TV Programme en lag

More almal

Jeez ek het weer gisteraand gelag dat ek huil vir Oor die kole met Toks en Kobus.  Ek vermoed ek is nie regtig wel nie, maar dammit daars darem niks lekkerder as lag oore simpel ding nie.  Fanie Lombaard, (die gas) was helemal te veel vir ou Toks.  Ek het my gebreek toe die Fanie (parapleeg en Olympiese diskus gooier) vir Toks se toe Toks hom vra wats die criteria vir deelname aan die olympiese spele en die Fanie hom antwoord:  Toks jy sal val in die mentally handicapped.  Man dis mos nou humor uit die boonste rakke.  Corny maar donners skerp. 

Dit laat my eintlik dink aan lekker lag stories wat al met myself gebeur het.  Altwee natuurlik in die bleddie kerk (my luck).  Net getroud, sit en en die man in die kerk en eks mos ‘n vreeslike bedrewe girl. HIehiehiehiehie.  Ek het die knope aan die pak aangewerk en man daar vergeet ek die tolletjie gare in die hand van die baadjie.  Die simpel man voel die gare en begin trek.  Maar disse vol tolletjie gare en hy trek en naderhand sit hy mette hele hand vol gare.  Ek huil en skud soos ek lag.  Ek moes naderhand uitloop want ek sou kliphard uitgebars het van die lag.

Ons gaan ook die eenkeer na ‘n troue toe. Manlief kom net vannie golf af en hyt ekstra klere in die kattebak.  En so waar as wragtig pak hy stukkende skoene in.  Nou sit hy in die kerk en kort kort speel hy met die sool van die skoen wat los is.  En in die kerk, speel jy nie.  Dis taboe en ons wat in dieselle ry sit, giggel ons simpel man.  Nou ja die paartjie toe nou getroud en almal loop nou uit.  Ek loop gelukkig agter die man en toe hy sy voet by die kerdeur uitsit, skiet daar bleddie sool los en vas teen een van ons vriende se kop.  Kyk ne, as jy my persoonlik ken sal jy weet, dis nou eenmaal te veel vir my.  Ek bars uit van die lag.  Die res van die gaste skree soos hulle lag en die arme man mettie sool teen die kop, le naderhand op die grond soos hy lag.  Wat kan dan meer snaaks wees.

Kom vertel ons bietjie van jou snaakse ondervindinge.  kerk of te nie. Hiehiehiehiehie

Lekker dag verder

Phibbie

 

 

14 Responses

  1. Phibbs

    Die ene is ook so half en half ‘n kerk ene. Maar dissie hoekom ek hom wil vertel nie. Dis die nuutste snaakste oomblik en was heel TOEVALLIG ook een wat gebeur het tydens ‘n kerkerige dingetjie.

    Ek’s afrikaans en my vrou engels. Sy is ‘n heel ander kerklike geloof as my NG Kerk en ons het toe saam besluit om ‘n middelweg te soek vir ons waarmee ons albei gemaklik kan voel en sodoende ‘n kerk kry waar ons laitie gedoop kan word.

    Na ons eerste Sondag diens word ons toe deur die engelse dominees genooi om na ‘n “ken die nuwe lidmate aand” by die kerk by te woon laas Woensdag.

    Nou vanselfsprekend kan klein Jacques nie alleen gelos word nie en hy word saamgepiekel. Die diens in die kerk die voorverlede Sondag het blerrie goed afgeloop en daar was geen vrees dat die 3 maande oue klein stront ons in die oë sou sit met die spesifieke aand nie. Min het ons geweet…

    Hy is slaap-slaap saam met ons in die saal in. Almal stel hulleself voor en die “elders” stel hulself voor. Nes die gesprekkie nou lekker diep begin raak en goed soos die “pilare” van die kerk bespreek word, word Jacques woellig! En ken daai uitdrukking in sy gesig. As hy sy kop so terugtrek dat daai tripple chin vorm en die oë staan stokstyf in die kop weet jy hy is besig om ‘n pattie te stoot! En die patties is mos nie styf nie..en dit vrot dwarsdeur daai doeke!

    Die saal is gepak met omtrent 40 mense, 2 dominees ingesluit en die hoofde buig vir gebed. En Jacques laat homself hoor…”Brrrrrr”…stilte en toe “Sprrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrsssssssssss”

    Die gebed stop en die dominee probeer tussen die trane deur iets sê, toe spring die ander hom voor…”I hope that was the baby!”

    Die groep mense was histeries!

