Steve Hofmeyr se mo#r:Quick Buck-Brigade versus Uitbuiters.

Die posting is geinspireer deur die uitspraak van die uitgeklede Pampoensanger, Steve Hofmeyr.

Steve het die die volgende paralipsis kwytgeraak volgens Beeld. Hofmeyr self sê: “Ons kan nie meer aan die genade van die quick buck-brigade oorgelaat word nie.“

Maar ek wil ook `n stelling maak en se “Die Quick Buck- Brigade kan nie meer aan die uitbuiting en parasitisme van sommige kunstenaars blootgestel word nie.”  Sekere kunstenaars het die houding van “die publiek skuld hulle alles”.  Maar eintlik moet hulle die publiek dien en vermaak met hul talente.  Sommige kunstenaars dreineer die ouens.

Hierna noem ek die tipe kunstenaars “sponse“ sonder om name te noem.`n Spons het mos die vermoee om enige vloeistof op te suig of te absorbeer.  Maar om iets goeds uit die spons te kry moet hy ongelukkig gedruk word.

Hiermee my sprokie: Daar was eendag `n Sponsie , wat sy vele talente tot die vermaak van `n nasie aangewend het.Die Sponsie het welliswaar, in die volk bele en het ook sodoende in die volk se harte in gekruip.Maar na `n verloop van tyd, tye en `n dekade of twee het die Sponsie die hande wat hom al die jare gevoed het begin byt.Soveel so dat hy te veel en vreemde vloeistowwe onregmatig op `n amperse parasitiese wyse opgeslurp het.

Die “hand“ wat hom gevoed het , het die druk begin toepas en sommige van die ongewenste vloeistowwe wat hy nie veronderstel was om te absorbeer nie, het stadig maar seker begin uitdrup.Soveel so dat hy pateties daarna uitgesien het en moes rondskarrel om te keer dat al die vuilvloeistof nie soos `n stroom uit hom gedruk word nie.

Na vele jare se gesamentlike opslurpery het die Sponsie natuurlik die meeste by verre, wil die Sponsie skielik alles of soveel as moontlik absorbeer, elke liewe druppel of plassie moet toe opgesuig word.Sekere QB-sponsies wat spartel en swoeg om kop bo water te hou en met die hulp van die Sponsie fondse te in vir hul onderneming, moet nou met druppeltjies tevrede wees.En selfs die wil die Sponsie en sy bejaarde, grasrokende mede spons soos aasdiere opsuig.

Soos wolke “swanger“ hang met reen, so hang vloeistof swanger in `n spons en wag net vir die regte barends oomblik.

Fluit fluit my storie is uit.

Terug by die werklikheid, Steve ek is ook een van daardie Quick Buck-Brigade waarvan jy praat, eintlik is ons opportuniste en entrepreneurs in eie reg, iemand wat kan onderneem, solank dit net wettig is.Wat jy eintlik met jou “paralipsis” wou aan roer is dat jy gatvol is vir skole, kerke, sukkelende sport klubs, klein ondernemings en sekere feeste se organiseerders.

Kom nou almal wil geld maak, gun tog die son oor ander ook skyn.Maar om R450 000.00 te vra of te aanvaar is daylight robbery.Jy rook die ouens!!En dit by `n venue wat nie eers `n uur van jou huis af is nie en vir net sowat twee ure se “vermaak”. Wimpie van der Sandt het sy issues, maar sy bedoeling was goed om jou en die liedjieboer bymekaar te bring.Twee groot geeste van die Afrikaanse musiek bedryf.

Hoe meer ek jou uitlatings sien en hoor , hoe meer hou ek van Louis van Wyk.Miskien het jy die geld nodig vir Janine se eis, Eish.Viva Janine!!

Wimpie aag moenie worry nie.Die siviele howe is so vol die saak sal sekerlik eers in 2012 voorkom en uitgestel word vir 2013 en dan weer vir verdere ondersoek vir hopelik finaliteit in 2014.Sterkte Wimpie.

Van die os op die jas, Steve, Ek hoor Garnett Parkin van Brikor is nie van hier nie, hy vat nie kak van kabouters nie.Ek hou die een met belangstelling dop.Sterkte Garnett en wees asb nie te hard op Van der Sandt nie.

Hasta la Vista.

122 Responses

  1. Goeie more , met `n kommetjie gat in my se hand soos oom Jan Spies altyd geseg het. brein my vrou het my altyd kwalik geneem omdat ek nie van Steve hou nie.Dit versterk net my saak.

    Koue oggend hie in moerland.

  2. Jy is omtrent kwaad nê! Ek onthou destyds het Steve gesê dat hulle hom die bedrag geoffer het, ek weet hy het nie die prys gemaak nie, maar ek stem saam dat hulle dit netsowel maar nou kan los aangesien die Wimpie ou nie die geld het om hulle te betaal nie, maar dit is tog ‘n feit dat Steve nie gesê het hy soek soveel om op te tree nie. Hulle moet dit maar uitsort.

  3. Nee sorry Brein, hier kan ek nie met jou saamstem nie want ek is steeds ‘n Steve fan. Skiet my maar daaroor. Lekker Maandag maaikies

  4. Net ‘n regstelling Brein, Garnett Parkin vat nie kak van niemand nie , nie egoistiese sangers of kabouters nie. Ek volg ook die storie op Wimpie se blog en kry die man eintlik baie jammer. Hy klink nie vir my na die B/shitt tipe nie.

  5. Hierdie hele kwessie het absoluut niks te make met wie is ‘n fan van wie en watter ou vat nie nonsens van niemand nie.

    Die hele saak gaan oor kontraktuele reg en dit wat daarin vervat is. As jy ‘n kontrak met iemand sluit moet jy die bepalings van die kontrak nakom punt.

    So of jy nou die Pous is, ‘n MD van ‘n maatskappy of wie ookal maak geen verskil nie, kontakte is kontrakte en die uit einde is dit wat daarin vervat is en niks meer nie ook niks minder nie. Die bewysreg van die nakoming van die bepalings in die kontrak berus by elke party om die hof te oortuig wie is reg en verkeerd / nalatig.

    Die meeste mense wil deesdae ‘n eier le oor wat hulle in die koerant lees, op iemand anders se blog of waar ookal en dat die een kwansuis dit sou gese het en daai een dat sou gese het.

    Daar is ‘n goeie spreek woord in afrikaans wat hier ook geld: “Van hoorse lieg mens veel”.

    Net die partye hier betrokke weet wat die waarheid is en hulle moet dit oplos tussen hulle, die res is sensasie en beteken boggerol.

    Ten laaste, indien jy iemand vir sy / haar / hulle dienste kontrakteer en jy dink die kostes is te veel, onderhandel jy voor die werk / diens gelewer word en dit vorm deel van die kontrak bepalings jy huil / kla nie na die tyd dat dit te veel was nie. Hy / sy / hulle het redes vir die manier hoe hulle die kostes bepaal so aanvaar dit of kry vir jou iemand anders om dit te doen as jy nie tevrede is nie.

