Sex in the office

Hmmmmmmmmmmmmmm… Kantoorkafoefel … Wat ‘n juicy topic!

Ek het onlangs gelees van twee kollegas in Engeland wat onwetend seks gehad het voor omtrent 20 toeskouers. Die tweetjies het in hulle teetyd so weggevoer geraak dat hulle die klere laat waai en mekaar gegryp het. Die konstruksie-werkers oorkant die pad sowel as die voetgangers was verstom. Hulle sê nie op watter vloer die kantoor was nie – net dat die kantoorvenster straat se kant toe gewys het. Uiteinde was ‘n applous van ‘n waarderende groep toeskouers, duidelik sonder dat die amoreuse, blasende paartjie dit hoor. ‘n Bobby het toe later ingegaan en die pret bederf deur die “porn fest” stop te sit.

Ja swaer. Dis seker een van die opwindendste kafoefels wat daar is – ek praat nou van kantoorkafoefel, nie voyeurisme nie. Dié wat dit al gedoen het sal weet. En ja, ek het ook al. Ek sê nou nie gryp sommer die beste, die eerste outjie wat by jou kantoor inkom nie, ongeag of hy of jy getroud is of nie! Ek sê ook nie hierdeur ek keur affairs goed nie! Dit hoef nie noodwendig ‘n affair te wees nie. Aag, what the hell! Hoekom verduidelik ek so? Al wat ek sê is dit laat die juices flow. Die bloed bruis deur jou are teen 450 km per uur as die persoon in die gang verby jou stap en julle oë ontmoet… Julle vingers raak as jy hom ‘n stapler aangee, en jy pass amper uit van die elektriese skok… Jy bied aan om ‘n dokument vir hom te vat net om hom te sien… Jy stap twintig keer ‘n dag by sy kantoor verby om water te gaan haal (ompad). Jy staar niksiende na die TV en dink net wat jy more gaan aantrek. So gaan dit aan en aan en bou dan op tot ‘n klimaks (excuse the pun). Ja swaer …

Hoop nie ek skok ‘n paar anties vandag nie. Ek is in ‘n stout bui – dis seker die onweer. Sê bietjie wat julle dink.

51 Responses

  1. Eish, Annie, ons kon bloedsusters gewees. Jy laat my nou aan dinge dink, wat nie hardop genoem moet word nie.

    Bygesê, dit was in my jonger, lewendiger dae.

    “Methinks the lady doth protest to much” 😆

  2. Mastag ne!? Annie ek glo nie ‘n woord wat jy se^ nie. Jy terg ons sommer net man. 😉

  3. Annie, sisters in crime.

  4. Annie ek stuur `n Zap vir enige een wat jou wil veroordeel oor die een.Ek se mos as seks sies is , is daar 6000 000 000 siese op aarde.En ek dink almal het al so `n gevoel gehad of `n ekskursie of twee gehad.Wel as die uwe my kollega was sou ek ook enige iets in daardie rigting wou gaan doen het ompad of te not.

    Your Brother (brothel) in crime.

  5. Eish!!!!

  6. Lyk my ek het darem ‘n paar sisters en brothers in crime hier. Gee elke diertjie sy plesiertjie. Koeksister, dit was ook in my jonger dae. Nou is ek darem ouer en wyser, maar ek sê nie dit was nie exciting nie! Brein, wil jy by ons kom werk? hehe. Grap net. Linda???? Ek hou al hoe meer van jou by die dag. Ek moet ‘n draai by die Weskus maak dat ons daai beloofde wyn met ons voete in die branders ding kan doen. Kom Koekie, eish is te min informasie. Flippiefanus, ok maar net mens.

  7. Annie, hier gaan ‘n paar van ons twee voete insit…maar what the hel!!

    Ek het ook al so gebeurtenissie gehad, en dit hou al 11 jaar. Ok haal uit die gewere en skiet maar! Ek gaan nie verskoning maak daarvoor nie! Ek maak niemand seer nie en beplan geen egskeidings en fatal attractions nie………..maar ek gaan ook nie stop nie!!

