Fishpaste

Helloooooow !

 

   

My ma het gevra ek moet ietsie skryf oor my lewe, aangesien sy baie besig is.  Ek kan nie verstaan waarmee sy so besig is nie, want al wat sy eintlik moet doen is om my kosbakke vol te hou, my maag te masseer, my te borsel en te streel, en my te vermaak met speelgoed … wanneer ek in die bui is natuurlik.

 

So terloops, vir in geval julle nie weet nie …. Ek is Fishpaste, die mooiste en slimste van alle katte.  Ons bly in ‘n lekker huis langs ‘n spruit volop muise, voëls en akkedisse.  My slawe is my ma, my pa (hy kom en gaan met ‘n swart ding wat hy agter hom aansleep), die jonger slaaf wat nie die slimste slaaf in die wêreld is nie, en die donker slaaf wat my met ‘n lawaaierige, suigende slang rondjaag as ek wil slaap.

 

Dan is daar ook die twee irriterende honde … Hooch en Rooibos.  Hooch hou nie baie van my nie want hy het eerste by die slawe kom bly, maar ek word op die kombuiskas getel en ham gevoer.  Hy wag net tot die slawe buite sig is, dan jaag hy my om die huis.  Ek dink sy grootste wens is dat ek die pad gaan vat.  Rooibos is die meisiehond en nie baie skerp nie.  Sy hol al agter Hooch aan, met geen idee hoekom nie.  Al wat sy weet is als wat Hooch doen, is lekker.  Dan is daar nog die simpel grys voël in die hok … Dingbat.  Ek dink hy is ‘n geheime agent vir die slawe want hy praat met hulle in hulle taal.  Ek is seker hy vertel vir hulle wat ek doen as hulle nie by die huis is nie.  Hy lyk nogal lekker …

 

Die jong slaaf is maar alte gewillig om deure vir my oop te maak en met my te speel.  As ek my stem dikmaak omdat ek te lui is om by die venster in te spring, kan jy maar weer die korthaarslaaf gaan aangehardloop kom … lekker stupid, maar ten minste is hy ‘n getroue slaaf.  Hy en sy vriende raas net ‘n bietjie as ek wil slaap.

 

My ma is die coolste slaaf ooit.  Sy vertel my altyd dat ek die mooiste seuntjie in die wêreld is en druk en soen my (nie so mal oor laasgenoemde nie).  Sy gee my die lekkerste eetgoedjies, selfs 4 uur in die oggend wanneer ek doodmoeg inkom na ‘n nag se jag.  Soms gil sy bietjie as ek vol knapse kêrels is, en vat my dan na daai aaklige plek waar hulle my in water druk, my mooi pels afskeer, ‘n strik op my kop vasmaak en my vol poeier gooi!  Sy kan nie vir my kwaad word nie, selfs nie eers as ek haar nuwe Nine West handsak gebruik om my naels bietjie skerp te maak nie.  Die lewe is ‘n lied, geskryf net vir my!  Miskien sal sy ‘n kiekie van my saamstuur sodat julle kan sien hoe cute ek is.

 

Chow !

 

23 Responses

  1. Fishpaste, wil jy nie bietjie by Mungo Jerry kom kuier nie, ek dink hy weet nie meer van jag nie, die muise stap voor hom verby en hy kyk anderkant toe.

    As hy wel voëls bekruip begint hy te miaau vir die vale, jaag hulle net die skrik op die lyf.

    Mungo se ma

  2. Mungo se ma, wie’t gesê katte moet muise vang? Slaap is baie lekkerder. Alhoewel ek laaik duiwe kwaai. Ek los gewoonlik die lyf vir my ma in haar kamer nadat ek die kop afgevreet het!

  3. Eks nie mal oor katte nie, hulle maak my siek, maar disse mooi kat en mens kan sien hys bleddie bederf.

  4. Fishpaste – Jy’s ‘n pragtige kat. Ek is nog klein maar ek hoop om eendag so mooi soos jy te word. My naam is Snowy en ek is spierwit.

    Ek moet gaan…. ek hoor my ma is inni kombuis.

    Chow Fispaste.

  5. Ag grossssssss!!, halfgevrete voëls, klink nie of jou slaaf omgee nie, Fishpaste, doe zo voort.. 🙂 hehe

  6. Hehe.. Die anner klomp wat nie diereliefhebbers is nie … ons is nie mal nie hoor, net bietjie gerook, of getik, of whatever!

