High tea, oumense, dolfyne, en viskat

Ek het julle nog nie eers vertel hoe “die tee” afgeloop het voorverlede Saterdag in Jhb nie. Verskoon tog die rooitaal tussenin. Ek het mos my vriendin gaan help wat die storie by haar huis gehost het. Dit was baie smaakvol en die modeparade was stunning. Ek het nogal geleer wat die verskil tussen ‘n “high tea” en ‘n “low tea” is. Anyway, ek hou glad nie van teepartytjies nie, maar hierdie was nogal vir my interessant. Kom ek verveel julle gou.

Die high tea het ontstaan toe een van die Queens of England gevra het vir snacks tussen 5 en 6 uur in die middag omdat aandete te laat bedien was, en ‘n lysie gemaak het van wat sy verkies. Dit was by die “high” of “main” table bedien, i.p.v. by die kleiner lounge tables. Dis gelykstaande aan ‘n ligte ete, bv koue vleise, eiers, vis, dainty sandwiches, smoked salmon, quiches, spinach roulade, finger pancakes, ens met ‘n verskeidenheid van tees. ‘n Low tea (of afternoon tea) word tradisioneel tussen 3 en 5 uur bedien by kleiner tafeltjies en is merendeels cucumber sandwiches, scones, cakes and pastries. In SA word die low tea natuurlik nie net in die middag gehou nie, maar ook in die oggend.

Nataniël was skreeusnaaks. Voordat hy opgetree het, het ek en my vriendin saam hom tee gedrink en bietjie gesels. Hy doen baie liefdadigheidswerk vir kinderhuise en ek vra hom toe of hy nie ook iets vir die arme diertjies wil doen nie. Sy antwoord: “Ag nee fok, oumense en dolfyne is nou nie my ding nie!” Die man se humor is so skerp soos ‘n minorah blade. Die fotograaf van People Magazine was ook daar en het baie kieks geneem. Ek weet net nie wanneer hulle ietsie daaroor gaan skryf nie en of hulle gaan nie. Dit sal seker ‘n rubriek so groot soos ‘n matchbox wees.

Fishpaste (aka Garfield) het weer kattekwaad aangevang en iewers sy magie lelik oopgeskeur. Moes oor ‘n draad of iets gespring het. Lang storie kort – operasie, steke binne en buite, antibiotika (R1700 later) en hy moes ‘n kopskerm dra vir ‘n week om te keer dat hy die steke uitbyt. Ek het hom so jammer gekry en natuurlik lekker getjank. Dit het nou als verlede Vrydag gebeur. Die kopskerm het vreeslik snaaks gelyk (was darem nie die harde plastiek soort nie, maar meer sagte seil) en het soos ‘n tipiese Voortrekker-kappie met ‘n bip gelyk. Moenie dink dit het hom afgesit om voëls in die tuin te bekruip nie. Weet julle hoe snaaks het dit gelyk? Mens sien net die blou kappie in die tuin rondkruip! Die kopskerm het natuurlik net 3 dae gehou en toe skeur kat se kind hom letterlik af – hoe hy dit reggekry het weet ek nie want dit was vasgemaak om sy nek, maar hy het besluit genoeg is genoeg, hierdie kontrepsie moet waai. Ai, die goedjies is nes kinders.

My geliefkoosde quote:

Until one has loved an animal a part of one’s soul remains unawakened.
~Anatole France~

Kattemaai

Kyk, ek is lief vir katte, ekself het een, Mungo Jerry, maar vir die afgelope week is daar ‘n kat wat my elke aand wakker maak met sy gemiaauery by my slaapkamervenster.

Maandag: ek word halfeen wakker en obviously dink ek dit is my kat, en skree soos ‘n maervark by die venster uit vir hom, dadelik stilte….., ‘n uur later begin dit weer en so gaan dit aan.

Dinsdag: Weer word ek wakker gemaak met hierdie boosaardige geluide, weereens skreeu ek by die venster uit en toe ek omdraai val ek bo-oor Mungo wat agter my sit. Oke, dis nie my kat nie, dis ‘n ander kat.

Woensdag: Ek word ‘n paar keer wakker gemaak deur hierdie simpel kat, maar kan nog nie ‘n oog op hom lê om te sien hoe hy lyk nie, skree maar net voertsek by die venster uit, terwyl Mungo op my bed lê en vir my kyk, plaas hy hierdie wetterse kat buite gaan aanvat en afstof.

Gisteraand: Oke ek besluit miskien moet ek my hond op hom sit. Bullet (boxer) word 13, hy is nog heel fiks maar so doof soos ‘n kwartel, dis hoekom hy nie hierdie hele palawa kan hoor nie.

Halfvier vanoggend kan ek dit nie meer uithou nie en stap na Bullet toe waar hy op sy matras binne slaap, ek raak saggies aan sy kop om hom wakker te maak en hy skrik homself in die oortreffende trap.

Ek lig sy oor op en skreeu binne-in sy oor “KAT” maar hy kyk my net so dof aan, ek sluit die deur oop en draf buitentoe met die hoop dat Bullet die skimp sal vang, maar hy slenter net lui agter my aan, toe hardloop ek maar in volle vaart om die draai en jaag die kat maar myself in die jaart rond, met Bullet wat bokkerol in die donkerte kan sien. Toe raak hy bietjie opgewonde maar teen daardie tyd toe is kat se kind witweg.

Vanaand gaan ek die pelletgun uithaal……..