  2. Bwhahahahahahahahhahahahahaaha. Eish. Net een vraag: Het dit toe gestink of nie? hiehieheiheiheihie

  3. Waaaaaaat?

    Vrot? VROT!!!!!!!

    Soos iets gekruis tussen dooie kalahari donkie en butternut sop!

  4. bwhahahahahahahahahahahahahahahahhaha eks bly ek wassie by nie. Wiet hom skoongemaak na daai episode en wat voer julle die arme kind man

  5. Ek sou die outjie gaan uitsort het, maar ma se toe dis orraait…sy sal hom vat. Dat ek my swart siel met die woord van God kon beredder…sy het darem die hulp van die “elder” langes haar gehad, maar die kyk op die gesig van die einste vrou met haar terugkeer het my laat dink dat sy sielkundig geskend is na die episode.

    Hy’s net op borsmelk, maar dis so ryk uit sy ma uit dat dit amper soos kondensmelk lyk.

  6. Môre Jle
    Hierdie is eintlik meer om skaam te wees as snaaks.
    Op hierdie stadium was my seun die jongste en dit gebeur toe ook in die kerk.My man was diaken en ons kerk het dit toegelaat dat kinders wel saam in die diaken bank mag sit,so my oudste het altyd by sy pa gesit.So sit ek en H agterlangs in die kerk want die mannetjie kan nogals woelig wees en die eerste insident was toe hy aan die slaap geraak het op my skoot en daar wakker skrik met ‘n bulderende stem wat skree dat die bye hom steek,net daar stilte en die dooms vra of iemand my asb sal help,nodeloos om te sê sy voete het net geslaap en almal behalwe ek het dit snaaks gevind en die vlgnde was even worse –
    Die Mannetjie het weer aan die slaap geraak en onder gebed word hy wakker.Ek is nou al paraat as hy wakker word want hy wetie van sag praat nie en beduie hy moet suutjies maar nee,
    Hy bulder uit Ma ma my tot is styf -Ek voel aarde sluk my in- almal draai om en lag omtrent dat die dak lig.
    Onthou dit was onder gebed so dit was tjoepstil en sy stem het weergalm.Ek het hom toe maar nie weer in die kerk gevat nie maar liewer by die huis ogelos of in die moederskamer gesit.
    Die mannetjie was omtrent 2 en het buie duidelik gepraat op daai stadium

  7. Arme jy eish lepel. Ek moet erken ek sou ook gelag het. Hoe oud was die mannetjie toe. hiehiehiehie

  8. Phibbs
    Met beide insidente so om en by 2 tot 2½

  9. hiehiehiehiehiehie arme jy. Hoop nie hy doenit nou nog nie

  10. Haai, hier is my storie: my 2de kind was vroeg gebore en moes vir `n maand in broeikas bly, wel ek is huistoe, moes elke dag, melk uitpomp vir baba, so sit ek die melk in bottel tot ek weer by hospitaal kom, die familie kom toe van oral met geluk wensing en hier en daar `n geskenkie, wel skoonsus besluit toe sy gaan koffie maak, ek gaan saam om te wys waar alles is, gaan sit weer en toe skoonsus die koffie gee en almal lekker drink, hak ek af en vra skoonsus watter melk het jy gebruik, sy sê die in `n bottel, daardie tyd was dit nog bottels melk, wel sê ek dis borsmelk, maar sjoe was die klomp naar gewees, ek moes hulle toe vinnig reg help.

  11. bwhahahahahahahahahahhahaha mooi man. Die wat die melk gedrink het het seker nou mooi velletjies en krul haartjies. Hiehiehiehiehiehie

  12. Nou ja lekker aand vir almal. Soet slaap. En onthou om julle datums te stuur. Sien more

  13. Fokkit julle sal maak dat ek nooit weer melk drink en kerk toe gaan nie.

    Wel ja die volgende een het nou nie in die kerk gebeur nie, maar so paar jaar gelede het my vrou ons dogter en ons pastoor se seuntjie Brendan wat toe in graad een was by die skool gaan haal, ek het saam gery en het hom heeltyd verskillende name genoem soos Piet , Koos of Jan dan se hy elke keer , oom my naam is Brendan nie Piet nie. En later hier by die vierde naam wat ek hom noem se hy vir my , Ken jy vir Jesus? ek se toe ja , hy antwoord toe en se HY beter jou help want jys nie lekker in jou kop nie.My batteries was behoorlik nat gepie.

  14. Ek het net gou kom loer, om te sien wat hier aangaan!!
    En ek is beindruk… Mooi gedoen phibbie! Dit sal elke dag nou beter gaan…

Leave a comment