  7. Gepraat van muise! Fishpaste het eenkeer ‘n muis ingebring en die het weggekom. Muis bly toe alte lekker agter my kopstuk waar kat se kind hom nie in die hande kan kry nie. Ek kon nie gif uitsit nie uit vrees dat my kat dit sal eet. Toe eendag kon ek net nie meer die geskarrel hanteer nie en met Fishpaste onder een arm pluk ek die bedkassie weg en gooi kater daarin. Dit was soos blits toe het hy muis se kind. Toe gooi ek kater met muis innie bek by die venster uit. So het ek toe van die muis ontslae geraak. ‘n Boer maake plan!

  8. My boxer, Bullet is die muisvanger in die huis, Mungo stel net nie belang daarin nie, en dis nie asof hy dikgevreet is nie, hy’s net blerrie lui.

  9. Jou Mungo laat my aan Garfield dink!

  10. Annie
    Jou nuutste post wou nie reg “format” nie.
    Kan jy dalk vir my die email forward na diewerf@live.co.za
    Dan sal ek kyk of ek die outjie namens jou kan post.

  11. Jy’s reg Annie, Garfield se boetie, hy’s net nie so mooi soos jou Fishpaste nie, hy’s ook gemmer en wit , my man sê hy is ‘n dairykat. hehe

  12. met ‘n klein koppie soos ‘n partie frikkadel.

  13. My hond het weer ‘n lang lyf soos ‘n koshuisbrood

  14. Pagoda, ek was besig met die post en het dit nie gesave nie want iemand het my geroep. Dis snaaks dat dit deurgegaan het. Ek probeer weer of stuur dit vir jou.

    Koshuisbrood en dairykat!! Dis kostelik!

  15. Ja nee…hy hardloop by die deur uit en as ek nie versigtig is nie slaan ek die skuifdeur te vinnig toe en sny driekwart van sy lyf af.

  16. My man het so baie byname vir Fishpaste, veral oor sy kop so snaaks gevorm is weens sy plat gesig. Hy noem hom pampoen, nartjie, pajollies, mog-it-troffe, moffie (oor sy bollies uitgehaal is), rooi bliksem, spinnekop, ens ens ens

  17. Haai julle klompie diere, ek is Jerrie die amesone ek is `n voël en praat aanmekaar, my ma skree so af en toe hou jou bek, maar ek wil praat, langs my sit ou Johnny die african grey, hy praat net in die oggend en vroeg aand dan klink hy nes pa, die 2 brakke hardloop hier rond, vlekkie en jessie, jessie lek gewoonlik haar lippe af vir my, ek dink sy wil my eet. die vakansie kuier hier so `n stout seun hy maak my ma gedaan. sê asb vir al die diere groete en fishpaste se ma slaaf sy skryf te oulik.

  18. Hi Jerrie! Ek hou van voëls … my ma ok
    Fishpaste

  19. AK47 ek is die enigste een in ons huis wat katte like, my vrou en dogter hou maar net nie van dit nie.Ek is mal oor tweebeen katte en dink net daaraan mooi katte met lang rooi naels,maskarra,blondies, brunettes, swartkoppe of rooikoppe met mooi kurwes.Bwa ha ha

  20. hiehiehiehiehiehieheiheihie eish brein

  21. Liewe Vissmeer

    Ek wens ek kon jou slaaf wees. Katte is die enigte companions wat regtig tot diep in my siel in met my praat. Allie mense hieso, behalwe ekke is allergies vi julle hare. My meester is so 4 maande terug net weg en nou mag ekke niemand se slaaf meer wees nie. Ekke is lus en trek da na jou toe, Fishpaste.

  22. Brein……mieaauw!!

  23. Ek is en was nog altyd verskriklik allergies vir kathare…

    Maar Tommy, ‘n gemmerkatjie van my kinderdae, sal my altyd na aan die hart lê. Hy’t saans my hare platgelek onder die koffietafel dat ek gelyk het soos ‘n ‘n koeikalfie wat sopas gebore is.

    My ma het haarself vrek gelag daarvoor. Ek mis hom. Kanker oppie neus het gemaak dat ons hom moes uitsit…een van die sadste dae in my lewe…selfs al ko ek nie rerig naby hom wees sonder dat my oë opswel soos muisp******s nie.

Leave a reply to Koeksister Cancel reply