    Groet van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 😉 🙄

  6. Eish Brein. Ek’s bietjie deurmekaar. Hoekom dagvaar S vir Wimpy? Omdat hy R450 000 aangebied is maar slegs die helfte gekry het…… is ek reg?

    As dit die geval is stem ek saam. Dis baie geld.
    Laat staan dit nou en cut jou losses. Almal wat betrokke was het geld verloor. Wat gaan dit tog help om almal aan te vat en te dagvaar? Wimpy het nie eers salaris gekry nie, as ek reg verstaan?

  7. Ek weet okkie meer nie. Ek stem dat net hulle sal weet op die oomblik wat in die kontrakte opgeskrewe staan. Die feit dat daai sponsies deesdae ok so bietjie gehawend voorkom is ook nie ‘n leuen nie.

  8. Brein ek het nou so bietjie swembad gaan skoonmaak en sommer ook bietjie gedink oor alles wat jy hier geskryf het, ek kan nie die keer saam met jou stem nie, Steve het darem baie gedoen om fondse in te samel vir instansies, hy het regtig seker nie nodig gehad om dit te doen as hy nie wou nie, hy kon maar net soos al die ander niks gedoen het nie. Hy het ook nog nooit enige instansie soos welsynwerke ens. as parasiete beskryf nie,hel jong ek dink jy is ‘n bietjie verkeerd vandag, hy het wel die koerante wat geld maak uit sy foute as dit bestempel, wat ook niks minder as reg is nie.

    Ongelukkig is ek nie iemand wat soos die weer verander en my rug op iemand draai oor stories nie, die Wimpie ou is seker nice en als maar laat hy sy eie stront uitsort, ek gaan nie inspring en Steve sleg maak nie, ek dink nog Steve het meer gedoen as wat enigeen van ons kan droom om te doen, ek voel nog Steve het foute maar moenie die enigste ou wat werklik iets probeer doen het vertrap nie.

    Pagoda gaan ook nie hiervan hou nie, dit is sy blog en hy het reeds gesê hy voel vere vir wat in Steve se lewe aangaan.

    Lyk my ek poep alweer in die verkeerde konsert, want ek hou maar nog van ou Steve.

    Of sal ons maar sê soos in Vetkoekpaleis “Weet antie Poppie dit??” dit is nou hoe ek voel oor al die gekerm oor Steve.

  9. Mense gaan lees asb Wimpie se blog vir feite. Daar was nog nooit gesê dat hy betwis die inhoud van die kontrakte nie, hy word beskuldig van oneerlikheid omdat hy kwansuis nie opgespoor kan word nie. Tweedens was hy nie verantwoordelik vir die betalings aan die kunstenaars nie. Hy is self nie betaal nie, nie ‘n dooie sent nie.

    Wat Steve se uitsprake aan betref is dit mos maar soos ons hom geleer ken het dan nie.

  10. Ja ek stem n kontrak is n kontrak, kak en betaal is die wet van transvaal.

  11. Persoonlik voel ek dat R450000 vir ‘n ‘n once off vertoning hoeploos te veel is. Steve mag dalk soos Afrikanersbesit wees, maar hy is ook nou nie juis Robbie Williams nie.

    Maar as die bedrag aan hom verskuldig is moet hy betaal word. ‘n Deal is ‘n deal.
    As jy, as die ou wat die hele gedoente beplan het, kwansuis wou sien of jy met ‘n konsert soos daai twee twissende wetters die strydbyl kon laat begrawe en in die proses groot bedrae geld beloof om dit te laat gebeur, dan moet jy oë toeknyp en betaal.

    Oor Steve se uitlatings…wel aggenee. Baie van ons het sy doen en late gevolg op sy blog en daar is niks gesê daar wat jy nie in sy huidige uitlatings ook kan bespeur nie. Laat hy maar die ouens sue om die geld te kry. Good luck vir hom.

    Ten minste verstaan ek Brein beter as wat baie buitestaanders dalk sal doen. Brein is ‘n ou wat sy moer gou pluk, en as ‘n trotse Afrikaner is dit dalk vir hom ‘n groter bitter pil om te sluk as jy moet hoor hoe ‘n ou wat in baie sirkels verafgod word oor dit wat hy vir ons taal doen nou skilik die hand byt wat hom al die jare gevoer het. Daardie geld wat hom nou geskuld word het mos niks met die publiek uit te waai nie? Nou hoekom ons aanvat? Aikona…

  12. Ag hoor nou weer vir dokter proffessor Whiteknight.Jy lees soos jou agterwereld soos gewoonlik.Jy kon nie eers die ordentlikheid he om my op een van my vorige postings terug te antwoord nie, want jy klim te gou op die bandwagon.

    Ek weet kontrakte is kontrakte.Maar vir my het dit gegaan oor sy stelling van die Quick buck brigade, met ander woorde hy wil nie he organiseerders en aanbieders en die middelman moet enige iets in die sak steek nie of hy gun hulle net aalmoese.

    Hy kan `n miljoen ook in sy sak steek vir daardie show, maar steeds rip sommige kunstenaars.die publiek af.

    Anniegatyourgun as jy en ander hom aanbid is dit up to u. Ek aanbid nie vlees en bloed soos sekere mense nie.

    Ida Jvr, Ek like jou nog altyd maar moet nie woorde in my mond le nie.

    En ja die is `n saak tussen Steve en die organiseerders van daardie show, maar met sy “PARALIPSIS” het ek `n probleem, maar somige is te onnosel om dit raak te sien of weet nie wat dit beteken nie.Gaan doen weer julle huiswerk.

    Dankie Griffel , Pagoda, en Demoerin ek lees jou parralips raak.

  13. Ek stem saam met Pagoda. Dis baie vir een konsert, maar as hy dit op kontrak beloof is, moet hy dit kry. So terloops ek was by daai konsert, en dit was great. Maar hoe dit ookal sy – ‘n deal is ‘n deal.

    En ja Ida ek stem ook saam dat die ou baie vir welsyn doen – verniet, mahalla. So gee hom wat hom toekom

  14. Pagoda hou ` poll en as die mense wil he ek moet maak soos Rokof dan doen ek dit.

  15. Ek voel ‘n veer vir Steve en sy uitlatings. Ek hou van sy musiek en van hom as kunstenaar en verder moet hy maar maak soos wat hy smaak. Ek ken nie die storie nie en stel ook nie belang nie, maar al wat ek weet is dat ‘n kontrak bly ‘n kontrak.

