The devil made me do it?

So nou en dan is daar is koerantopskrif wat ons almal laat regop sit en notisie neem, En die een van gister in die Burger het my tot stiltand laat kom: “Satan beveel glo swaardmoord”. Wat de hel?

Dit is nou een ding wat my dwars in die krop steek, en dieselfde mense wat vir Bons wil kruisig oor haar sondes  😉 gaan my ook seker nou aanvat: skei uit met die stemmetjies in julle koppe.  Dit is nie Satan wat met jou gesels nie, of enige van die ander gode nie.

Jy hallusinieer, of jy ly aan skisofrenie, of jy droom helder oordag en hoor jou eie stemmetjie. Staan Pa vir jou besluite en sê ek het dit gedoen want my kop raas ‘n bietjie.

‘n Doodnormale kind wat op ‘n doodnormale dag skool toe gegaan het, het ‘n abnormale dood gesterf, want daar loop fokkers daar buite wat stemmetjies hoor……..

Sorry 😦

17 Responses

  1. Ek dink jy’t sopas jouself geantwoord.

    As jy enigsins dink Satan maak jou goed doen wat jy nie wil doen nie, raas jou donerse kop. Punt. Fienies en kla!

  2. Ek stem! Solank as wat jy ‘n gesonde verstand in jou kop het, is die keuse joune. Jy besluit en jy sê stop die lorrie as dinge te erg raak!

    Buitendien het dit net doodeenvoudig té maklik geword om “stemme”, God, die duiwel, ouers, maats, drank, whatever die skuld te gee wanneer ons k@k aanjaag…..

  3. Stem saam – jy maak self die keuses!! Dit het te maklik geword om alles behalwe jouself die skuld te gee as dinge in jou lewe verkeerd loop.

  4. Ek stem 100% saam met julle.

  5. Klem op die “koerantopskrif” gedeelte – Dis ongelukkig waaroor dit gaan. Opskrifte verkoop koerante, en een soos die sommer stapels! Sommer ‘n pot stront om die duiwel te blameer vir jou eie kak.

  6. Ek stem saam dat jy jou eie keuses het en verantwoordelik moet wees vir jou dade, maar ek glo wel dat Nick iets met daai ou se optrede te doen het – onthou, die duiwel is magtig, God is Almagtig. So moet hom (Nick) nie onderskat nie. Die feit dat daai maer outjie soveel fisiese krag gehad het is onverklaarbaar. Net my mening …

  7. Hierdie siek bliksem moet gehang word. KLAAR!!!

  8. Ek skaar my aan jou kant Bosbewoner. daardie mannetjie het geweet waarmee hy besig is.

  9. Julle die wêreld raak siek! Ek sien vanoggend in die Beeld dat daar gister nog twee gevalle van geweld by skole was – een met ‘n mes en een met ‘n gun. Waar gaan dit eindig? Gaan luister bietjie op Beeld online na daai musiek van die band Slipknot – dit laat my hare orent staan, en ek is nie konserwatief wat musiek aanbetref nie!

  10. Die duiwel is doenig met die kinders van vandag, mens raak amper bang dat jou kind elke dag moet skooltoe, wie se kop haak volgende uit en dan is dit dalkies jou kind se beurt, vader weet ek bid net vir die arme ouers wat al die dinge nou moet verwerk, Tuis onderrig gaan nog die inding word.

  11. Die duiwel weet dat die kinders die toekoms is en daarom takel hy hulle deur al die musieke, dwelms en goed waaraan ons nie regtig blootgestel was nie. Vandag se groepsdruk op die kinders is ook geweldig en ons as ouers speel ook ‘n rol want wie van ons het nog nie ons kind ‘n geldjie in die hand gestop en gesê dat hy homself gou moet besig hou nie want ek is nou besig met iets anders. Ek weet nie van julle nie maar ek is skuldig hieraan.

    Gelukkig is my kinders vandag albei getroud met kinders en het ek ook nie die tawwe probleme ondervind wat vandag se ouers met hulle tieners het nie.

    Sterkte aan julle almal wat vandag tieners in die huis het. Julle moet wragtag hare op julle tande hê.

  12. Jy’s reg Linda, die vader weet ek bid hierdie tydjie van my kinders se lewe om, en ek wil nie. Ek wil hê hierdie moet sorgelose tye wees.

    Dis maar moeilik..

  13. Ek hoop as daar een goeie dink uit hierdie goed kom is dat die ouers bietjie oplet wat in hulle kinders se lewens aangaan. Ek was geskok toe ek party van daai programme op die kiddies channels gesien het. Wat het van Pinnochio, Haasdas, Trompie en Sylvester en Tweety geword?

  14. Dis reg Demoerin
    Trompie wat ouens sommer moer oor hulle skeef na hom kyk en Sylvester en Tweety…as ek jou vang vreet ek jou op.
    Ek glo weer jy kan op TV sit wat jy wil…As dit nie Teletubbies is nie sal jy iets daarin kry wat mense teen gekant sal wees.
    Musiek en TV is nie die euwels nie. Dis die toesig en leiding wat ‘n kind nodig het wat hy nie kry nie wat sulke dinge laat gebeur.
    Die mense kan se wat hulle. As my laitie stout is brand sy agterstewe. En daaruit sal hy leer dat grootmense respek afdwing, reels gemaak word en nie gebreek word nie, selfsug en jaloesie verskriklike monsters is en waardes daar gestel word om uit te leef. En ek gee jou ‘n brief dat hy WWE sal kyk sonder om iemand te wil “stoei”…leiding, dis al wat dit is!

  15. Ditto Pagoda! Mens kan duidelike die verskil in kinders sien waar die ouers hulle waardes van die lewe geleer het

  16. Dis so waar almal wil altyd se die duiwel is los of die satan is listig, dis waar, maar wanneer is dit jou eie fokken skuld, wanneer is jyself te blameer vir jou eie blatante siek wandade.

    Natuurlik moet die ouers ook blameer word.

  17. “they f@ck you up your parents, they do”

    iewers gelees in ‘n boek, en dis so waar.

Leave a comment