Mojo?

Hier werk by my ‘n girl wat 23 jaar oud is, en die arme mens is so seksueel gefrustreed julle sal nie glo nie. Haar kêrel is 30 jaar oud en skielik het die mannetjie sy mojo verloor. Ek het al ‘n hele oggend op die net rondgekuier op soek na raad vir haar.

Impotensie is een ding, maar om jou libido so oornag te verloor is ‘n ander ding. En sy blameer haarself totally. Sy probeer hom oorreed om meditasie saam met haar te doen, maar tipies Afrikaanse man, hey ek is ook met so een getroud, vir hulle is dit net ‘n pot stront.

Elke keer as ek vir Kuifie sê hy trek net negatiewe energie na hom toe dan is hy sommer dadelik op sy agtervoete. 😉

Om terug te kom, sy is raad-op en ek weet nie meer wat om vir haar te sê nie, enige raad?

21 Responses

  1. O maggies Koeksister, miskien doen sy dit net nie meer vir hom nie en het hy dalk ‘n ander girl waar hy sy plesiertjies vind. As dit die geval is gaan niks vir daardie verhouding werk nie.

  2. Haai jong het die ou nie dalkies baie stress by sy werk of iets nie, hoor hulle sê stress speel soms ‘n groot rol.

  3. Sjoe Koeksister, ek is geneig om saam met Linda te stem. Hoekom so skielik sy lus verloor. Daar is dalk iemand anders wat hom op die sideline bederf.

    Ek hoop ek is verkeerd en hoop dinge kom reg vir die twee, dit kan nie maklik wees vir haar nie.

  4. FOKKIT, KOEKSISTER, KAN EK `N ONE-WAY TICKET VIR JOU STUUR VIR HAAR, EK KAN DIE OU PROBLEEMPIE LEKKKKKKER UITSORT.NO PROBLEM.!!!!!!!!!!!!!

  5. Brein, one day is one day, dan gaan hierdie klomp girls jou in ‘n hoek druk en dan gaan jy jou gaai sien.

  6. Stuur hom Orania toe. 😆

  7. Hehe Linda! Dit gaan vir jou ‘n ding afgee. Ek sien al hoe bloos Brein.

    Koeksister ja, dit is maar ‘n probleem, maar nie sommer op so ‘n jong ouderdom nie! Ek ruik ‘n vis. Dink hy het ‘n flossie op die sideline

  8. Ek wil net sê dat as jy nie by die huis eet nie, eet jy elders.

  9. Arme girl, ek dink Blixer is reg

  10. Hier werk n ou saam met my en het n girl gehad, maar het intussen n ander girl ontmoed. Die nuwe girl het amper elke aand by hom oorgeslaap, dan gaan eet hy en die ou girl uit dan wag nuwe poppie by sy huis vir hom. Toe besluit hy maar om die ou een af te se, maar sy weet nog nie van die nuwe girl nie.
    Mans is erg hoor!!!!!!!!!!!

  11. Nee Dellie, soos ek Brein raaklees gaan hy liewer ‘n sappige steak by die huis eet as om vinnig ‘n hamburger te vang en ek glo nie hy gaan betaal vir iets wat hy nie kan huistoe vat nie.

    Nee girls, Brein is uit vir Orania.

  12. Linda elke sport het sy beserings.Ja sappige steak wat na onder kyk by die huis is lekker.

    Maar the more the marrier.

    Die vrouens by die werk dreig ook om my almal te oorrompel, ek is bang!!!

  13. Pêêêk pêk pêk pêk

  14. Die vraag is of hy wil of nie???? Dalk maak hy net asof hy nie kannie. Op 30 eish dan wil ek hom nie sien op 40 of 50 nie. Shame

  15. Ek hoop maar vir haar part dit is nie so nie, miskien moet sy maar viagra koop? Eish

    Ons wag in Oranie vir jou Brein, sê vir mev. Brein sy en die vishoeke moet net so bietjie wag.

  16. Ek sal haar in toom hou Koeksister.Orania hie kommmmmmm ons, ah ah ah aaaaahhhhhhh!!!!

  17. Brein is ook net meer bek as binnegoed, en sy vrou slaan nie so hard nie maar so aanhoudend.

  18. Geweet ons kan op jou staatmaak. 😉

  19. Ek dink nie Brein verstaan die Orania kwessie so lekker nie…. hie-hie! Breintjie, gaan lees ons plan daar by Phibbie sê oor… dan sal die lig vir jou opgaan … 😆

  20. Pimpernel!

Leave a reply to Die Brein Cancel reply