Die Brein se Fok tirrade.

 

Ek voel vandag soos Ben Kruger as die skoolhoof in Poena is Koning.Toe hy so keel af gegaan het en alles gefok het.Wel ek kry deesdae baie meer sulke dae, en as ek die lotto wen dan gaan ek sommer se fok my baas ook.

 

Soos julle weet het my dogter en haar vriend Maandag na Brittanje gevlieg met Emirates Airlines, wat ver bo hulle werklike vermoe gerate word.Wel hulle het gestop op Dubai en daarna na Heathrow London.Daar aangekom was hulle net nadat hulle deur die doeane beweeg het, het die vrou hulle teruggeroep en gese hulle werksvisums is nie heeltemaal reg nie.En dat  hulle net eenkant moet wag.Hulle het toe ongeveer drie ure daar gewag voordat enige een verder met hulle gepraat het.Na drie ure het die doeanebeampte gese dat hulle moet saam kom en gaan wag in `n kafeteria totdat hulle die groenlig kan kry om deur te gaan vir die volgende vlug na Ierland.

 

Maar by die ”kafeteria“ aangekom was dit `n lang vertrek met `n klompie ander mense in met `n paar stoele , `n lang tafel en `n TV.Hulle is toe daar toegesluit.Daarna is hulle ondervra en al hulle dokumente deurgegaan.Die doeane se verweer was dat hulle te gou weer na die UK teruggekeer het nadat hulle verlede jaar daar was (April tot November 2007) en dat die werksvisums wat deur die Britse konsulaat in Pretoria uitgereik was nie sekere kriteria bevat van die nuwe wetgewing wat onlangs deurgevoer was nie.Dan het hulle ook `n brief gesoek van hul werkgewer in Ierland wat se hoekom moet foreigners die werk doen en hoekom nie plaaslike Britse burgers nie.Hulle sou vir haar vriend se pa in Ierland gaan werk het wat twee hotelle daar besit.Soos verlede jaar.

 

Daar is toe besluit dat hulle nie mag deur nie, en dat hulle terug gestuur moet word na Suid Afrika, steeds weet geen siel hoekom nie.Hulle is letterlik soos kriminele behandel oral ge-escort , toegesluit saam met veertien ander Suid Afrikaners, insluitende `n man en vrou van `n baie bekende voedsel maatskapy wat `n besigheids launch in London moes bywoon.Die man en vrou van die baie bekende SA voedsel maatskapy sou net drie dae in London wees en dan terug keer na Suid Afrika.Hulle was gister almal op die vliegtuig gesit terug na Suid Afrika en was almal deur doeane beamptes vergesel self op Dubai.Hulle het vandag om 11h30 geland onder normale omstandighede, geen riekmerolls nie.Hulle bagasie is steeds in Dublin en dit sal in die week by ons huisadres afgelewer word deur Emirates, my dogter is in `n toestand oor haar klere en besittings.Fokkit hulle kon nie bad of tande borsel sedert Maandag oggend nie. Hulle het brood met `n tikkie botter en tee gekry om te eet.Sy het geweier om te eet en hulle heeltyd vertel wat sy van hulle dink. 

 

Wel almal gaan more `n formele klagte indien by die Britse hoe kommissaris en ek gaan lekker uitpak, hoop net hulle sluit my nie toe nie.Fokkit net die vliegtuig kaartjies was R18 000.00 retoer.En die visums en klere ongeveer R4000.00 R22 000 in sy moer!!!!!

 

Nou voel ek lus en se FOK Brittanje, FOK die Pommies, FOK Emmirates , FOK Heatrow Lughawe en FOK die Union Jack..

 

Skielik voel ek baie meer verdraagsaam teenoor Osama Bin Laden en Alkaida.

 

 

36 Responses

  1. Fok dis belaglik!!!! Dis reg Brein, ry hulle!! Jou arme dogter. Die ergste van als, soos jy sê, hulle word soos krimenele behandel. Blixems!!
    Ek sommer moerig vir jou part ook.

  2. More almal !! Jeez Brein ek sou my ligtelik bek@k het en nog ‘n bietjie. Gee hulle gas my maat en roep maar as julle “back-up ” nodig het !! Ek fight nie so goed nie, maar het ‘n moerse groot bek!

