Aangename kennis my naam is krater/Kimberley.

Na aanleiding van Anniegetyourgun se “om jou naam gat te maak” het ek ook besluit om die kere wat ek my naam krater gemaak het met julle te deel.

Ek en my vrou se altyd na afloop van `n telefoniese gesprek vir mekaar eks lief vir jou.Wel eendag by die werk bel `n rep van een of ander firma my oor `n bestelling wat ek by hulle geplaas het. Na aflloop van die gesprek se ek vir haar “lief vir jou” , fokkit ek het onmiddelik die foon neer gewetter.My kollega in die kantoor het haar amper natgepie soos sy vir my gelag het.Die rep het natuurlik terug gebel en wou met alle geweld met my praat maar my kollega en sy het hulle gebreek.My verweer was wel die Bybel se jy moet jou naaste lief he soos jouself.

Sowat nege/tien jaar gelede laai ek my dogter by die skool af.My vrou het langs my gesit en het my dogter in die kar gegroet.Ek het in daardie stadium `n tweedeur Uno gery, ek het uitgeklim en die voorste sitplek vorentoe laat “tilt” en my dogter laat uitklim.Ek het haar buite gegroet, en nadat sy weggeloop het , het ek gaan sit.Maar die sitplek was mos vorentoe “getilt” ek het reg agteroor geval met my boude op die agterste mat geval en met my voete wat bokant die kar se deur uitgesteek het. Ek het my gataf geskrik.Ek was soos blits op en het die sitplek terug geskuif en ingeklim met my vrou wat natuurlik gedink het dis `n moerse grap en haar amper in `n ander bloedgroep in geskaterlag het.Fokkit hordes mense het hulle kinders ook daar afgelaai. Ek het net voor my gekyk en baie embarrassed weggery.

Ek het ook een oggend vroeg in `n Engen garage se patiodeure vasgehardloop, om iets te gaan koop nadat ek petrol gaan ingooi het.Heel deur die kak het ek rondgekyk om te sien wie het dit gesien, natuurlik die mense agter die toonbanke.My bril was lekker gebuig en my oogbank so klein snytjie opgehad.Maar ja hulle kon nie ophou lag vir die ou nie.

Ek het ook al vroeer jare by `n inry, in `n verkeerde kar geklim nadat ek kafeteria toe was, met die ander mense heel verbaas oor die vent was hom nou hier in hulle kar wil tuis maak.Dit het ookal gebeur dat ek `n verkeerde kar probeer oopsluit het wat nes my kar lyk , en dan gewonder wat de donner is nou fout met die kar se slot. Net om oor die dak te loer en te sien my kar is langsaan geparkeer.

Ek het miskien die een al hier genoem, maar so hele paar jaar gelede het my vrou ons pastoor se kleinkind saam met my dogter by die skool gaan haal.Die laaitie was toe ses jaar oud en sy naam is Brendan.Eendag het ek gery om hulle te gaan haal en dan se ek vir die laaitie luister hier Koos, dan se hy vir my oom my naam is Brendan, nie Koos nie. Dan se ek ok Pieter , dan se hy weer nee, oom dis Brendan .Dan se ek weer ok Jan, toe bly hy so rukkie stil en vra vir my, ken jy vir Jesus, ja se ek.hy se toe wel HY beter jou help want jys nie reg in jou kop nie.Natuurlik het mevrou brein haar gat-af gelag vir die laaitie wat my batteries nat gepie het.

Ons het in 2000 getrek na `n ander huis, nadat ons agt jaar by die vorige een gebly het.Ek het ook `n paar maal as ek van die werk afkom reguit na die ou huis toe gery, net sodat ons bure dit ook toe mos moes raaksien.Hulle het hulle byna geskeer.Ja, die mag van die gewoonte.

Net gou my vrou se een flater, so paar jaar gelede, voor die tyd van selfone lui ons huisfoon.My vrou antwoord dit en ek hoor toe wie dit is en beduie vir haar om vir die ou te se ek is nie by die huis nie. Fokkit sy se toe vir die vent, ag jammer my man se hy is nie nou hier nie.Sy kom toe agter wat sy gese het en gooi die foon neer, wel die ou het nie weer gebel nie.Maar ek het haar lekker uitgekak.Eish!!

18 Responses

  1. Whahaha Brein, daai een van die “ek’s lief vir jou” is blerrie snaaks. Ek kan net imagine wat daai rep gedink het toe jy dit vir haar sê. Oulike post!

  2. 😆 , OK hier is een. Many moons ago toe ek oudit-articles gedoen het, het ek met ‘n girl uitgegaan wat vir travel agent werk. Sy kon altyd sulke lekker goedkoop vlugte reël. Met die saam, sit ek toe nou een dag by kliënt in ‘n kantoor vol girls. Girl bel my om te sê sy kon ‘n vlug reël. My kant van die conversation, met al die girls om my het so geklink. “Dankie, hoeveel kos dit?” en toe “Sal ek jou nou betaal of na die tyd?”

