Ek was honger

Ek weet nie wie hierdie geskryf het nie – het dit in ‘n e-mail gekry.  Kopiereg anonymous!  Ek dink dis baie goed.

“Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?”
“Ek was honger!”

So lui ‘n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle kindertyd gelag het – min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle leeftyd ‘n werklikheid sou word.

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was.

Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter.Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.

Hulle het hard geleer, hulle eie CVO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie menslik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie.  Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie.

11 Responses

  1. Dankie vir jou comment daar by my!!

  2. Well said!!!!! 🙂

  3. Meermin? Is ek weer blond vandag? Watter comment?

    Ek hou veral van dié stelling: ‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Wat seg julle?

  4. Viva Annie! Ek wens meer mense wil so dink. Kerm en kla en in ‘n hopie sit en huil oor wat was gaan jou nerens bring nie! Jy is reg, dit maak jou net ‘n pateet, ‘n totale verleendheid vir ons voorouers.

  5. Wat `n treffende stuk, ek het nooit so daaraan gedink nie.Ek dink iemand moet dit in Engels vertaal en oral opsit, publiseer en mail.

    Annie dankie dis so waar.

  6. Annie, 10 uit 10 vir jou!! Dit is presies hoe ek voel.

  7. Sjoe, dit was die raakste beskrywing van omstandighede wat ek nog raakgelees het!

  8. Wat meer kan ek sê? Stem saam met almal hier bo. Mooi gedoen Annie.

  9. Ja Brein, dis ‘n goeie idee! Dink ons moet dit vertaal en na ‘n Engelse koerant toe stuur. Maar die probleem is hulle sal dit nie publiseer nie!

  10. Annie, het jou posting vir Gogga gelees en hy wou jou dadelik laat benoem vir president!

    Wil jy nie tog probeer om dit ‘n bietjie te versprei nie? Ek sou dit nogal laaik as ons ‘n vrouepresident het, jong! Dit kan mos nou net sports wees!

  11. Eish Kalonkie! Hierdie tannie stel baie meer belang in diere, fashion en sit op die stoep by die see as politics!

Leave a reply to Anniegetyourgun Cancel reply