  3. Ai tog Brein, sê maar as ek my AK47 moet bring!

    Ek dink dit het te doen met die feit dat die UK hulle werksvisums heeltemal teruggetrek het verlede week. Al die ouens wat nou daar is moet terugkom SA toe en weer aansoek doen van voor af, en hulle gaan baie strenger wees. Soos ek genoem het vroeër my stiefseun is nou al amper 3 jr daar en ons hou nou net duim vas dat hy by die UK Army inkom want anders sal hy ook moet terugkom. Dis al uitweg vir hom nou. Hy het gelukkig al die eerste interview gedoen en vlg week die 2de een. As hulle hom aanvaar kry hy British citizenship, en dis al wat ons wil hê. Sterkte vir julle Brein! Ons hou duim vas

  4. Brein,

    Jy mag maar Fok sê soveel as wat jy wil, ek sou ook! Hel man, dit is mos nou baie onkostes, geld in die water gegooi. Gaan julle nie iets kan terugkry van al daardie geld nie? Ek dink ek sal ‘n beroerte vang as so iets met my gebeur. Waar het die kamtige fout nou ingesluip, die kinders het mos alles wettig gedoen? Ek is nou sommer saam met julle kwaad! Die Blikemmers!

  5. Brein, Gee hulle GAS!!!!!

  6. Brein, ek het in 1991 op Heathrow lughawe presies dieselfde oorgekom. Die doane beampte in my geval het my verdink van Dwelm Handel.

    Ook soos ‘n krimineel behandel en al my bagasie uitepak op so laaang tafel tot die tandepaste uit die buisie uit gedruk en gesoek vir dwels.

    Die Engelsman wat my op die lughawe moes kom haal (die spanbestuurder van Bristol Rugbyklub) is ook aangehou vir omtrent ‘n dag.

    My paspoort is gevat en ek moes 2 dae later terug wees op die lughawe en is toe terug gestuur SA toe.

    Hulle voel vir jou F*kk*l as jy daar aankom en hulle laaik nie jou gesig nie.

    Sterkte met die Fight en sê sommer vir hulle ek sê ook vir hulle – FOK JULLE, ONS HET JULLE LEKKER OPGEFOK IN DIE WORLD CUP!!!!!!

  7. Hi wel ja ek het moeruit gecomplain daar vanoggend, die kinders moet soos Annie se alles van vooraf doen. En ons kry niks terug nie, Haar vriend se pa gaan ons vergoed, vanaf Ierland in Euros.More sal ons meer uitsluitsel he. Maar ek hoop van harte dat hulle bagasie vandag sal opdaag en afgelewer word.

  8. @ Griffel – World cup
    Twee keer…innie ring…soner vaseline!

  9. Ja more is ek weer daar en glo my hulle weet nou van die Boertjies en weet ook sommer wat kan hulle met die Union Jack doen,.

  10. whahaha @ Union Jack!!

  11. Wat ‘n gemors! En al daai geld in die water! Hoop maar die bagasie kom heel hier uit, en alles is daar.

    En nou moet die hele proses weer van voor af begin? Sterkte vir julle, dit kan nie aangenaam wees nie.

  12. Hi Dellie dankie vir jou inloer, ja ek hoop dit gaan goed daar in die States met jou laaitie.Onthou as hy dalk oorweeg om later in die UK te gaan werk kontak my sodat ek jou soveel as moontlik tips kan gee, want glo my hulle wil explore.En ons moet nie in hul pad staan nie.

    Jy verlang seker baie.

  13. Dis moer lousy oor. Maar ek ken ook so geval. Toe ek Engeland toe is is ek vir meer as donners 3 ure vrae gevra oor ek 2 maande daar sou bly. En julle moet weet ek het op Doha oorgestop vrek warm en hitte wat by die ore uitloop. So ek was beslis ne lus virre gewaggery en uitvraery nie. Alle simpatie Brein

  14. En fok die pond, en fok die Big Ben,,,,,,, Sela.

  15. Waar de hel is Doha?My dogter se dat Dubai flippen warm is.

  16. Doha is regoorkant Dubai.

  17. Nee fok ek soek , Ponde, Euros en Dollars.

    Ja fok Big Ben en die Wndsors.

  18. Hulle kom met tien pond en hou die hele jaar vakansie, aaaaarghh!!!! 😦

  19. Jinne maar dis ‘n gemors!! Ook maar goed dit was nie ek nie, ek sou dalkies net in ‘n vreemde land se tronk beland het. Die draadjies hier by my is deesdae maar baie kort!!

    Sterkte vir julle Brein!

  20. Ja my een vriend het ook so stel afgetrap in London, hy was deur van die doeane beamptes uitgekryt as `n rassis uit Suid Afrika en met rasse/politiese vrae bestook en terug gestuur.

  21. Brein,
    Ek verstaan nie lekker wat het die Britte met Ierland uit te waai nie? Net Noord Ierland is deel van England! Ierland self is onafhanklik en het niks uit te waai met Engeland???? Hulle wou mos nie oorbly in Engeland!