  16. Ja ek glo Steve kan seker maar vir ou Wimpie tegemoet kom met die kontrak storie maar dit is hulle saak. Aan die anderkant Steve het nog nooit iemand gedwing om na sy shows toe te gaan of om sy CD,s te koop nie ons doen dit sommer so vanselwers niemand dwing my om van hom te hou of nie, dit bly maar elkeen se eie keuse. Ag kom nou ou Brein, Steve is nie regtig so kw@k ou nie , ek weet nou nie so baie mooi van daardie parra wat lip sis nie, weet jy ek dink jy raak nou te slim vir my, jy weet mos ek is blond en kan net twak praat.

  17. Whie Knight

    Ek sien wat jy sê…en ek glo nie iemand sal noodwendig NIE met jou stellings saamstem nie.
    Brein is dalk bietjie hot-under-the collar oor die onderwerpie en as sulks moet mens seker sy sienswyse respekteer. Die wereld sou hopeloos te boring gewees het as elke mens dieselfde oor ‘n saak moes gedink het.

    En Ida, jy’s reg, ek voel eintlik ‘n veer oor wat in Steve se lewe aangaan, dis geen geheim nie. Ek voel daar as ander, meer “verdienende” mense daar buite wat my onverdeelde aandag verdien. Ek het al in sirkels geloop met ouens wat in die vermaaklikheids bedryf is en as sulks het ek ‘n ander perspektief omtrent hulle. Hulle poep net so vrot soos ek en jy, bloei as hy val, vloek en skel as hy by die huis is en kots as hy te veel gedrink het by ‘n braai. Net oor die ou kan sing en sy godgegewe talente gebruik om te kan skryf is nie genoeg om my te maak regop sit nie.
    Steeds, each to his own…ek like net nie die feit dat hy na baie jare se “uitbuiting” van die publiek die einste ouens wat sy groot huis, karre en mediese fonds vir hom maak bekostig het so in die gesig vat nie. Die hoogste bome en ook die laagste tolbossies moet hulle plek ken.

    Nou wag ons nog net vir die drommels in parlement om tot daardie gevolgtrekking te kom.

  18. Nee, Brein jy gaan nerens. Dit is “ons” blog en jy het die reg om te sê wat jy voel en ons het die reg om saam/nie saam met jou te stem nie.

  19. Brein…jy gaan nerens nie. Drink ‘n bier, koel af en more post jy weer ‘n foto van jou “Corsa” bakkie! LMGA! Ek wonder nou nog hoe iemand sulke stront kan kweitraak (boskakker) sonder om sy feite te check! DIS ‘n FORD BAKKIE POEPHOL….eggo…eggo…eggo…eggo….

  20. Goed gesê Linda

  21. Ek weet nou nie waaroor die hele storie gaan nie. Ek lees iets van PARALIPSES, sies man, op bosparra praat ons nie so nie!

  22. Ag ek smaak julle ouens oor `n honderd.Fokken almal, behalwe SH.

  23. Gatvol, Dit is ‘n parra wat lip sis hoor!!!!! BREIN ons is nie kwaad vir jou nie ons praat maar net saam, soos in familie fight! hoe het ons dit nou met jou, ons het mos maar altyd gefight en dan is ons weer een happy family. Maar ek like nog vir Steve! en fight maar vir hom ook, my hart is soos ‘n taxi daar is baie plek vir almal. Ek belowe jou as iemand met jou K@k soek dan fight ek met hulle ook.

    Wat se “gevoting” is dit met jou ons stem eers volgendejaar April weer?? Dan sal ek vote vir jou, laat weet net wat is jou party se naam. Haai jong wees net bly jy sit nie met al ou Steve se twak om uit te sort nie, ons het nog nie worries nie, so kom ons drink daardie bier wat Pagoda ons aanbied en lag onse gaaie af vir almal wat so stress oor ander se probleme.

  24. Hel Brein jy het eintlik nou so lekker fight begin en nou wil ons almal vrede hê, askuus man, dink solank iets anders uit ……. ek hou nogal van so lekker fight. Hahaha!

  25. lol @ Gatvol.

    Ek wou nog sê Brein gaan nerens nie, toe’s alles klaar. Anyway.. Brein, jy bly net hier!

  26. Paralipsis; Rhetorical figure of speech, (mentioning by not mentioning)

  27. Koekie, dit is amper soos ‘n bak poeding, jy wou nog hap toe is alles sommer net weg, nee wat Brein gaan bly, hy wil maar net dat ons dames hom smeek om te bly! manlike ego! Nou beter ek rokof voor Brein hom vir my vererre.

  28. hehehe Ida. Brein sal tog nie ons girls alleen hier los nie.

  29. gatvol – jys minora 🙂

    jis ek het julle almal vreeeeeslik lanklaas raakgelees. linda.. stem met jou 100% saam. kontrak isse kontrak en ek kry die arme ou jammer. hy lyk ook nie vir my na n fly-by-night nie.

  30. Amen dokter proffessor White Knight.

  31. Ida Jvr – Ek wonder of Breintjie ooit mooi die HAT geraadpleeg het voordat hy die woord Paralipsis gebruik het in sy post – ?????????

    Breintjie, nee man hoekom wil jy weghol elke keer as jy die wind van voor kry? Jy moet jou pakslae soos ‘n man vat – Jy sien sommige mense dink op hulle se voete – en kan darem mooi ‘n saak van ‘n kant af benader en daaroor redeneer met die regte feite – maar min mense het ongelukkige daardie talent. Daar is nog iets wat my geweldig kwel oor jou kommentaar hier bo “Ek smaak julle ouens oor ‘n honderd. Fokken almal, behalwe SH” Ek neem aan die SH is Steve Hofmeyr – eish Breintjie dan was jy in die verlede en so onlangs soos Junie 2008 nog ‘n “twee gat jakkals” ook.

  32. Ek dink dalk net dat Brein se siening van SH vir wyle verander het…

  33. Brein, mooi stukkie geskryf!
    Waar, o so waar.
    Het Stevie-boy nie ook so ruk terug een of ander groot woord gebruik met een van sy skrywes nie…. iets met ‘n S – ek kan nie onthou wat die woord is nie?
    Anyway – bly maar net hier……. nie almal kan agter die gulp aansnel nie – iemand moet op die briek van realiteit staan…… HARD!

  34. Brein
    As jy op ‘n openbare forum soos die blog wat algemeen gelees word postings doen, dan gaan almal nie noodwendig met jou saam stem nie. Elke een is geregtig op sy / haar opinie en dis in elke geval nie wat mense in die meeste gevalle se nie maar hoe jy dit soms se wat die verskil is.

    Onthou mense kan nie jou sien om te weet, bedoel jy iets letterlik of tong in die kies nie en of maak jy net ‘n grap nie.

    Buitendien reageer jy in jou posting op iets wat Steve kwansuis volgens die koerant sou gese het. Hoe seker is jy hy het dit gese en ook wat hy daarmme bedoel het, koerante skryf wat hulle wil om die koerant te verkoop ter wille van sensasie.

