Steve Hofmeyr se mo#r:Quick Buck-Brigade versus Uitbuiters.

Die posting is geinspireer deur die uitspraak van die uitgeklede Pampoensanger, Steve Hofmeyr.

Steve het die die volgende paralipsis kwytgeraak volgens Beeld. Hofmeyr self sê: “Ons kan nie meer aan die genade van die quick buck-brigade oorgelaat word nie.“

Maar ek wil ook `n stelling maak en se “Die Quick Buck- Brigade kan nie meer aan die uitbuiting en parasitisme van sommige kunstenaars blootgestel word nie.”  Sekere kunstenaars het die houding van “die publiek skuld hulle alles”.  Maar eintlik moet hulle die publiek dien en vermaak met hul talente.  Sommige kunstenaars dreineer die ouens.

Hierna noem ek die tipe kunstenaars “sponse“ sonder om name te noem.`n Spons het mos die vermoee om enige vloeistof op te suig of te absorbeer.  Maar om iets goeds uit die spons te kry moet hy ongelukkig gedruk word.

Hiermee my sprokie: Daar was eendag `n Sponsie , wat sy vele talente tot die vermaak van `n nasie aangewend het.Die Sponsie het welliswaar, in die volk bele en het ook sodoende in die volk se harte in gekruip.Maar na `n verloop van tyd, tye en `n dekade of twee het die Sponsie die hande wat hom al die jare gevoed het begin byt.Soveel so dat hy te veel en vreemde vloeistowwe onregmatig op `n amperse parasitiese wyse opgeslurp het.

Die “hand“ wat hom gevoed het , het die druk begin toepas en sommige van die ongewenste vloeistowwe wat hy nie veronderstel was om te absorbeer nie, het stadig maar seker begin uitdrup.Soveel so dat hy pateties daarna uitgesien het en moes rondskarrel om te keer dat al die vuilvloeistof nie soos `n stroom uit hom gedruk word nie.

Na vele jare se gesamentlike opslurpery het die Sponsie natuurlik die meeste by verre, wil die Sponsie skielik alles of soveel as moontlik absorbeer, elke liewe druppel of plassie moet toe opgesuig word.Sekere QB-sponsies wat spartel en swoeg om kop bo water te hou en met die hulp van die Sponsie fondse te in vir hul onderneming, moet nou met druppeltjies tevrede wees.En selfs die wil die Sponsie en sy bejaarde, grasrokende mede spons soos aasdiere opsuig.

Soos wolke “swanger“ hang met reen, so hang vloeistof swanger in `n spons en wag net vir die regte barends oomblik.

Fluit fluit my storie is uit.

Terug by die werklikheid, Steve ek is ook een van daardie Quick Buck-Brigade waarvan jy praat, eintlik is ons opportuniste en entrepreneurs in eie reg, iemand wat kan onderneem, solank dit net wettig is.Wat jy eintlik met jou “paralipsis” wou aan roer is dat jy gatvol is vir skole, kerke, sukkelende sport klubs, klein ondernemings en sekere feeste se organiseerders.

Kom nou almal wil geld maak, gun tog die son oor ander ook skyn.Maar om R450 000.00 te vra of te aanvaar is daylight robbery.Jy rook die ouens!!En dit by `n venue wat nie eers `n uur van jou huis af is nie en vir net sowat twee ure se “vermaak”. Wimpie van der Sandt het sy issues, maar sy bedoeling was goed om jou en die liedjieboer bymekaar te bring.Twee groot geeste van die Afrikaanse musiek bedryf.

Hoe meer ek jou uitlatings sien en hoor , hoe meer hou ek van Louis van Wyk.Miskien het jy die geld nodig vir Janine se eis, Eish.Viva Janine!!

Wimpie aag moenie worry nie.Die siviele howe is so vol die saak sal sekerlik eers in 2012 voorkom en uitgestel word vir 2013 en dan weer vir verdere ondersoek vir hopelik finaliteit in 2014.Sterkte Wimpie.

Van die os op die jas, Steve, Ek hoor Garnett Parkin van Brikor is nie van hier nie, hy vat nie kak van kabouters nie.Ek hou die een met belangstelling dop.Sterkte Garnett en wees asb nie te hard op Van der Sandt nie.

Hasta la Vista.