    Die teiken is oop……..julle kan maar julle wapens laai en vuuuuuuuur

  8. Annie, dit gaan so lekkerrrr wees.

    Bons, ons bly almal maar mense.

  9. BONS, you go girl, hehe 😆

  10. 😆 By my huidige werk, as ek so om my kyk is ek bietjie gefok (nie in die regte sin van die woord nie). Herinneringe van vergange dae maak egter op daarvoor…sy was nie ‘n kollega nie, wel ‘n rep! :-;

  11. O hel, daar werk die smiley nie!

  12. 😆

  13. Bons, laat hulle skiet. Die wat klippe gooi moet net sonder sonde wees

  14. ja en daar kom almal se sondes uit nê, toe maar moet nie worry nie die antie was ook skuldig menie moons a go, en dit was nie kantoor romans nie, die ou wat my daar wou vasdruk was aaklig ek was maar net 16 maar het ek gegil daardie dag, maar ek was ook maar stout toe ek bietjie ouer was, sal ek ooit vir Dries vergeet, so `n mooie man sjoe, hy lê ook al onder die grond en klippe.

  15. Ja Bytjie, daar is niks aakliger as ‘n man jou wil vasdruk en jy wil nie vasgedruk word nie, maar ai dit is darem baie lekker as ons altwee vasgedruk wil wees.

  16. Bytjie, ek het ook al sulke ervarings gehad met orige, walglike mans. Dis scary, veral as jy jonk is. Maar nou ja – so leer ‘n mens iets uit elke situasie

  17. Sigeuner gooi die eerste klip!!!!

    Nog nooit was hierrie te vroom antie in so dem nice situasie nie. Te kort, te vet, grasserige hare, no make-up…en as ek nou enetjie moet vasdruk innie kan (toor) sal hy soos `n maer varkie skreeu! Walglike ou tannie, ekke. Dit sal net `n wonderwerk wees wat my kan red en ook so stoute, heerlike ervaring sal kan beleef.

    Ek dink dis vir jou wat ek gesien het Annie, toe ek laas my rekening daso betaal het en jy en darie outjie wat agter die lessenaar uitkruip…met nog 4 knope aan jou bloes wat nog los is en jou hare!! Ennie arme ou wat nog hyg soos ou Millie se stoomketeljie! En die outjie wat my beroep vra en ekke meegevoer antwoord…naaister.

    As julle my die trix kan leer, sal ekke eers ophou klip gooi…OK?

  18. Sigeuner, ek is geen oil painting nie…ek is ook kort en vet, niemand kyk twee keer na my nie…………..maar ek laaik myself nes ek is – en dis ok vir my!! en duidelik vir iemand anders ook!

    Jy kan nie gaan soek vir dié dinge nie, dit gebeur sommer self….baie keer is dit nie oor die s*ks nie, maar die saamwees. Sonder die honde, kinders, wasgoed, kosmaak, rekeninge en al die ander goed wat my nog leliker laat voel. Glo my ek try nie ‘n affair aan julle verkoop nie, en dis nie vir my ‘n affair nie – ek sien dit as ‘n “beauty treatment” met voordele!!

  19. Bons!!
    Ekke se mos ek soek tips!! Fanks a squillion times! Beauty treatment indeed. As mens anders na dinge begin kyk, verander die dinge waarna ons kyk. Uhm, moet net se: ekke issie getroud nie en niks staan in my pad soos woorde naamlik sonde nie! Jippie!!!!!! Life here I am, I am here!!!!!!!

  20. Siggie, hoekom vis jy so vir komplimente? Jy is alles behalwe kort en vet. Ek weet want ek het jou persoonlik ontmoet en jy is een van die niceste mensies wat ek ken.

    Bons, jy praat so na al ons vrouens se harte!! Sê nie alles wat ons doen is altyd reg nie, maar dit is mos ons wat die keuse maak en die prys moet betaal.

  21. Sigeuner jou ou doring, jy kyk die kristalbal in jou hande mis my girl!! Ek dink jy moet ‘n paar manne vir jou opline – een wat kan kook, een wat kan tuin maak, een wat luister as jy bietjie wil teem en ‘n wilde hings vir jou bed!! Lig jou ken, sit ‘n wikkel in daai boudjies en go knock ’em dead!!