    ‘n Pralipses of dan om iets te se sonder om dit te se of na iemand direk te verwys, dus gebruik jy nie name nie, maar jou posting buiten die sponsie gedeelte verwys direk na sekere mense en dit bring ‘n direkte verband tussen jou skrywe en sekere media opskrifte.

    Ek het al meer as een maal gese ek is nie ‘n aanbidder van mense nie, dit behoort jy te weet by die tyd.

    Om persoonlik te raak met iemand en te begin name noem oor hulle van jou verskil is nou nie juis die beste manier van debat voering nie.

    Ek lees nie elke dag die blogs nie, soms slegs een maal ‘n week anders selfs minder, dus as ek jou nie op ‘n post geantwoord het nie is dit hoofsaaklik omdat ek dit nie gesien het nie, soos ek jou laat weet het na jy my oor dit gevra het weg van die blog.

    As daar dan ‘n belangrike saak is wat moet aan gespreek word, jy weet waar om my te kontak en kan enige persoonlike saak met my uitklaar sonder om die blog as forum te gebruik.

    Ek neem dinge wat op ‘n forum soos die gese word nie persoonlik op nie en ek se hoe ek voel oor ‘n saak en klaar, Daarna is dit verby en ek gaan aan.

    Groete aan al die Werflinge 😉

  35. Ek stel ook nie belang in sy doen en late nie. Hy moet verantwoording doen aan sy gewete en sy eie mense. Ek hou ook net van sy musiek. Brein relax toe samblief. Pagoda: Lees jou emails asb

  36. Ja ja Whiteknight.Ons praat later.

    Masharona ek het sedert ek op SSSB begin blog het,laat blyk dat ek nie `n moerse Steve fan is nie, maar het by hom gestaan oor sy dinge met Janine toe almal hom uitmekaar geskeur het omdat ek weet waardeur mans gaan as dit by vroue kom.Ek koop sy musiek ek kyk na sy DVD`S en ek kyk na sy shows soos Kris Kristofferson kosert, hy het talente, maar ook sy foute.

    Jy moet net vannaad onthou om jou gebed te begin met Liewe Steve sag en teer.Ek is en was nog nooit ` tweegat jakkals nie.Ek sal jou hordes coments mail waar ek Steve op sy blog aangevat het male sonder tal. As hy verdien het om eer te kry het ek dit vir hom gegee, en as hy kak aangejaag het, het hy van my gehoor.

  37. Aloha!
    Liewe genade, gaan die Steve -saga nogsteeds aan?

    Ek vir een mis die man se raakvat van dinge in ons land, sy manier van DOEN en nie net praat nie. Soos Ida se: Wie anders is bereid om hul nekke so uit te steek? Dis maklik om te doen as jy nie ‘n reputasie het om te beskerm nie, maar as jy jou verdienste uit mense maak en bereid is om te doen wat Steve gedoen het, gaan ek jou moed bewonder.

    Brein, ek verstaan nie jou galbraak oor Steve as sulks terwyl dit meestal Anton was wat die geld najaag nie?

    Jel, die arme Steve
    Ons arme Afrikaners
    Ons arme treurige leierskorps
    ons arme ekonomie
    ons arme kinders
    ons arme toekoms
    😦

    MAAR laat ons ‘n mede-afrikaner neerslaan! Laat ons ‘n man laml^e met bitsige kommentaar, liewe magtag, laat ons eerder dit doen as om te probeer saamstaan en te protesteer oor wat WERKLIK ons aandag en energie nodig het.

    Alo Sharona, WK, Ida, Roer, Annie!

  38. Asb moenie my dagvaar nie…………………… Ek wil ook net iets sê……. of sal ek sê my mening lug 🙂 Die wat nie weet wat aangaan nie kom by in die lewe! Kyk ek is nou nie die grootste aanhanger van Die Uwe nie. En ja n kontrak bly n kontrak maar as dit nie oor geld gaan nie waaroor gaan dit? Ek is nogal regtig trots oor wat van Wimpie se deel gaan word. Sy persentasie word geskenk aan n kinderfonds. Wimpie ek is trots op jou! Dalk kan ons dieselfde van ander partye ook volgende week sê……….

  39. Groete aan die bekendes en die minder bekendes.

    Ai tog, ek kom lees hier met die hoop om nie betrokke te raak in die nou so bekende moddergooiery in die Afrikaanse blogsfeeer nie, net om te ervaar dit gaan maar op die Werf soos op vele ander blogs!

    Dit is regtig jammer!

    Sal ons ou volkie nooit kan saamstaan nie?

    Grootneus uit die Sandput

  40. Saamstem is een ding Arabier…en nie noodwendig die die regte ding nie. Dis maar ‘n vaal wereld waar almal oor dieselfde ding dieselfde moet dink.

    Saamstaan? Ek weet nie juis hoekom saamstaan in die geval van toepassing is nie. Maar toegegee…daar is ‘n lelike mentaliteit daar buite wat maak dat ons mekaar nie juis ‘n duit gun nie.
    En die trolle is orals Arabier…selfs nie errs ons, wat so lekker weggesteek is, is daarvan ontsien nie.

  41. Hallo Arabier 🙂 !!!!!

  42. Hi Sammi lekker om jou weer raak te lees.

    Ons lees nie almal ander blogs nie en daarom weet ‘n klomp van ons gereelde Werfers nie eers waaroor die bohaai oor Steve gaan nie. Ons het maar net jou posting gelees Brein.

    Brein, ‘n voorstel – as jy weer ‘n artikel in die koerant gebruik as basis vir jou posting laai dit op asseblief sodat ons ander dit ook kan lees en dan kan saampraat. In die Kaap kry ons nie die Beeld nie.

  43. My donner leef julle slakkies nog. Ek het so lanklaas julle klomp gesien, ek kry sommer trane in my oe. Ek wonder nou as hierdie Brickor en Wimpie ‘n skerp lawyer kry wat bewys dat die konsert ‘n flop was, omdat al ou Steve se sekskepades en Fok almal stories die koerante vol was die weke voor die konsert. hulle kan mos argumenteer dat dit die rede is vir die flop, want hy was die hoof atraksie en toe kom al hierdie negatiewe publisiteit. Nou wonder ek as hulle dit kan bewys, of Anton en Wimpie en Brickor, dan vir Steve gaan dagvaar vir al die verliese wat hulle gelei het. Seker dit gaan baie meer wees as die R225000 wat hy reeds gekry het.

  44. Maar wag nou Ricky

    Was sy sekskapades nie reeds op die lappe gewees VOOR die konsert aanmekaar gesit was nie? Dan kan die lawyers mos maar daardie verweer op hulle pense skryf en afvee met wessies wat hulle nie dra nie, of hoe?