    Calway is in Ierland! Nie Noord Ierland!! Hulle is lekker mal!!
    Ekke vlieg altyd via Parys na Ierland. Na hierdie storie sal ek defnitief nie via Engeland ooit wil vlieg!!

  22. Ja Carolina, ek hoor vanaf Kaapstad is daar direkte vlugte na Dublin. Lyk my die flippen pommies het nog steeds die koloniale beleid wanneer dit hulle sifbreine pas.

    Ek is steeds baie moerig daaroor, waar is die dae toe ons Boertjies teen die Rooinekke gefight het op skool. Ek sal nou `n pommie se gesig vir hom sonder Dr. 90210 rearrange.

  23. Ja ons ok. En hier sit ek nou getroud met ‘n rooinek. Alhoewel, hy sê hy is ‘n Engelse boer want sy pa was Afr en sy ma Eng.

  24. Annieget yourgun, dis darem nog ok maar `n soutie, pommie , bleekbeen, rooinek, die is hy nou darem nie.

  25. Ek is onlangs Ierland toe en het beslis nie daardie drama gehad nie. Mens kan 3 maande in Ierland en 6 maande in Engeland wees sonder Visa.

  26. My seun sit met ‘n 5jaar werkspermit en is al 3 jaar daar. Gaan dit nou met hulle ook gebeur?
    Ek dink ons moet die Britte dagvaar vir “war crimes” teen ons boere (1900’s) en hulle dwing om as betaling hul grense oop te maak vir al die Afrikaners!
    Arrogante luigatte!!

  27. Daai is ‘n kwai move! Ek laaik! War crimes!! Waar begin ons?

  28. Ek weet nie, maar as die Nazi’s na soveel jare vir “war crimes” moes verantwoording doen, hoekom nie die UK nie. Hulle het ons verinneweer en as hulle ons jongmense plek ontsê vir GEEN geldige rede nie, dan is dit tyd dat ons as Afrikaners iets vir ons kinders moet probeer doen. Hague?? Hulle dink mos ons Saffas is uiters rassisties. Ek kon nie glo hoe meerderwaardig die amptenare by Heathrow teenoor ons was toe ons vir hom gaan kuier het in April nie.

  29. Adrie , hulle was verlede jaar ook daar , Tell me what I dont know.Die vorige keer was alles doodreg.Wat was fout met veertien mense se visums op een vlug?Weet jy dalk huh?

  30. Weet jy dit kan miskien ‘n admin fout gewees het my doe konulaat in Pretoria? My man se werksvisum is vir 3 jaar en myne ook, maar ons paspoorte verval eers in 2018, my man se paspoor is gestamp op Auckland lughawe deur die doeane beampte maar daar was definitief iets fout met daai stamp want dit se, 20018, ekstra nulletjie 🙂

  31. War crimes!!!!!! Brein, ekke issie generaal voor innie linnie!!! Ek sal nog `n liriek skryf dan sing ons almal dit, ok? Jeezis! Die bliksims is helemal gek!
    Hier kommie 4de Boere-Anglo war!!! Fluck, ekke vlieg nettie soontoe mette Emirate`s plynie…

  32. Dankie Sigeuner, of moet ek se Generaal De La Rey.

  33. Ja Sigeuner vir generaal en veldmaarskalk.Lank lewe Boeregeneraal Sigeuner.

  34. Die feit van die saak is dat Europa al hoe meer hulle deure toemaak vir mense wat ‘vakansie werk, kom doen. Tensy daar ‘n hele rits amptelike briewe is van die werkgewer en van immigrasie kantoor- veral in Ierland is die Garda Immigration se brief belangrik. Ongelukkig moes jou dogter nou aan die kortste ent trek. Sterkte ek hoop jy kom reg!

  35. Blixer dankie , ag ek weet nie of hulle nog gaan nie hulle is gerattle oor die behandeling.Maar gelukkig het hy weer sy werk hier terug, maar my dogter moet nou weer soek. Ek gaan eers dat sy vanaf Maandag volgende week Pastell Kursus doen en dan ander werk soek. Ek moet se sy kry regtig gou werk en dan is dit ook goeie werk. So ons sal maar sien.

  36. Brein, sy kan nie verkeerd gaan met Pastel nie. Almal soek dit deesdae. Maak net asseblief seker dat die ouens wat dit aanbied, Pastel Authorized is, anders beteken dit ook nie veel nie. As jy wil kan jy my ‘n e-mail stuur, dan kyk ek watter van ons takke is naby julle, want ek glo sy sal daar die beste diens kry. 😉

Leave a reply to Koeksister Cancel reply