WIE EN WAT IS KORRUP?

 

As iemand my sou vra wie of wat is korrup, sou my plein eenvoudige antwoord gewees het RYK MENSE.  Hulle is almal deur die bank korrup en probeer almal en alles om hulle koop en omkoop.  Hulle sal ook alles doen om hulle gatte met geld te red.  Vat nou maar vir Zuma en Shaik, wie het vir wie verlei met geld?  Is dit nodig om meer te se daaroor? 

 

Is dit die gewone man op straat, die middelklas ou of die arm-man wat polisiemanne, verkeersbeamptes, onderwysers en staatsamptenare omkoop.  Nee duisend maal nee dis die ryk bliksems.  Word hulle gestop vir spoed oortredings hou hulle onmiddelik `n paar note byderhand en word dit vinnig in die betrokke beampte se hand gedruk en ta ry skotvry van die toneel af weg. 

 

Hulle koop onderwysers, hoofde en skoolbeheerliggame om, om hulle brats te bevoordeel en as dit nie werk nie word die ou bloeitjie uit die skool gehaal en doen dan sogenaamde “home schooling“.  Selfs in private sportklubs koop die wetters hulle pad oop.  Hulle dryf hulle kinders genadeloos om te presteer en soms is dit bokant die kind se vermoe maar pa en ma wil mos fokken raakgesien word.  Dan het hulle ook nog die houding van “EK BETAAL JOU SALARIS“ as iemand ooit vir jou so se dan gee jy hom of haar `n tien sent muntstuk en se ag sorry man hier is jou deel terug. 

 

`n Baie groot persentasie ryk mense ontduik of betaal nie die Keiser wat hom toekom nie.  Ook hier geld sy geld. 

 

Wat is jul mening?

21 Responses

  1. More Brein. Ek weet nie maar ek dink jy veralgemeen. Daar is mense wat ek ken wat ryk is wat nie so skelm issie. lol. Ek dink deur die bank deur, maak nie saak geld, kleur of watookal nie. Skelms kry jy orals. Regdeur die wereld.

  2. Phibbs…ek’s nie op kantoor vandag nie hoor. So moet seblief my daar probeer mail nie…net in case te veel mense begin dwaal op my kompie.

    Ek’s by die huis en voel ‘n bietjie olik.

  3. Ek stem met jou saam. Maar daar waar ek my huidiglik bevind in die onderwysstelsel en self die vraestelle tik het niemand my nog ooit genader. En ek is met baie van die ouers bevriend. Ja dit is waar ons gewone pleps kan nie ‘n rol note uithaal en jouself in of uit ‘n situasie koop nie, maar dit maak ons dan opreg/eerlik/skoon wat jy dit ookal wil noem. My man is onderhoof en ek waarborg jou daar was nog nooit enige gelde ter sprake nie. My mening……………mense (ryk mense) is nie stupid nie, hulle weet presies wie sal val vir die koevertie onder die tafel deur en wie nie, so ek sal waarlik nie met alle eerlik kan sê dat dit nie hier gebeur nie, maar dit gebeur dank vader nie met my nie. Maar ek wonder darem vreeslik baie oor al die jagtrippies waarop onse hoof so gaan. Wel dis my mening. Ek sal nooit in der ewigheid omkoop geld vir enige rede aanvaar nie. Dis juis hoekom my seun nie kaptein van die rugby span is nie,,,,,,ma is te arm om die mense om te koop. Eerlikheid betaal aan die einde van die dag…………en ek slaap baie lekker snags.

  4. Brein
    Ons land is korrup want die ouens wat ons moet lei is korrup. As die verskillende departemente almal geen korrupsie in hul ranks gehad het nie, sou dit die einde van korrupsie gewees het waar die man op die straat, ryk of arm, betrek sou word.

    Ek voel persoonlik dat so lank die top brass die blinde ogie draai, die land nie kan verbeter nie. Die land kort iemand hard en genadeloos om hom reg te ruk

  5. F@K padoga ek het klaar e-mail gestuur man. tsk. Gewonner hoekom is jy so laat.

  6. Wel kom ek sê wat is flippen korrup. Die feit dat ek 2 mense se werk moet doen, maar ek is die aansienlike verhoging beloof maar nou….3mnde later is daar gun sprake daarvan nie. Dan sit hier ‘n pop met tiete op haar wange en fokol doen ……. en sy kry dubbel wat ek doen net oor sy soos ‘n slet lyk en act.