  45. Ek dink eintlik Wimpie is die ou wat die meeste te na gekom is in hierdie hele ding. Hy het nie ‘n sent gekry wat hom toegekom het nie, en sy reputasie is aan flarde. Hy was tog nie verantwoordelik daarvoor dat Steve en Anton betaal moes word nie? Nou lyk hy soos die vark in die verhaal. Sad.

  46. Dis waar Dellie, maar soos met alles word ‘n scapegoat gesoek. As die bokke underferporm is dit die coach se kop wat rol. As die politici stront aanjaag is dit “apartheid” se skuld…As kunstenaars nie betaal word nie is dit Wimpie se skuld.

  47. Nee pagoda wanneer dit op die lappe gekom het sal ek nie weet nie. Ek volg mos nie sy doen en late met ‘n vergrootglas nie. Ek weet net dat elke week was daar goed oor hom… verhoudings. wie hy vloek, wie hy gaan dagvaar ens in die koerante en tydskrifte. Of dit invloed het op verkope sal ek nie weet nie. Ek reel slegs paarties by my huis, nie konserte nie. Ek is ook nie prokureer nie, ek redeneer net met slakkies wat ek weet ek kan wen. So ek sal nie weet nie.
    Maar net gevra of dit nie dalk kan gebeur nie.

  48. Ricky…welkom dan hier by onse slakhuisie…maar moet nie al jou geld verwed op ‘n argument wen nie hoor! LOL!

  49. Hehe, ag man as ek dit nie wen nie kan ek altyd jou donner. Ek hoor daai ander ou se jy is so pissie. LOL

  50. Breintjie – dit is so waar, in baie van ons ou SSSB bloggers se geval – ek self ,hou van Steve se musiek -sommer verskriklik baie, koop sy CD’s en DVD’s, woon sy konserte by en wat ookal daarmee gepaard gaan – maar dit maak van hom beslis nie ‘n god in my oë nie – daarom Breintjie aanbid ek beslis net een God en ek begin wel my gebed elke aand met Liewe – “Jesus” Sag en Teer -jy het al voorheen dieselfde stelling gemaak teenoor ander mense dws “begin jou gebed met Liewe Steve, sag en teer” – en dit raak nou regtig afgesaag. Jy behoort mos van beter te weet.. Maar tot daar – ek ken jou ook al lank en weet
    jy is ‘n opregte en volbloed Mannemarak van Mars af en EK BIED JOU R450 000,00 AAN om te erken jy is “gay” ………… en Brikor is die borg. (Hie-Hie)

  51. Ek ken nie vir Steve nie, so ek kan nie sinvol kommentaar lewer nie 😉

    Ek lag maar saam met Eddie Izzard: “Celebrity opens doors and lowers drawers” 😛

  52. Maar sien Ricky…dis bespiegelinge. Daar’s mos maar net een manier om uit te vind, en daai ou is nou nog te doners pisgat om sy mys te wys…

    Ek sê gereeld, moenie ‘n ou op sy baadjie takseer nie…jy kan dalk jou moses teekom.

  53. LOL @ Emil! Blerrie waar!

  54. Of jy kan hom moer en sy baadjie steel

  55. As hy ene dra. Indien nie, wel…steel sy beursie en laat dit soos ‘n mugging lyk

  56. Hi Sammi! 😉

    lol@Emil

  57. Ag jammer dat ek so baie praat. Ek het julle so gemis. Ek lees nou sommer alles wat julle op julle blog al kwyt geraak het en het iets gekry wat ek wil paste. Hoop dit sal julle help met doe vrede van vereniging.

    Brein se Rym

    Die afsterwe van SSSB.

    Jammer om te hoor,
    so jammer om te hoor,
    Steve se spoegblok is gekwes,
    Na sy siekbed in Pretoria Wes.

    Na konsiderering gee hy nou bes,
    En op Die Werf trek ons nou wes,
    Teen die lamppale lees ons die verhale,
    Van die kunstenaar se swanesang verbale.

    Op Steve se spoeg blok was ons soos familie,
    Ander jaloerse vuurspuwende bloggers,
    Was weer `n nare klomp boggers,
    Maar op Die Werf is ons weer `n hegte familie.

    Soos `n beer het Steve se spoegblok hiberneer,
    Maar hier op die werf kyk niemand op ons neer,
    Pagoda federasie is goeie inspirasie,
    Vir Die Werf se nuwe bevryde nasie.

    Skrop en kekkel saam met Phibbie as jy wil,
    Maar solank jy skrop , want jy wil,
    Hier is ons bloggers homogeen,
    En niemand suig aan die agterspeen.

    Jammer om te hoor ,So jammer om te hoor,
    Steve se spoegblok het in die kuberruim versmoor,
    Steve se spoegblok se DOOD,
    Is Die Werf se BROOD

  58. Nice find Ricky!

  59. O toggie ek wonner of daar ‘n emoticon is van mannetjie wat in sy neus sit en grou…?

  60. LOL @ 007! 😆

  61. Of eerder een wat sit en roer in ‘n stinkende,slikdam met ‘n leë brandewyn bottel!

  62. Of dalk een met ‘n leë brandewyn bottel wat in ‘n stinkende parradam roer?
    🙂

  63. haha en het ek nou weer lekker gelag vir die goeie herinneringe van almal van julle. laat ek ook maar my spyker in die doodskis gooi!
    ‘n kontrak is ‘n kontrak en jy gaan die ding mos vrywillig aan. en HOPELIK raadpleeg jy ‘n prokureur vooraf en stel die ding ordentlik op sodat jy ‘n escape het as die konsert ‘n flop uitdraai – hoe werk dit dan dat die ou so baie geld belowe en nie ‘n ou escape klousule het nie hmm?
    Almal weet ou Steve en ou Anton het glad nie mekaar gelike nie en dit sou nogal ‘n great ene wees om hul saam op die verhoog te kry! so, hy het gedink hier kom ponde!! die kite het toe nie gevlieg nie. maar dit is mos maar hoe dinge werk. as hy baie geld gemaak het sou hy mos nou nie dit terug gegee het vir “die arme drommels wat dan nou te veel sou betaal vir ‘bn kaartjie nie”.
    dit sou nou ook so kon wees as die Bokke so gagga speel soos laas week – hoe dan nou as almal hul geld terug vra by die hekke.
    Nee wat Brein, jy weet ek lees jou graag en ek geniet jou woordspeling – maar hier was die HELE BOEL IN VIR DIE GELD. die kontrak lyk my het egter net nie die aanbieder beskerm nie, maar dit is sy probleem nie ons s’n.
    White Knight jy is reg.
    Brein bly. jy skep leke gesprekke

  64. ek dink nou da aan: as dit so kon wees en ons almal wip ons vir uitbuiters moet ons dit deur trek nê: verdien enige politikus enige van die geld wat hul so mildelik ontvang? derduisende rande en gratis vliegtuie ens. en dan is daar proks en advokate – almal doen maar dieselfde joppie maar partye se rekeninge is miljoene! kyk hoeveel moes Fred betaal vir Dup de Bruyn voor hy hom gefire het! (sal hy nou sy geld kan terug vra??)

