albei was net tydelik en vir `n paar maande , maar nou moontlik permanent of dalk net vir vyf jaar.Fokkit die keer is dit anders, dis moeilik ek voel half leeg binne in my en voel selfs asof ek enige oomblik gaan uitbars in trane. 

Ek gaan haar mis, haar opgewektheid, haar beneuktheid, haar ongelooflike eerlikheid , en ja sy vat nie kak nie, haar stem , die woord Pa direk uit haar mond.Die woord pa , pappa of pappie soos net `n mens se  kind dit kan uitspreek is regtig die mooiste woord op die hele aarde vir my, dit sny diep in mens se hart.Dit laat my vol voel en dit gee betekenis aan my lewe. 

Ek gaan die geluid van jou kar mis as jy in die middae na werk huis toe kom, dan kon ek ontspan want my kind is ook veilig tuis ek gaan jou kuiertjies by my werk mis, die sushi, biltong en sommer enige lekker dinge wat jy gebring het mis, maar jou teenwoordigheid gaan ek bo alles mis.En jou beheptheid met klere koop dit voel al asof jy meer klere besit as wat Lady Di ooit gehad het, maar dis lekker en ek gun jou dit. 

Maandag die 30ste Junie vlieg jul Ierland toe jy en jou vriend.Soos die Prediker se daar is `n tyd vir alles en ook `n tyd vir groet, maar ek kan reeds nie wag vir die hallo groet nie die verwelkomings groet eendag nie.Soms voel dit asof ons mekaar nooit weer gaan sien nie.Maar ek weet ons sal. 

Ek wens ek kon die horlosie terug draai en al ons lekker tye oor he.Ek wens jy was nog klein, maar vandag is jy reeds `n vrou (21 jaar oud) en ek weet jys reg vir die wereld daar buite, jou prioritite is reg, jou gesindheid is reg en jy het `n sterk persoonlikheid. Gaan en maak `n sukses van dit.Eks baie , baie trots op jou.   

Chantal ek gaan jou mis. 

Liefde Pappa.

 

 

 

 

16 Responses

  1. Ek kan amper verstaan hoe jy voel. Ek sit daagliks en kyk in die blou ogies vas en soen hom in die nek, oppie wange, oppie kwylbekkie…en ek weet die tyd gaan kom waar ek verbied gaan word om dit te doen.

    Die dag gaan kom waar hy my gaan vertel hoe die lewe werk, ens. En ek is al klaar bang…

  2. Brein, ek huil saam met jou vandag, dit is weird hoe mens iets uit ander mense se oe sien, ek moes my hele familie groet soos jy weet op die lughawe, dit was hel uiterse hel, maar nou besef ek eers hoe my mamma moes gevoel het toe sy my vasdruk en so huil op die lughawe, ek dink dit is vir ‘n ouer ongelooflik hard en swaar om die minste te se, glo en vertrou net dat sy ‘n sukses daar anderkant van haar lewe gaan maak, jy kan ‘n trotse pappa wees vandag met die wete dat daai meisiekind van jou so groot sukses van haar lewe tot dusver gemaak het. sterkte vir jou en mev brein, die hartseer en verlange is erg, hoop julle sal baie vinnig vir haar gaan kuier – en kom maak dan sommer ‘n draai hier by my in kiwi land sodat ek jou kas wyn vir jou kan gee 🙂

  3. Dankie julle ouens.Ja Pagoda, geniet dit terwyl jy kan, die lewe vlieg onsettend vinnig verby.

    Patches, jy was al daardeur en jy weet hoe dit voel, maar ek troos my daaraan, sy is baie veiliger daar as hier, so glo ek.

  4. Breintjie – nou sit ek hier op hierdie ongelooflike mooi Sondagoggend en lees jou brief aan Chantal – en kry ‘n baie groot knop in my keel. Jy sien ek ken daardie gevoel waaroor jy skryf – dit gee mens ‘n warboel van emosionele hartkrampe – nou weet jy mos ek het twee manne in my lewe – een is al mooi groot , ons firstborn en enigste vir 17 jaar – hy het ook van tyd tot tyd groener weivelde gaan soek en so moes ek telkens groet maar hy kom darem nou tot ruste net hier neffens waar ons woon en ek sien hom daagliks as hy nie uitstedig is nie – en as ek hom nie sien nie raak ek kriewelrig. My groot kopseer is die laatlam wat 17 jaar na grootseun sy opwagting gemaak het en ons lewens verryk het en ‘n nuwe rigting gegee het- hy is so stukkie bedonnerde mens en so vasbeslote om die pad landuit eendag te vat dat ek nou al angs aanvalle begin kry – as ek nou die berekening maak gaan dit oor so 6 jaar plaasvind – vir nou geniet ek die liefdevolle sy van hom – ek koester elke soen en druk wat hy graag uitdeel – en hy skroom nie om dit sommer binne in die Mall te doen of voor sy vriende nie – dan loop hy nogals soms hand in hand met my ook. Ek bewaar die oomblikke asook elke oggend se privaat gesprekke hier diep in my hartkamers – en probeer om die gedagte van “eendag se groet” heeltemal uit my denke uit te wis – en ek sukkel, verskriklik nou al, en dit het nog nie eens gebeur nie. So, Breintjie my vriend- ek voel saam met jou en “J” vanoggend – sterkte daar.

    Pagoda, as mens maar net elke dierbare en liefdevolle gebeurtenis saam met jou kinders so kon vasle en om vir ewig dit te kan beleef sou dit wonderlik gewees het – so geniet dit nou met oorgawe terwyl jy kan.