    Ek is sekerlik seksueel gefrustreerd………………lol

  7. Hoeveel het jy gestuur Phibbs?

  8. Ek sal jou sê wie is die eintlike boggers: dit is hierdie mense met die “new money”… hulle wat eintlik niks gewoond is nie.

  9. Hola Rory, Welkom by telkom ek bedoel die werf.Ja jy klink nie onder `n kalkoen uitgebroei nie.Dankie vir jou insette.

    Phibbie sorry jys seker ryk, ek joke net nee ek dink regtig nie ek veralgemeen nie.Ek het al saam met `n ryk gesiene “kerkmens” en uitgesproke Christen gery in Murrayfield in Pretoria waar die omie sy share voor my vir die speedcop gegee het.

    Maar waar is die comments van die geldbaronne?

  10. Koeksister ja jy het nou `n punt beet, Ouma.

  11. Brein , ek kry jou vandag by Bosmanstadion. op die B-veld….kom kyk bietjie rugby toe!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  12. Wel ek ry nou……….sien julle.

  13. Ouma! Gmpf!

  14. Brein: al wat ryk aan my is my voete. Tsk. En my man hou aan ommie verkeerde lotto nrs te speel.

  15. Hmmmmmmm. Julle is so reg orie rykes. Julle willie weet wat by my werk aangaan nie, maar ek mag nie praat nie as ek my job wil behou. Al wat ek kan sê is dat die ouens wat so preek dat die belde stywer getrek moet word, die teenoorgestelde doen….

  16. Brein, ek sal jou omkoop as dit sal help dat jy darie beloofte koppie koffie kom drink.

  17. Sigeuner ok whats da colour of ur money babes.Nee ek sal regtig `n draai maak ……en muskadel is lekkerder as koffie.

  18. Hi Sigeuner!!!! Flippen hel, hoe ganit?? Is jy weer op die lug? Sorry… Hi julle ander ook. Ek is so bly om vir Sigeuner hier te kry.

    Ek het ook al gesien wat se verskil geld kan maak as dit by leerlingraad en sport kom in skole. Dit maak my mo*rig!!

  19. Weet julle wat steek my dwars in die keel? Arm kindertjies wat moet ly omdat hulle maatjies het wat ryk ouers het en die ryk ouers keer nie regtig die arm gatte goed nie. Kinders ly geweldig onder die geld sindroom, want mamma my maatjie het ‘n nuwe sony playstation gekry ek soek ook een, maar mamma werk maar net vir ‘n klein salaris sy kan dit nie bekostig nie.

    Mar weet julle waaraan troos ek my, as die rykes (daaris goeie ryk mense ook ok) maar as die snobistiese rykes wat so neerkyk op ons middelklas mense gaan val gaan hulle f@kken hard val en hulle gaan sukkel om op te staan ….. dit is waaraan ek my troos.

    Kinders kan nie help as hulle ouers middelklas is nie, en grotendeels kan ouers nie regtig iets daaraan verander nie, maar dit is nog steeds nie nodig om die middelklas kinders soos kak te behandel of om te dink daai kind is nie goed genoeg om jou kind se maatjie te wees nie, want onthou daai middelklas kind het ‘n hart van goud en is met die minste tevrede.

    Ok nou voel ek beter ………….

  20. Stem saam met jou Patches.

    Hi Sig, hel dis goed om jou weer raak te lees, gaan alles wel?

  21. Koekie! Goed om julle almal raak te loop hieso, girl! Dit gaan great, dankie. Sal maar sien of ek tyd gaan kry om so nou en dan in te loer. Baie, baie werk.

    Ek is jammer, maar geld pla my effens min. Snobistiese mense laat my koud en my kinnirs moet self hulle pad oopmaak vorentoe. My hart kry altyd seer as ek sien daar is kinders wat verdien om iewers te wees, maar onderdruk word agv finansies. Dis kots!

    O, ja…ek sal eendag as ek groot is ryk wil wees!

Leave a reply to Pagoda32 Cancel reply