  65. Hoezit julle klomp wetters,007Meisie, RickyLouw, Roer,Linda, Arabier, Sammi, bly om julle te sien.

    Maar wat ek gese het, het ek gese.

    Masharona , ongelukkig kan ek gays nie baie like nie, ek kak eerder in die pomp, voordat ek in die kak pomp.Ek daag enige mooi dame uit om te kom uitvind of ek gay is , she`ll beg for more.
    En as gesegdes wat eie aan die brein is afgesaag raak, gaan lees ander posts.Maar ek like jou darem nog ouma.

  66. Ek weet nie wat lees ek wat ander net nie wil sien nie. Wimpie vd Sandt het nerens die inhoud van die kontrak betwis nie.

    Iemand help my asb as ek nie mooi verstaan nie maar Brickor was in beheer van die show. Van die bemarking tot die uitbetaling aan die kunstenaars, Wimpie sou 20% van die hekgelde ontvang.

    Brickor het slegs 50% van die geld aan die kunstenaars betaal, Wimpie het nie ‘n sent gekry nie. Anton en Steve gaan nou blykbaar vir Wimpie dagvaar vir die res van die geld.

    Die redes vir die Flop van die show is voor die hand liggend, as jou sterretjie besig is om te verskiet dan verskiet hy,klaar. FOK die res…

    Prok jy is verkeerd net soos WN lees julle net wat julle wil. Brein het Beeld aangehaal waar Steve van die sogenaamde Quick Buck Brigade praat.

    Hy kan net hier van Wimpie praat want hy weet net so goed as almal dat Garnett Parkin en Brickor meer in ‘n dag verdien as Steve en Anton saam in ‘n jaar verdien.

    Daarom my eerste comment vroer en dat die geld is nie die probleem hier nie. Glo my ek weet.

  67. Hi Prok, jy ken my styl seker ook al, maar dis lekker om jou ook hier te sien, jy was darem al hier.Maar eks is vredeliewenheid self en ek like van stir.Maar ek doen maar dinge soos my hart my lei.Julle is almal reg oor kontrakte.

    Ek gaan `n nuwe song skryf………..”Ek kan doen met R450 000, 00 ek kan myself met 450 en nog drie nulle kan versoen ja, ek kan doen om te versoen.

  68. Griffel ek dink dit is maar net op bosparra waar Steve se ster so verskiet het, en daar gepraat word oor die “comeback wat hy sal moet “try” maak ens. Hy was nie weg nie net siek, ernstig siek (groot operasie) en die manier hoe daaroor gespot word is ook glad nie mooi nie, maar daar kan ‘n dag kom dat so iets met enigeen van die klompie daar gebeur dan wil ek sien as ander daarmee spot wat sal hulle dan sê.

    Daardie konsert was op die verkeerde tyd gereel, selfde tyd as Cilene Dion se konsert, en daar was baie ander sangers ook, nie net Anton en Steve nie. Buitendien dink ek die Wimpie ou soek ook nou te veel simpatie en probeer skerm vir homself, hy oordoen dit al amper.

  69. Ek het nou eers Wimpie se blog gaan lees en dit lyk vir my hy praat meer oor Anton Goosen, alles wat hy daar skryf is dat Anton dit en dat gesê het, maar Steve kry die skuld, nou wonder ek ook of die koerante regtig betroubaar is met wat hulle skryf.

  70. Ai en hier kom die klomp paras weer om te stir, noem net Steve se naam en hulle kom soos `n klomp brommers, ai, ai

  71. Bytjie…die parras is welkom. Almal ken die reels en as enige reel nie na geluister word nie is dit tickets met daai comment.

    Mens kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie 😉

  72. Ida, dis ook my indrukke, Wimpie het in die verlede baie laat blyk dat hy respek vir Steve as kunstenaar het.

    Brein, kyk net hoe het jy met hierdie inskrywing so baie van die “ouer” bloggers laat saamstaan – mooi man!

    Viva Steve, Viva!! Pagoda, wil jy nie maar vir Steve vra om so nou en dan ‘n insetsel te kom lewer oor sy siening van Zuma, Phosa en Mothlanthe nie?

  73. Sammi

    Ek respekteer elke ou se siening oor die drie bogenoemde name, maar ek druk nie kop in daai bynes om Steve te kontak nie. Hy’t in elk geval niks ooghare vir my na ek hom sleggesê het op sy blog nie. Ek glo dit was wel binne my reg om hom te vertel wat ek van sy manier van dinge doen dink…veral met betrekking tot die die insleep van die media terwyl sy vrou en kinders daar onder lei. Daarna nooit weer in my rigting gekyk nie…Dis ook beter so.

  74. Brein sien jy nou hoe het jy n klomp van die ou bloggers getrek WELL DONE!!!
    Welkom Arabier, 007meisie,RickyLouw,Prok

  75. Pagoda, natuurlik word jou siening respekteer. Dis immers jou speelgrond hierdie.

    Ek het daardie stuk gemis waarna jy verwys, maar kan bygones nie maar bygones wees nie? Voor die persoonlike lewe van Steve ontbloot is, het hy baie goeie insae gelewer oor dieper dinge en onderstrominge in ons land en tussen die mense.

    Persoonlik glo ek dat musiek ‘n ongelooflike sterk band vorm om ons kulture nader aanmekaar te bring.

    Dit was ‘n voorstel met goeie bedoelings. Van ons het tenminste vir ‘n jaar en 1/2 gelees en met mekaar geskerts en gekuier ens totdat die persoonlike marakkas die spreekwoordelike “fan gestrike” het.

  76. Welkom aan al die ou bloggers. Ek het julle wragtag baie gemis. Moet nou nie weer wegraak nie.

    Brein as jy vir Masharona in lewende lywe sien, wonder ek darem nog of jy haar “ouma” sal wil noem.

  77. Linda van die Weskus?

  78. Sammi…ek dink baie van ons het dalk beter insae te lewer. Hoe voel jy oor ‘n spreekwoordelike “vinger in die pie”? 😉

  79. Pagoda die media sleep hulle self in alles in, dit was mos die scoop van die jaar en is nog steeds op sommige blogs, nee ek dink Steve sal tog met jou gesels ook, alles wat Steve sê word buitendien so verdraai soos wat dit ander pas. Soos jy sê dit bly maar die MENSDOM en die DOMMENS elkeen dink mos maar hy is reg en dit sal altyd so wees want ons het almal ander menings en sienings dit maak dit so interessant, maar veroorsaak ook baie misverstande en russies onnodig.