  5. Masharona, dankie van my en “J” ek wil sommer noem ek like jou en Sigeuner se skryf styl.Julle is almal steunpilare.Wel ek sal seker eers moreaand weer blog, andersins Dinsdag.

    Hastilla Vista.

  6. Ons almal maak maar internasionale burgers groot hulle vlerke is wyer as ons sin. Brein dit klink vir my of jou Chantal se voete vas op die grond is en dat jy ‘n baie goeie job gedoen het. Partykeer wil ons huil as ons nie meer drukkies en soentjies kry nie want hulle is mos groot. Nou die dag moes ek my graad 1 dogtertjie se hand skud want om een of ander rede is dit net nie cool om jou ma te soen en druk nie maar dit wat my hartseer maak maak my ook trots op myself want ek weet ek het haar die self vertroue gegee om met haar kop regop te loop. So “you lose some you win some” . Ek se nog nie totsiens vir hulle op jou skaal nie brein en ek weet ek sal seker eendag maar ek kan myself dit indink (half en half) en ek hoop eendag doen ek dit net soos jy.

  7. Jis dis asof ek met my dogter praat. Sy is nou 19, word 20 en soos so baie jongmense le dit vir ons ook voor. En toevallig is sy ook een wat nie kak vat nie, maar wie se kern baie gesond is. Sterkte!

    Philip

  8. Brein, dit is nie lekker nie, dit lê vir my ook voor. Gouer as wat ek dink, hy is amper klaar met sy studies. Ughhh! Ons kinders kry wonderlike geleenthede oor die water. Hierdie ma is baie vas aan haar seuns en ek kry sommer so knop in my keel as ek jou inskrywing lees. Want een van die dae moet ek ook so inskrywing maak, en ek gaan dit nie maklik doen nie. Maar ter wille van jou kinders maak jy maar of die lewe ‘n lied is en jy byt die trane weg.

  9. Brein,
    My oudste dogter en haar is in amerika al vir 3 jaar! Nou is sy swanger! Kan jy dink hoe ek gaan verlang na kleinkinders! My oudste seun is oppad na Kanada!
    My hart se hulle sal wel eendag terug kom. My verstand se: “Dis onmoontlik om terug te kom na SA”
    In my hart bid ek egter nog steeds dat toestande hier sal verander en ons weer almal saam kan wees!!

    Intussen kuier ons maar oor en weer!
    Ek vertrek oor 2 weke na Ierland en daarna na Amerika!

  10. Ag ek tiank sommer! 😦 Myne kom darem in November bietjie huistoe, maar hier diep binne weet ek, hy gaan nie bly nie…

    Sterkte ou Brein, en weet net dat jy haar met die regte tools op haar paadjie stuur. Wees trots, sy is jou sterretjie! 😉

  11. Dellie jy praat van tjank, by die lughawe was dit `n tranedal, my vrou en dogter het heeltyd gehuil en ek moes op my tande byt, nadat ons in die kar is oppad huis toe, het ek skielik begin huil, en fok ek weet nie wats fout nie,dis nou 18h00 ,hul het 14h00 gevlieg en ek fokken huil steeds.Nou drink ek maar `n sterk dop vir courage.

    Snaaks ek moes dit al twee maal doen, maar nou is dit baaaaaiiee erg.Seker omdat mens kan sien die stempel wat mens met tyd afgedruk het op haar en hoe ek haar ma se deeglikheid,netheid, vrouilkheid en skoonheid die laaste tyd in haar gesien het.

    Phillip de Koker, Dankie ook vir jou en sterkte vir eendag vorentoe.Mens is mos nie softies as ons oor ons kinders tjank nie????

    Carolina waar in Ierland gaan jy heen?

    Melktertjie jy som dit reg op Internasionale Burgers.

    Dellie, ek moet se na my dogter se Amerika trippie, het sy as `n verstandige vrou terug gekom, volwasse en baie lewenswys.Jy sal opmerk by jou seun dat daardie land ,doen hulle goed.

  12. Brein,
    My man werk vir 2 maande in Letterkenny. Dit is in die noorde van Ierland. So half uur se ry van London Derry in Noord Ierland. In watter deel van Ierland is jou dogter?

  13. Sy is in die Westekant, Galway.

  14. Galway is pragtig!! Was al daar! Wil graag weer soontoe gaan om Aran eilande te besoek. Manlief het vir my daar die mooiste “culdagh” ring gekoop. Lank gelede het vissermanne vir hulle bruide sulke ringe gemaak. Die simbool op die ring is ‘n hartjie met ‘n kroon daarop. Die hartjie word vasgehou deur 2 hande. Dit beteken: ” with these hands I hold your heart and crown it with my love” Dit is vir my so kosbaar!
    Hoop jy voel al beter!! Ek sien so uit om my dogter in Amerika weer te kan sien!

  15. Geniet die trippie en ek hoop jou hart word met baie groot vreugde gevul by jou dogter.Ja ek voel noual beter, maar daar is probleme met my dogter se vriend se papierwerk, hulle soek `n brief van sy pa in Ierland om te se waarom kan hy nie `n local Brit aanstel nie.In plaas van `n uitlander. Die twee sit nou by paspoort beheer op Heatrow.Sy kan deurgaan, maar hy nie.Nou vra ek jou albei gaan vir hom werk, nou wat is hulle probleem.Nou wag ons maar inspanning.

  16. Die Britte is lekker simpel verby! Wat het hulle met Ierland uit te waai! My vriendin het ok al probleme opgetel by Heathrow lughawe (oppad Ierland toe). Ek vlieg eerder via Parys!
    Hoop dogter se probleme word gou opgelos! Sterkte!

Leave a reply to Carolina Cancel reply