    Linda, ons almal het maar ‘n stoutgat kant – party mense besluit om nooit iets daaraan te doen nie, en ander vat die kans – soos jy sê ” ons keuse, ons betaal die prys”

  22. Eish, hoe spyt is ek nou, hier’s geen talent waar ek nou werk nie. 😉

  23. Tel ‘n kroeg??

    Ek het nie ‘n kantoor karfoefel gehad nie maar eenkeer in ‘n kroeg….hehehe. Nogal met die sexy barman. (Dan is dit mos eintlik sy “kantoor”).

    Bons – Jy klink vir my na ‘n regte stoutgat….haha.

  24. Bons, ek is so bly dat ek lewe en nie net bestaan nie.

  25. 😆 @ koekie se barman se kantoor!

  26. Julle girls rock! 😆

  27. Koeksister – dit gaan maar hier by my ook so – en nog erger, nie eers die besigheids assosiate waar daar wel talent is wil ‘n kans waag met die MD nie – vermy haar soos die pes – so lyk my ek sal maar na ‘n ander teiken moet mik – 🙂 heeltemal in ‘n ander rigting – somewhere, some place out there – wie weet???? – kan ek ook ‘n “beauty treatment” met voordele ervaar.

    Breintjie – geen kommentaar van jou af nie!

    Sigeuner – ja, ek het ook mos al die voorreg gehad om jou te ontmoet en heerlik saam met jou te kuier – niks fout met jou nie – jy is pragtig – en talentvol – en watter man met die regte sintuie en begeertes sal nou nie twee keer na so ‘n girl wil kyk nie ….. geen trix nie – dit moet ‘n spontane heerlike stoute reaksie wees ….

    Bons – ek ken iemand wat vir 28 jaar in so ‘n verhouding was – en jy staan nou eers op 11 🙂
    Rock daai lyfie!

  28. Ek moet julle sê, julle is ‘n moerse nice klomp girls dit voel of ek elkeen van julle ken. Dalk kan ons een of ander tyd ontmoet en “geheime” deel en ‘n paar tips uitruil oor ‘n lang glas “ietsie”…..Koekie waar het jy gesê is daai “kantoor” nou weer….. hahaha:)

    Linda:wink:

    Masharona – ‘n strategie meeting met ‘n paar van die ander maatskappye se grootkoppe ?????

  29. Ek kon onthou jare terug by ‘n ander werk, het ek so ‘n kantoorkafoefel gehad, ons het dit opgewerk tot ‘n hengse klimaks, iets moes binnekort gebeur, as ek verby hom gestap het, het dit gevoel asof my onderlyf aan die brand gaan slaan.

    Hy was engels en toe bel hy my en vra of hy my wings kan clip. 😆 Ek dog, ffs, hoekom wil die ou my nou hok?

    Dit beteken toe al die tyd seks, maar dit was so goed soos ‘n skoot water in my gesig, toe sê ek maar thanx, but no thanx. Can u believe it, ek was ook maar lekker toe. 😈

  30. Girls geniet dit!!! Ek kan darem vandag se ek het nog nooit n verhouding gehad vandat ek getroud is nie, baie lief vir my man. Hy het absoluut als vir my gedoen voor sy ongeluk, nou nog net so behulpsaam. Ek gooi nie klippe nie, ander mense se dinge het niks met ander uit te waai nie.

  31. Elsa, dit gaan nie oor ‘n verhouding nie, maar oor die “sparks” wat daar tussen jou en ander lede van die teenoorgestelde geslag is. Iemand wat jou hart vinniger laat klop as jy hom/ haar sien. Jy wil nie jou lewensmaat vir daardie persoon verruil nie.

    Ek noem hulle my “eye-boys”. Die ou hoef nie eens te weet dat hy jou die ritteltits gee nie maar dit is lekkerder as julle van mekaar weet. Dan is daar nie net “sparks” nie maar ‘n ontploffing.