  80. Netso Ida!

    Pagoda, hierdie mamma het vir lank saamgesels en geniet nou om ‘n hele paar nugterdenkendes weer hier by julle raak te loop?
    My insae sal maar altyd meer polities en sosiaal (omstandighede) van aard wees en dit gaan nie altyd so lekker af nie 🙂
    Ek is besig om ‘n “Moms of HCM for a better future” in die lewe te roep. Ek’s maar net beter met die DOEN van dinge en besit nie heeltemal die geduld en charisma om die geskrewe woord gestand te doen nie.
    Vryf mense dan verkeerd op en verloor so die geveg 😉

  81. Linda ek het Masharona in lewende lywe gesien, en gelukkig ken sy my al en weet ek joke net.

    Soos jy se Pagoda die parras en slange en almal is welkom hier.

    Sammi ElsaParkes:Ja soms doen mens iets en dan is daar sommer lekker resultate.

  82. Ja Sammi, al die pad van die Weskus af.

  83. Brein o brein, soos jy weet ek smaak Steve oor `n honderd en niks oor hom pla my nie.So ook like ek jou, wat sal die bloggs wees sonder jou.

  84. Thanx Omyfok.Ek weet , ek weet.

  85. Omyfok, ek laaik jou naam nogal baie bekend dit klink soos iets wat almal elke dag gebruik! Ah! so jy is daardie wetter wat alles laat verkeerd loop dan sê ons Omyfok, nou weet ons wie om te roep as die paw-paw die fan strike.

  86. Hi, Brein: kom by uit jou beswyming oor al die gedrool hier oor jou, mens sou sweer jy is Steve soos die slakkies drool, Hahahaha!

  87. Brein lyk my jy is die sameroeper van al die ou bloggers!!! Kyk net wat het jy nou vermag almal kom so een vir een uit hul gate gekruip, mooi man!!

  88. Haha Brein, lyk my jy gaat bloos van al die komplimente!
    Ida
    Hoe lyk Toti deesdae?

  89. DAAI WAT!!!!???? 😛

  90. Pagoda, jou vuil uil!!! 😆
    Verdomde jong latte wat nie meer kan Afr spel nie – nie dubbel T nie 😆 😆 Jy behoort mos te weet waar Ida bly?

  91. Nee man dit is nie brein wat almal hierheen gelok het nie. Al die slakke kuier mos deesdae op bosparra, en toe hulle hierdie link daar geplaas het, het hulle net gou kom inloer hier onder hulle ou nicks.

  92. Ek was nog nooit op BP nie

  93. Annie gaan besoek gerus Bosparra, http://bosparra.com maar jy gaan jou doodlees, die ouens kook.

    Pagoda Toti is Amanzimtoti, nie die ding wat sommige ouens het en na dit as `n toti “tot hier” verwys nie, hulle wys dan tot op hul knie, shit dan is dit AGT DUIM en nie agshame nie.

    IdaJvr nou ja ,maar eers was julle kwaad oor die comment.Maar eks ook bly om van die ou name hier te sien.

    RickyLouw, ek like jou jy laat my baie aan iemand dink……………….Die Brein.:lol:

    Sammi , dis regtig lekker om jou hier te sien, ja ek is bloedrooi gebloos, ek is maar `n skaam outjie…………….Bwa ha ha ha .

  94. Sammi: Nee dis lekker hier in Toti (Amanzimtoti) net geweldig droog, lanklaas ‘n bietjie reën gehad, ons dae is nou op hul lekkerste nie te warm nie, hier teen Desember, Januarie en Feb. sterf ons weer van die hitte.

    Brein, BLOOS EN SKAAM ! wat jy waar kry???

  95. Ricky,
    Jy slaan die spyker op sy kop, daar is beslis baie slakke op Bosparra, hulle krioël so tussen julle parras rond, tog te oulik nê?? Jy laaik mos die slakkies kwaai. Hoe gaan dit met klein Ricky word seker al mooi groot?

  96. Brein?? hoe kan jy nou vir Ricky so eervolle toekenning gee, om te sê hy laat jou aan die BREIN dink , is daar nou ‘n korsluiting in die Brein. LOL

  97. Bzzzzttttttt kortsluiting bzzzzzzzzttttttt , jammer regstelling,aan Steve Hofmeyr.

  98. Breintjie – as hierdie insetsel van jou nou nie ‘n bewys is van die aantrekkingskrag van Steve Hofmeyr nie – dan weet ek wragtig nie. Kyk net na die getal “comments” – ek stem saam met Sammi Viva! Steve – “the man they love to hate” in sommiges se geval. Breintjie – nee man, ek bly net hier en lees jou insetsels – sodat ek jou net weer en weer kan “opvryf”.

    Sammi bly om jou hier te sien! Hoop dit gaan goed daar in Tweni – sien jy is weer besig om jou deel te doen – soos gewoonlik – miskien ‘n kuiertjie reel vir die week 27/9 – 3/10? saam met die ander Suid-Kusters.

    Pagoda – ek kan jou ‘n paar “horrific” ware feite vertel van hoe die media vir Steve en sy gesin “gehound” het in die tydperk toe die koerante sy storie (sleez) op die voorblaaie gepubliseer het – ek kan hom nie kwalik neem vir sy reaksies destyds daarop nie – ek sou teen hierdie tyd al in Max C gesit het vir 1st Degree Murder as ek in sy skoene was.

    Linda- die klein pes van ‘n Breintjie is al van toeka af op my case – oor die “antie” en “ouma” storie – sy bek is baie groot – maar hy is maar soos ‘n foxterrier tjie – kef! kef! Kef! die hele tyd maar as hy rerig moet “byt” dan hol hy stert tussen die bene weg. Ne Breintjie?

    007Tjint- ek sien jy is verveeld – haal nou maar jou vinger uit jou neus uit – ek het vir jou ‘n takie op jou blog geplaas wat jou besig sal hou – ek kry ‘n baie interesante SMS nogal, van SAPS Vuurwapen Afdeling – miskien kan jy bietjie lig op die onderwerp gooi.

    Groetnis aan almal! en wees veilig.

  99. Ekke kuier nie op Bosparra nie want Me en Ricky het my weg gejaag want hulle het te veel van ons slakkies gehou :mrgreen:
    Ek het die link van Emil gevolg

    Ida
    Hier ook maar droog maar ek sien darem ons het so 30% kans vir reen vandag, YES!

    Brein
    Jy moet nou nie te rustig met my hier raak nie, hoor! Jy moet baie goeie sin maak, ek watch jou nog steeds. 😀
    Hoe gaan dit met jou dogter?

  100. Breintjie- nee, ek gaan nog lank hier sit en vir jou loer om te kyk wat se “verbal diareer” jy het elke dag – en indien nodig jou goed “opvryf” daaroor. “What is goed for the goose is good for the gander” – word in die English taal gesê.