  3. Whahaha demoerin…
    Ek is seker jou repetasie het net “gegroei” van daaraf…..hiehie.

  4. Whahaha Brein, Demoerin! 😆 Ek het nou so lekker gelag! Jy laat my iets onthou:

    Ek het in Newcastle by my boetie hulle gebly, en een Sondag-oggend is ek en hy gou Checkers toe. Hulle het so ‘n blou Opel Kadett gery. Nou, my boetie is so ‘n kort, fris mannetjie. Toe ons uit die winkel kom, met hande vol pakkies, trek ouboet daar weg met die spoed van witlig en hy HOL! Ek dog wat de hel, hoekom is hy so haastig, maar daar gaat hy sommer so skuins oor die parkeerterrein. En hy HOU daai sakkies. Hy hardloop oor die straat tot by die robot, en gooi sy sakkies langs ‘n blou Opel Kadett neer… net om uit te vind dat dit nie iemand is wat sy kar steel nie! Hie-hie, ek was histeries. My skoonsus moes ‘n halfuur wag voordat sy uiteindelik die storie uit my gekry het! 😆

  5. Brein, jy het my laat lag vandag! En jy ook Dellie. En dit terwyl my hartjie eintlik seer is. Fishpaste is vanoggend geopereer – ‘n 6 cm lange sny! Hy het homself gehaak oor ‘n draad of iets. My seuntjie het eina!

  6. Sterkte Annie!!

  7. Ai dis so lekker om almal se goed te lees ek lag aanmekaar gelukkig is ek alleen, my een voël wat buite op sy hok is sit my en namaak lag net soos ek, my man het eendag by `n winkel se trap neergeslaan, het `n klomp kleingeld in sy hemp se sak gehad, ek het in die kar gewag ek sien hom uit kom en toe ek weer kyk weg is hy ek loer toe by die ruit uit daar kruip hy op die grond rond en soek sy kleingeld, ek sou dit wragtig net daar gelos het en in die kar geklim het.

  8. Bytjie, ek was in matriek en dan het ons mos die hele koshuis in rye in die kerk gesit. Daardie jare het jy Sondagoggend silwergeld ingegooi en Sondagaand jou sente. Ek sit toe amper op die punt van die laaste ry en dis mos toe dat ek daardie kollektebord laat val en dat die sente die hele wêreld vol spat en rol. Sien in jou verbeelding ek wat tussen die kerkbanke rondkruip om die kollekte op te tel.

  9. Brein
    Dis mos nou merrisyne virrie naweek!! Ek het geskreeu soos ek lag en sommer innie proses ook hordes insidente ounthou.

    Dellie, dis flippen snaaks! Wens ek kon darie ene sien!!

    Maar dis genuine nie lekker as jy in die parkeerplek kom ennie kar is weg nie. Boetie is eenkeer 2 minute in Clicks. Toe hy daso uitkom, is die BMW moerland toe! Hy bel onmiddlik die trace mense. Hulle se nee wat not to worry, kyk net innie straat af. Wragtag! Da stanie kar, 4 deure wawyd oop, poliesie reg rondom ennie Van wat so skuins voorie kar staan, briekmerke orie teer en als. Die 4 waddie kar wou vat is egter vort! Sy beursie met kaarte en selfoon wat hy op die sitplek gelos het was nog net so! Dem oulike polisie!

  10. Wha , ha ha ha brein ek sien hoe sit jy die seat mis, ek sou my gecrack het om jou so te sien.Dellie dis classic man.

  11. Ai julle toe ons net oortrek Pretoria toe het ons n klompie kliente wat een vrydag hier is vir n meeting, en hulle vra my toe om eetgoed en tee ens reg te kry vir die kliente. Ek my baas en n paar ander ouens staan in die kombuis en gesels, en my baas vertek my of ek al die blonde meisie wat altyd by ons kantore in Edenvale kom al gesien het, ek se toe ja hoekom, hy se dit gaan sy nuwe PA wees een van die dae. Ek hak toe af en se sy moet eerder n sak oor haar kop trek want sy is so lelik soos die nag. Die een ou wat toe by ons staan sy naam is George, Martin hak af en se toe sies Els dis George se dogter, Dit het gevoel ek kon my kop iewers ver insteek, hou toe maar my pose en se maar om n PA te wees moet jy darem na iets lyk.

  12. Eina Elsa, dis ‘n “bad” een daai. Het George darem ooit weer met jou gepraat? …hehehe.

  13. Koekie as ek hom sien dan herinner dit my aan daai storie, die meisie is nie rerig so lelik nie maar ook nie popmooi nie.

  14. Elsa , fokkit dis `n bad een daai.Ek sou nie weer my bakkies naby daardie mense gewys het nie.Bwa ha ha ha………………

  15. Gelukkig is George nie te bad, n bok vir sports.
    Hy vat als as n grap (gelukkig)

  16. This surely makes great sense to anyone!

  17. Thats some instructive piece of writing…

  18. I don’t disagree with this writing!

Leave a comment