  32. Whow! Stoppie lorrie! Linda & Ma Sharona

    Ekke soekkie vi komplimente nie! Bloos vuurvlamrooi! My gat is egter lekker dik, maar girls…ekke hettie vrede voor darie 10kilo`s nie affisie. Sal julle se assit gebeur het en ekke my…soos Linda se “eye boy” innie loop `n knyp gegee het 😀

    Moet se ekke het nou `n gevoelte in my gat dat my mirriljare effe naby is en `n gogga byt my. Sal moet plan maak meddie boyfriend se foto`s op my yskasdeur en harder da-oor droom.

    I`m waiting for that spark!

  33. Anniegetyourgun, as die pay en “Voordele” reg is hoekom nie.

    Sigeuner asb, haal daai fotos van my nou, van jou yskas af!!!!!My ander naam is SPARK!!!(LOL)

  34. Hehe Sigeuner! Linda, ek kan nie meer met jou saamstem nie. Mens bly tog net mens. Ek sal my man ook vir niemand verruil nie, maar ai, mens mag darem net waardeer

  35. Brein jy’s simpel!

  36. Ek dog ek’s amper alleen oppie blog. Lyk my die 3G is vanaand warm

  37. Ek’s ook hierso…dwaal maar rond

  38. Waar’s Sparkie nou?

  39. By Usian Bolt se stukkie

  40. Pagoda ek sal somer net-nou ook so twee postings laai.

    Annie , Simpel se jy??Gelukkig hou ek darem van my werk as aankoper.Maar sal my eie ding doen as ek vanaand die lotto wen.Dan gaan ek beslis Overberg of Paternoster toe.

  41. Ja ek is seker Gertjie 😆

  42. Neeeee, shit! Ek het vergeet om e-lotto te speel! Ek hou van Paternoster

  43. LOL @ Annieget
    Ek meen die GESKREWE STUKKIE!

  44. Jaaaaa swaer. Ek lag ok soms vir myself, en nie net oor geskrewe stukkies nie. Dis darem lekker om vir jouself te kan lag as jy jou naam g a t maak! Soos die dag toe ek in die halfdonker aangetrek het vir werk en met ‘n navy blou skoen en ‘n swart skoen gaan werk het

  45. Wag, ek dink ek moet daaroor post. Gaan nou innie kooi klim en dink … zzzzzzzzzzzzz

  46. Annie, hiers my lysie,Paternoster, Tietiesbaai met `n lekker bottel muskadel op die rotse.Langebaan se Strandloper restaurant.Die lekker plekkie by Erik de Milander op De Oude Muur , Bushmans Cave naby Clan William.Stanford, Hermanus, Kaap Agulhas, Struisbaai ,Waenhuiskrans en natuurlik Skipskop.

  47. Ag jis Brein!!

    Darie foto`s afgehaal na ek jou die meisie langsaan se pony sien trek het in gr. 1.

    Niemand kom naby my Vaaleend nie! Mistic Boer bo!!!!

    As ek nou hierrie vetgat van my so innie donker innie spieel bekyk, sien ekke lat alle selluliet ewe glad is innie nag.
    Brein maar ek vergewe als, so jy`s welkom om te voel offit rerag so is soosit lyk, ja?

  48. Eks nou daar, maak solank die hek oop.

    Nou is ek pubtyres en gaan horisontaal verkeer.

    Hastilla Vista.

  49. Brein, ek kan nie meer meer met jou saamstem oor Paternoster en al die lekker plekke nie. Ek is nou wel so bevoorreg om hier te bly maar kry so min tyd om al die lekker goete hier te geniet. Dit sal lekker wees as julle almal kan kom kuier en ons die Weskus aan die vlam kan maak.

  50. Sigeuner, jy is gelukkig om net selluliet te hê wat glad is in die donker. Ek het haelskade en dit voel soos haelskade en is nie glad nie maar wel bulterig.

  51. Linda ekke het net 2 GROOT bulte 😆 Nee, wragtag! Julle girls is soos een groot selfbeeld polish!

    Brein…hiersie `n hek nie, net 2 groot Dobermans en een groot Boer.

Leave a reply to Pagoda32 Cancel reply