    Sammi – lekker om te sien jy is hier – lees ook jy is soos altyd nog steeds besig om jou kant te bring in die gemeenskap – hoe gaan dit met Laatlam en Grootseun? – sal daar miskien kans wees vir ‘n ‘n kuiertjie saam met al die Suid-Kusters tussen 29/09 -04/10?

    Linda – Breintjie se “antie” en “ouma” storie kom al van toeka af – maar so ken ek hom – jy weet mos hy brêg mos graag oor sy viriliteit onder die evageslag – die threesomes ens., maar ek weet hy is nes ‘n foxterriertjie – kef,kef,kef en as dit by die byt kom hol hy met sy stert tussen sy bene weg – nê Breintjie?

  101. Sharona
    Wat ‘n uitstekende idee! My selnr nog dieselfde, gee ‘n luitjie wanneer jy hier is! Hmm ja, die gemeenskap is nou effe annerplek. Sal jou vertel wanneer ons mekaar sien. MWAHH vir jou!

  102. IdaJvR, Stevie se sterretjie is definitief besig om te verskiet. Hoekom dan net 1300 betaalde mense by die Brugflop show?

    Toevallig praat ek vandag met een van ons bekende sangers hier en hy bevestig dat die bookings nie meer so baie mense trek soos altyd vir Stevie nie.

    Nee wat julle wat hom so aanbid moet maar meer cd’s gaan koop want hy het dit nodig en gaan dit nog meer nodig kry as Janine se prokureers eers klaar is met hom. Kannie wag nie.

  103. Sammi en Masharona julle weet tog die brein kan nie regtig moerig raak vir julle nie, daarvoor het ek te veel respek vir bejaardes.Nee regtig ek like julle baie.Maar dis nie te se ons gaan nooit koppe stamp nie.

    Griffel die saak kom eers glo in 2012 voor so jy moet maar geduldig wag.Hoop ons span verloor nie weer die naweek nie.

    Hastilla vista

  104. Brein, ons wen mos net op Loftus jong, al die easy games is mos in PTA vir ons. 😆

  105. So waar Griffel Gaffel Gekweste , Brandsiek, Bewoe Blou Bulle.

  106. Brein
    Jy moet versigtig loop, bejaardes weet van gatskop! Julle jong latte moet nog leer wat ons al vergeet het! 😀 :mgreen:
    HOE GAAN DIT MET JOU DOGTER?

    Sharona
    Dog ek lees dubbel met jou inskrywing vroeg vanoggend nounet, was dit daar vroeèr? Gaan baie goed met laatlam noudat hy by die huis is en Grootseun nogsteeds in moddereiland. Lyk nie asof hy gaan terugkom nie, het ‘n nuwe werk begin.

  107. Hey Brein – noem jy die bulle bransiek? Sies, ga!! Ons praat weer na die naweek 😉

  108. Skweez me, Brein, maar jou moer op die ene! Sorry om van jou k@k te hoor, maar DIE BULLE IS DIE BESTE EN DAAR IS F-OL WAT JY DAARAAN KAN DOEN! KRY MAAR VIR JOU ‘N BLOU HEMPIE, WANT HIERDIE JAAR IS DIE CUP WAAR HY EINTLIK HOORT.

    Heeehaaa! GO BULLE! 😆

  109. Dellie julle hoop so maar die bulsteaks gaan braai en al beker wat julle gaan sien is die bierbeker om julle sorge te verdrink.Jy bly dan in die goeie Vrystaat wat laat jou so laag daal om virrie arrogante bloues te skreeu, wel ek skreeu darem op hulle.

    Sammi ag sorry man, maar dit gaan baie goed met haar met so `n pa kan dit mos nie anders nie.Sy is darem gesond , gelukkig in haar werk maar haar pa like haar sleepsel fokkol.

  110. Ja, sorry ek het GEGIL op die vorige comment. Shoot me. :mrgeen: BULLE BO!

  111. Brein, ons gebou is oranje en blou geverf – ons bly inni Vrystaat, maar ons harte is vir die BULLE – nog allie jare. Maar ons is lovers, nie vegters nie…. die beste span gaan mos anyway wen. En almal weet dis die BULLE.

    Hie-hie, al verloor ons het ons mos steeds so ‘n arrogante en verwaande houding – niks beat dit nie!

    ONS BLOED IS BLOU, EN SORRY AS JOUNE NIE DIESELFDE KLEUR IS NIE!

  112. Dellie as ek geweet het jy is `n bloubul dan het ek `n ander foto gepaste vir jou as fotograaf.

    My bloed is rooi, so rooi soos die streep in die LEEUS se trui.

  113. Ek sal maar saggies sê…. ek skree vir die W.P. ek is nou so regte sanniejammergat maar ek wens die W.P. wil nou wakker skrik!!! voor die Cuurybeker seisoen verby is.

    Ag ou Griffel jy maak my moeg, kom ons wag maar vir die gevreesde hofsaak van die eeu en wat ookal gebeur dit is anyway ‘n pot snot. sulke hofsake gebeur al vir eeue en daagliks so wat is nou so snaaks omtrent die een.

  114. IdaJvr, jy kannie nou al moeg raak nie. Julle gaan nog baie slapelose nagte he oor Gulpie. Nou is die tyd om vas te byt.

  115. Ag Griffel, gaan praat bollie op ‘n anner plek. Steve is glad nie minder gewild nie – inteendeel! Daai dag was daar ‘n groot rugby-game aan, dis hoekom die kaartjies swakker verkoop het. Sy Waarmaker-toer het baie goed gevaar, en doen steeds. Ag, ek het nie eers lus om met jou te stry nie

  116. Annie net `n regstelling/vraag, waar is daar groot en baie belangrike rugby games in Maart?

  117. Kies julle lat ek weer so sit en in my neus grou…ek bou ‘n bloubul met die oorskot… 😆

    Die blou bul is hy nie ‘n bielie nie….tra la laaaa…wonner waar het ek my blou bul pantie gebêre? En my blou vellies…

  118. Skies julle lat ek weer so sit en in my neus grou…ek bou ‘n bloubul met die oorskot bolle wat ek rol 😆

    Die blou bul is hy nie ‘n bielie nie….tra la laaaa…wonner waar het ek my blou bul pantie gebêre? En my blou vellies…

    😀

  119. Ek het nog alkyd gedink daai “vete” tussen Goosen en $teve was niks anders as een moerse jare lange publicity stunt gewees nie… en toe dit by cash in kom glo hulle toe verkeerde ou en word heel ironies deur die ore gewerk met die betaalslag….

  120. steve het ‘n so ‘n paar maande (jare) gelede op ‘n tydskrif se voorblad verskyn en as ek dit reg onthou het hy ‘n keil op gehad – al wat ek werklik kan onthou van die foto is dat hy soos ‘n regte ou FAUST gelyk het met die horingagtige inhamme en evil ogies…scary

  121. If only more than 75 people would hear about this..

Leave a reply to cebella Cancel reply